AfriForum se Limpopo-buurtwagte hou massapatrollie
| |

AfriForum se Limpopo-buurtwagte hou massapatrollie

Die AfriForum-buurtwagte in Limpopo het in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie op 8 April 2022 in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep. Die aksie het omstreeks 18:00 begin en tot 06:00 die volgende oggend voortgeduur. Die patrolleerders het altesaam 1 039 km in 51 voertuie…

AfriForum se Bloemfontein-buurtwagte hou massapatrollie
| |

AfriForum se Bloemfontein-buurtwagte hou massapatrollie

Die AfriForum-buurtwagte in Bloemfontein het op 8 April 2022 in hul onderskeie gebiede aan dié burgerregteorganisasie se nasionale patrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid te verhoog. Die patrollie is in samewerking met die SAPD, die nooddienste, verskeie sekuriteitsmaatskappye, plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums en ander veiligheidsinstansies uitgevoer. Altesaam 96 AfriForum-lede in Bloemfontein en 45 ander mense het aan die patrollie…

AfriForum en Raising Brightness besoek Wes-Kaap-skole op Besigheidsbytjies-bemarkingstoer
| |

AfriForum en Raising Brightness besoek Wes-Kaap-skole op Besigheidsbytjies-bemarkingstoer

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Besigheidsbytjiesspan het tussen 5 en 8 April by ’n aantal Wes-Kaapse skole besoek afgelê as deel van hierdie aanlyn entrepreneurskompetisie se bemarkingstoer. Raising Brightness, ook ’n borg van die kompetisie, toer saam met AfriForum om ook hulle boek, Bou ’n Besigheid, bekend te stel. Die spanne het die Laerskool Gene Louw,…

AfriForum se Mooirivier-buurtwagte hou massapatrollie
| |

AfriForum se Mooirivier-buurtwagte hou massapatrollie

Die AfriForum-buurtwagte in die Mooirivier het op 8 April 2022 in samewerking met die SAPD, die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie in hul onderskeie omgewings uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep. Die aksie het omstreeks 18:00 begin en tot 04:00 die volgende oggend voortgeduur. Altesaam 256 patrolleerders het aan die patrollie…

Monumentoudit: Bloemfontein-monumente in goeie toestand
| |

Monumentoudit: Bloemfontein-monumente in goeie toestand

Die AfriForum-tak in Bloemfontein het ’n suksesvolle monumentoudit gedoen by drie plaaslike monumente in die stad. Die burgerregteorganisasie doen ’n jaarlikse oudit om die historiese monumente in Suid-Afrika te evalueer en sodoende rekord kan hou van watter monumente aandag verg. Die Brits-monument (op die terrein van die Ou Presidensie), die President Brand-begraafplaas en die Anglo-Boereoorlog-museum/Vrouemonument…

Ermelo-tak help met verligting van voedselnood
| |

Ermelo-tak help met verligting van voedselnood

Die AfriForum-tak in Ermelo het op 6 April kos aan verskeie organisasies in die dorp geskenk, waaronder 80 kg spinasie vanuit AfriForum se gemeenskapsgroentetuin in Bethal. Daar is ook verdere groente aangekoop om voedselnood te verlig. Die CMR Kinder- en Jeugsorgsentrum en Ermelo Outreach het elk 40 kg spinasie, 50 kg aartappels en 10 kg…

Alberton-buurtwag werk saam met die SAPD om misdaad te bekamp
| |

Alberton-buurtwag werk saam met die SAPD om misdaad te bekamp

Die AfriForum-buurtwag in Alberton het op 5 April saam met die SAPD en ander veiligheidstrukture in die omgewing gewerk om misdaad hok te slaan. Die doel van die operasie was om sigbaarheid te verhoog, huisinbrake te verhoed, en motoriste te arresteer wat onder die invloed van alkohol bestuur. Gedurende die operasie het die deelnemers patrollie…

Bethal-groentetuin skenk spinasie aan sopkombuis
| |

Bethal-groentetuin skenk spinasie aan sopkombuis

Die AfriForum-tak in Bethal het op 5 April spinasie uit hul gemeenskapstuin geoes en 80 kg daarvan aan die Bethal-sopkombuis geskenk. Hierdie groentetuinprojek is begin om ’n langtermyn verskil te maak in die stryd teen armoede en help die gemeenskap op ’n volhoubare wyse. Gedurende die 2021/22-seisoen is daar reeds meer as een ton spinasie,…

Vanderbijlpark-tak maak area rondom substasie skoon
| |

Vanderbijlpark-tak maak area rondom substasie skoon

Die AfriForum-tak in Vanderbijlpark en gemeenskapslede het op 2 April ingespring en ongewenste plantegroei by die Frikkie Meyer-substasie verwyder om die area veiliger te maak. Lang gras is ook gesny en talle bome is gesnoei. Die Frikkie Meyer-substasie bedien ’n groot deel van die dorp se suidelike voorstede. Bome wat teenaan die substasie groei verskaf…

Nuwe tak in Delportshoop spring weg met skoonmaakprojek
| |

Nuwe tak in Delportshoop spring weg met skoonmaakprojek

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 2 April ’n tak in Delportshoop gestig nadat talle inwoners in die dorp hul behoefte vir die stigting van ’n AfriForum-tak uitgespreek het. Die bestuur bestaan uit Ampie Cockeran (voorsitter), Annette Doman (ondervoorsitter), Marisa Cockeran (sekretaris), Christine du Preez (tesourier), Jakes Leeuw (veiligheid) en Daniël Coetzee (plaaslikeregeringsake). “Die meeste van…

End of content

End of content