AfriForum se Bloemfontein-takke dien GOP voorstelle in
| |

AfriForum se Bloemfontein-takke dien GOP voorstelle in

Die AfriForum-takke in Bloemfontein het hul voorstelle vir die jaarlikse Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) by die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit ingedien. Hierdie voorstelle is gemaak om die vullisterreine, waterwerke, paaie, parke, straatligte en riolering op te gradeer en in stand te hou. Die vullis moet ook op ’n gereelde basis verwyder word, soos die metro se regulasies…

Lydenburg-tak help met organisering van groot geleentheid op dorp
| |

Lydenburg-tak help met organisering van groot geleentheid op dorp

Die AfriForum-tak in Lydenburg het die afgelope naweek gehelp met die organisering van die South African Precision Rifle Association se Suid-Afrikaanse kampioenskappe wat op ’n plaas net buite Lydenburg gehou is. Die tak het in samewerking met AfriForum Sport hoedjies geborg aan elke skut wat die dag bygewoon het en ook gehelp met die logistieke…

AfriForum se Edenvale-tak vul slaggate in Illiondale
| |

AfriForum se Edenvale-tak vul slaggate in Illiondale

Die AfriForum-tak in Edenvale aan die Oos-Rand het op 30 April reuseslaggate in Priceweg in Illiondale gevul. Die pad is al lank ’n probleem vir motoriste en die burgerregteorganisasie het besluit om in te gryp. Die Edenvale-tak is besig met beplanning om te kyk hoe hulle ’n meer omvattende slaggatherstelprojek van stapel kan stuur om…

AfriForum se Middelburg-tak ruim historiese begraafplaas op
| |

AfriForum se Middelburg-tak ruim historiese begraafplaas op

Die AfriForum-tak in Middelburg het op 27 April die konsentrasiekampbegraafplaas in dié dorp opgeruim om dit mooi en netjies te maak. Hierdie projek is geloods as deel van AfriForum se nasionale monumentoudit wat daarop gemik is om Suid-Afrika se monumente en erfenisgebiede te bewaar. Hoewel hierdie begraafplaas se gras deur die Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit…

AfriForum se Groter Moot-buurtwag hou Moot veilig
| |

AfriForum se Groter Moot-buurtwag hou Moot veilig

AfriForum se Groter Moot-buurtwag het op 1 Mei 2022 hulle weeklikse spanoperasie gehou. Dié buurtwag bestaan uit ses spanne van 10 lede elk. Span Pitbull het ’n sigbaarheidsvoetpatrollie gehou waartydens hulle van 20ste Laan tot by Voortrekkerweg gestap het. Die buurtwag se hulp is ook ingeroep op die AfriForum Groter Moot-veiligheidsgroep nadat ’n  motorongeluk in…

AfriForum se Ermelo-tak borg hempies aan JJ Pre-Primêr
| |

AfriForum se Ermelo-tak borg hempies aan JJ Pre-Primêr

Die AfriForum-tak in Ermelo het op 28 April geborgde T-hemde by JJ van der Merwe Pre-Primêre Skool afgegee. “Ouers en skole moet elke sent dubbel omdraai en daarom help ons met hierdie inisiatief,” sê Renier van Heerden, voorsitter van AfriForum se Ermelo-tak. Die tak het ook ’n onveilige elektriese verbinding van 400 volt beveilig wat…

Mafube-saak: Hof beslis verpligte provinsiale ingryping en implimentering van finansiële herstelplan
| |

Mafube-saak: Hof beslis verpligte provinsiale ingryping en implimentering van finansiële herstelplan

Regter I. van Rhyn het laat gistermiddag in die Vrystaatse Hooggeregshof uitspraak gelewer dat die premier verplig word om die Mafube Plaaslike Munisipaliteit nie net onder gedwonge administrasie te plaas nie, maar ook dringend ’n finansiële herstelplan te implementeer. Verder het die hof beveel dat daar dadelik ook by die rioolinfrastruktuur tussenbeide getree moet word…

AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek Parkdene Primêr
| |

AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek Parkdene Primêr

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 26 April by Parkdene Primêr in George besoek afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in. “Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok…

AfriForum-buurtwagnetwerk in Noordwes werp vrugte af
| |

AfriForum-buurtwagnetwerk in Noordwes werp vrugte af

AfriForum se buurtwag in Vryburg het op 25 April ’n netwerk van buurtwagte ontplooi om die verdagtes agterna te sit wat ’n kitsbank in dié dorp opgeblaas het. Een verdagte is in hegtenis geneem. Tegnologie het ’n groot rol in hierdie jaagtog gespeel, aangesien daar van ’n kameranetwerk en ’n hommeltuig gebruik gemaak is om…

AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek skole in Calitzdorp
| |

AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek skole in Calitzdorp

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 25 April by die Hoërskool Calitzdorp, Gamka-Oos Primêr en Excelsior Primêr besoek afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in. “Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en…

End of content

End of content