Noord van die berg-tak begin met slaggatprojek
| |

Noord van die berg-tak begin met slaggatprojek

AfriForum se Noord van die berg-tak het op 4 Junie begin om slaggate op te vul en het ongeveer 750 kg teer gebruik. Areas waar die slaggate opgevul is, is by die Madelief Shopping Centre, Bokmakieriestraat, Waterbokstraat, Kanariestraat, Graffenheimstraat, Francoisstraat,  Generaal Beyersstraat, Genl. De Wetstraat en by die stadsaal. Die Noord van die berg-tak moedig…

Witrivier-tak rig veiligheidsbord met noodnommers op
| |

Witrivier-tak rig veiligheidsbord met noodnommers op

Die AfriForum-tak in Witrivier het op 31 Mei ’n bord wat veiligheidsnommers bevat by die Casterbridge-sirkel langs die Numbi-pad aangebring. Na ’n reeks aanvalle op toeriste wat die pad gebruik om na die Krugerwildtuin te reis, het die Witrivier-buurtwag besef daar moet dringend aandag aan die probleem geskenk word. Daar is dus besluit om die…

Vier voormalige munisipale bestuurders van Moqhaka in hof oor rioolstorting
| |

Vier voormalige munisipale bestuurders van Moqhaka in hof oor rioolstorting

Die voormalige munisipale bestuurder van die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit, Sonnyboy Mokgatle, en drie ander voormalige bestuurders van dié munisipaliteit het op 2 Junie 2022 in die Kroonstad Landdroshof verskyn op aanklagtes van rioolbesoedeling. Hierdie ondersoek kom al sedert 1 November 2019 nadat die gemeenskapsorganisasie, Moqhaka for the people (MFP), ’n strafregtelike klagte teen Mokgatle geopen…

Potchefstroom-tak #VegEnBou die hele stad vol
| |

Potchefstroom-tak #VegEnBou die hele stad vol

Die AfriForum-tak in Potchefstroom het op 27 en 28 Mei vyf #VegEnBou-projekte gehad waar hulle teen verval geveg en self opgebou het. Slaggate is herstel, daar is ’n sigbaarheidspatrollie en ’n speletjiesaand gehou, die konsentrasiekampkerkhof is opgeknap en indringerbome by die Alexanderpark-begraafplaas is afgesaag. Vrydagoggend het Dirk Venter en sy span in Chief Albert Luthuli-rylaan…

Welkom-tak tree dringend op om rioolblokkasies te ontblok
| |

Welkom-tak tree dringend op om rioolblokkasies te ontblok

Die AfriForum-tak in Welkom het op 31 Mei vir Fouche Loodgieters aangestel om ’n reuse-rioolverstopping naby die Checkers in hierdie dorp te ontblok en die rioolpype skoon te maak. Dít volg nadat die kontakteurs wat die munisipalitiet op tenders aangestel het glo blokkasies in die pyplyn gelos het. Dit het tot gevolg gehad dat rou…

Kroonstad-tak help om konsentrasiekampbegraafplaas skoon te hou
| |

Kroonstad-tak help om konsentrasiekampbegraafplaas skoon te hou

Die AfriForum-tak in Kroonstad het op 28 Mei in samewerking met die Erfenisstigting, die FAK en lede van die publiek ’n skoonmaakprojek by die Anglo-Boereoorlog-konsentrasiekamp in hierdie dorp geloods. Weens baie reëns en die terrein wat ontoeganklik was, het onkruid oorgeneem. “Dit is noodsaaklik om historiese terreine en gebiede skoon te hou. Ons erfenis is…

AfriForum stig tak in Pinetown
| |

AfriForum stig tak in Pinetown

Die burgerregteorganisasie AfriForum het onlangs ’n nuwe tak in Pinetown gestig ná versoeke uit die gemeenskap. Die stigtingskomitee bestaan uit Magda Meiring (voorsitter), Conrad Wilhelm (ondervoorsitter), Deon Oosthuizen (tesourier), Wilna Wepner (sekretaresse) en Charlize Oosthuizen (addisionele lid). Tydens die stigtingsvergadering het Eugene van Aswegen, distrikskoördineerder vir KwaZulu-Natal, die organisasie se model en onlangse suksesse voorgehou. AfriForum…

Wes-Moot-tak blus vuur op R80-snelweg
| |

Wes-Moot-tak blus vuur op R80-snelweg

Die AfriForum-tak in die Wes-Moot het op 31 Mei ’n brand geblus wat motoriste se sigbaarheid op die R80-snelweg belemmer het. Digte rookbolle het in die lug gehang van ’n veldbrand tussen die snelweg en Sarellaan in die weste van Pretoria. Die Wes-Moot-tak se brandspan het op inligting van die voorval gereageer en die brand…

Christiana-tak woeker voort met goeie diens aan gemeenskap
| |

Christiana-tak woeker voort met goeie diens aan gemeenskap

Die AfriForum-tak in Christiana het ’n besige Meimaand agter die rug. Die tak het onder meer goedvoel-projekte geloods en deurlopend patrollies in die dorp gery. Die tak het op Moedersdag (8 Mei) altesaam 85 kolwyntjies aan die ma’s in die SAVF Edith Smith Tehuis in Christiana uitgedeel en ook gehelp om middagete te bedien. Die…

AfriForum neem formeel standpunt in teen naamsverandering van die Afrikaanse Taalmonument en -museum
| |

AfriForum neem formeel standpunt in teen naamsverandering van die Afrikaanse Taalmonument en -museum

AfriForum het op Saterdag, 28 Mei 2022, die openbare raadplegingsessie van die Afrikaanse Taalmonument en -museum se raad in die Paarl bygewoon. Die raad se voorsitter, adv. Jean Meiring, het by dié geleentheid skriftelike insette van die gehoor en algemene publiek gevra. AfriForum se kommentaar is dus op 31 Mei 2022 aan hom en die…

End of content

End of content