Apiesrivier-buurtwag vind R20 000 se gesteelde vee terug
| |

Apiesrivier-buurtwag vind R20 000 se gesteelde vee terug

AfriForum se Apiesrivier-buurtwag het gedurende die Paasnaweek verskeie gesteelde vee ter waarde van R20 000 teruggevind wat aan kleinhoewe-eienaars behoort. Saterdagaand het twee van die buurtwaglede op ’n alarm gereageer wat op ’n kleinhoewe afgegaan het. By nadere ondersoek is vasgestel dat die alarm geaktiveer is nadat ’n verdagte ’n skaap tot by die kleinhoewe se…

Groter Moot-tak koop ’n trekker om omgewing op te kikker
| |

Groter Moot-tak koop ’n trekker om omgewing op te kikker

AfriForum se Groter Moot-tak het oor die langnaweek ’n trekker vir hul tuinspan aangekoop wat ’n groot aanwins vir die gemeenskap sal wees. “Baie dankie aan elke lid wat hierdie moontlik gemaak het. Hierdie trekker gaan definitief help om die werklading te verlig en maak dat ons vinniger die werk gedoen kry. Ek wil die…

AfriForum skenk voer aan Bo-Karoo-boere in nood
| |

AfriForum skenk voer aan Bo-Karoo-boere in nood

Die AfriForum-tak in die Bo-Karoo het gedurende die afgelope maand twee vragte voer van ongeveer 30 ton elk aan boere van die Hopetown- en Vosburg-omgewing geskenk en versprei in samewerking met die Douglas Jongboervereniging. Die boere in hierdie gebiede het onder ’n lang droogte gebuk gegaan en is daarna getref met brande wat groot gedeeltes…

Standerton-buurtwag help met Paasfees-verkeersvloei
| |

Standerton-buurtwag help met Paasfees-verkeersvloei

Die AfriForum-buurtwag in Standerton het op 18 April in samewerking met Kasselman-sekuriteitsdienste en ander rolspelers gehelp om die verkeersvloei op dié dorp te verbeter. Die Paasnaweek-verkeer terug na Gauteng en Limpopo het by massas vanaf Volksrust ingestroom. Daar was ook padwerke en paaie wat weens die Vaalrivier se stygende watervlakke gesluit was. As gevolg van…

Bethal-tak se noodwaterpunt kom tot gemeenskap se redding
| |

Bethal-tak se noodwaterpunt kom tot gemeenskap se redding

Die AfriForum-tak in Bethal se noodwaterpunt staan gemeenskap sedert 12 April by tydens waternood. Rand Water het na bewering probleme by ’n pompstasie ondervind en kon nie water aan die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit voorsien nie. Rand Water het intussen die water weer aangeskakel, maar teen 14 April was inwoners se krane nog leeg. Hierdie…

AfriForum en Ventersdorp Inwonersvereniging sê kragkwessie die stryd aan
| |

AfriForum en Ventersdorp Inwonersvereniging sê kragkwessie die stryd aan

AfriForum en die Ventersdorp Inwonersvereniging het gesamentlik ’n dispuut by Nersa verklaar oor die swak toestand van die elektrisiteitsvoorsiening in die dorp. Op 12 April het afgevaardigdes van AfriForum, die Ventersdorp Inwonersvereniging, die J.B. Marks Plaaslike Munisipaiteit en Nersa vergader om aandag aan die probleem te skenk. Johan Venter, verteenwoordiger van die Inwonersvereniging, het die…

AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek die Nuwe Hoop Skool
| |

AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek die Nuwe Hoop Skool

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 11 en 12 April by die Nuwe Hoop Skool in Pretoria besoek afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in. “Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en…

AfriForum se Groter Pretoria-buurtwagte hou massapatrollie
| |

AfriForum se Groter Pretoria-buurtwagte hou massapatrollie

Die AfriForum-buurtwagte in Groter Pretoria  het in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie op 8 April 2022 in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep. Die aksie het omstreeks 16:00 begin en tot 06:00 die volgende oggend voortgeduur. Altesaam 45 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem…

AfriForum se Hoogland-buurtwagte hou massapatrollie
| |

AfriForum se Hoogland-buurtwagte hou massapatrollie

Die AfriForum-buurtwagte in die Hoogland-streek het in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie op 8 April 2022 in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep. Die volgende buurtwagte het aan die patrollie deelgeneem: Bethlehem, Harrismith, Welkom-distrik, Wesselsbron, Odendaalsrus, Ventersburg, Bultfontein, Winburg en Steynsrus. Die aksie het…

End of content

End of content