Uitspraak voorbehou in vlagsaak
| |

Uitspraak voorbehou in vlagsaak

Die burgerregteorganisasie AfriForum was vandag in die Hoogste Hof van Appèl in Bloemfontein om te appelleer teen die uitspraak van 2019 wat die vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag in die meeste omstandighede, ook by privaat geleenthede, verbied. Uitspraak in hierdie saak is voorbehou. AfriForum neem hierdie inisiatief ten spyte daarvan dat die organisasie self…

AfriForum vul slaggate in Zeerust met 125 sakke teer
| |

AfriForum vul slaggate in Zeerust met 125 sakke teer

Die AfriForum-tak in Zeerust het op 7 Mei bymekaargekom om die slaggatprobleem in dié dorp te takel. Dit kom nadat die gemeenskap menigte klagtes by die Ramotshere Moiloa Plaaslike Munisipaliteit ingedien het waarvan min tot geen instandhouding deur hierdie munisipaliteit gehandhaaf word nie. Daar is altesaam 125 sakke teer van 25 kg elk gebruik om…

Rustenburg-tak se volhoubare skoonmaakprojek nog sterk op die been
| |

Rustenburg-tak se volhoubare skoonmaakprojek nog sterk op die been

Die AfriForum-tak in Rustenburg het in April hul volhoubare skoonmaakprojek voortgesit en 14 sleepwaens vol rommel weggery en altesaam vier hektaar gras gesny. Daar is veral gefokus op Krugerstraat, Arendweg, Dawesstraat en Nelson Mandelastraat. Die tak het in Januarie 2022 met die volhoubare skoonmaakprojek begin en het sedertdien hard gewerk om Rustenburg skoon te maak….

Hof bekragtig interdik teen Dirco se skenking van R50 miljoen aan Kuba
| |

Hof bekragtig interdik teen Dirco se skenking van R50 miljoen aan Kuba

Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het vandag die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Dirco) se aansoek om verlof tot appèl teen ’n interdik wat deur AfriForum bekom is van die hand gewys, wat die departement verhoed om R50 miljoen aan Kuba te skenk. Die burgerregteorganisasie het regter Neukircher se oorspronklike uitspraak verdedig en die…

AfriForum sit #DieWêreldMoetWeet-veldtog in Nederland en Hongarye voort
| |

AfriForum sit #DieWêreldMoetWeet-veldtog in Nederland en Hongarye voort

Die burgerregteorganisasie AfriForum se veldtog om die wêreld van die krisis in Suid-Afrika in te lig en buitelandse steun vir AfriForum se projekte te werf, word in die volgende twee weke in Europa voortgesit. As deel van hierdie inisiatief is Ernst Roets, hoof van Beleid en Aksie by AfriForum, hierdie week op ’n skakeltoer in…

AfriForum nader hof oor verregaande gesondheidsregulasies
|

AfriForum nader hof oor verregaande gesondheidsregulasies

Die burgerregteorganisasie AfriForum en die openbaredeelnameplatform DearSA het met regstappe begin teen die regering se besluit om Covid-19-regulasies permanent in die wet te verskans. Die organisasies het vandag hul dringende regsaansoek by die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria ingedien. Dit volg ná die Departement van Gesondheid se aankondiging dat regulasies met betrekking tot aanmeldbare siektes ingevolge…

Bethal-gemeenskapsgroentetuin lewer volhoubare voedselproduksie
| |

Bethal-gemeenskapsgroentetuin lewer volhoubare voedselproduksie

AfriForum se gemeenskapsgroentetuin in Bethal het oor die afgelope ses maande volhoubare voedselproduksie aan die gemeenskap gelewer. Gedurende die eerste paar dae van Mei is daar reeds meer as 150 kg spinasie geoes en aan behoeftige organisasies in die omgewing van Bethal geskenk. Hierdie seisoen was daar ook uie, tamaties, mielies en blaarslaai in produksie…

Middelburg-tak skenk groente aan Koppiesstraat Projek
| |

Middelburg-tak skenk groente aan Koppiesstraat Projek

Die AfriForum-tak in Middelburg het op 6 Mei groente vanuit AfriForum se gemeenskapsgroentetuin in Bethal aan die Koppiesstraat Projek geskenk. ’n Bydrae van ongeveer 35 kg spinasie en 20 kg aartappels is aan die projek gemaak. “Ons is dankbaar vir die geleentheid om te help met hierdie projek en glo ons sal in die toekoms…

Pongola-tak vergader dringend met munisipaliteit oor nuwe sportstadion
| |

Pongola-tak vergader dringend met munisipaliteit oor nuwe sportstadion

Die AfriForum-tak in Pongola het op 5 Mei ’n dringende vergadering met die uPhongolo Plaaslike Munisipaliteit gehad oor die huidige ontwikkeling van ’n sportstadion in ’n woongebied. Die vergadering volg nadat verskeie regulasies en vereistes nie nagekom is nie. “Volgens ons kennis is die erwe waarop hierdie ontwikkeling plaasvind, gesoneer vir residensiële ontwikkeling. Ons is…

AfriForum-tak in Klerksdorp begin met opruiming van voёlpark
| |

AfriForum-tak in Klerksdorp begin met opruiming van voёlpark

Die gemeenskap in Klerksdorp, onder leiding van die plaaslike AfriForum-tak, het onlangs begin met die opruiming van die voёlpark waar die Parkrun ook plaasvind. Op 27 April het die Laerskool Saamtrek begin om die gedeelte aan hulle kant van die park netjies te maak. Op 29 April het die AfriForum-bestuur reeds van vroeg af gewerk…

End of content

End of content