AfriForum verleen hulp aan wetstoepassers tydens onrus in Pretoria
|

AfriForum verleen hulp aan wetstoepassers tydens onrus in Pretoria

AfriForum se gemeenskapsveiligheid-afdeling, het die afgelope week wetstoepassers bygestaan tydens geweldadige protesaksie wat in die weste van Pretoria uitgebreek het. Inwoners van die Gomorrah-informele nedersetting is ontstoke omdat hul eise oor dienslewering nog nie toegestaan is nie. Gemeenskapslede het nabygeleë buurte soos Booysens ingevaar en huise en eiendom verniel. AfriForum het op versoek van die…

Benoni-tak woeker tydens Junie met #OnsDorp-projek
| |

Benoni-tak woeker tydens Junie met #OnsDorp-projek

Die AfriForum-tak in Benoni het gedurende Junie verskeie selfdoenaksies aangepak as deel van die organisasie se #OnsDorp-projek. Verskeie dele van die dorp is skoongemaak, terwyl noodsaaklike slaggate ook gevul is. Die tak het gras gesny op die sypaadjies van Stanleyweg, Negendestraat, op die hoek van Benoni- en Bodenweg, Great Northweg, en High-weg. Die span van…

Springbok-tak skenk nog brandstof vir bestryding van sprinkaanplaag in Noord-Kaap
| |

Springbok-tak skenk nog brandstof vir bestryding van sprinkaanplaag in Noord-Kaap

Die AfriForum-tak in Springbok het in Junie die boere van die Boesmanland, wat die erge sprinkaanplaag probeer bestry, bygestaan met ’n skenking van 480 liter brandstof. Volgens Sarel Stone, voorsitter van AfriForum se Springbok-tak, is die plase in die omgewing baie ver uitmekaar en boere ry op eie onkoste met hul bakkies om die plaag…

Die NVG gaan adjunkspeaker van Gauteng Provinsiale Wetgewer vervolg
| |

Die NVG gaan adjunkspeaker van Gauteng Provinsiale Wetgewer vervolg

Skaars twee weke nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) geskryf het oor die verwerpte saak teen Vuyo Mhlakaza-Manamela, het die staat besluit om haar wel te vervolg. Die adjunkspeaker van die Gautengse wetgewer sal teregstaan op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en crimen injuria. Die saak spruit…

“Korrupsie” by Indlela Opleidingsakademie oopgevlek; instrukteur steeds nie geskors of gearresteer
| |

“Korrupsie” by Indlela Opleidingsakademie oopgevlek; instrukteur steeds nie geskors of gearresteer

AfriForum se privaatvervolgingseenheid staan tans twee klaers by met klagtes van korrupsie teen ’n instrukteur van die Indlela Opleidingsakademie. Dit volg nadat die betrokke instrukteur na bewering omkoopgeld van onderskeidelik R7 000 en R4 000 van die klaers geëis het ten einde hulle hul eksamens vir dieselwerktuigkundiges te laat deurkom. Beide het geweier om die geld…

Clover-aanvalle: Borgaansoek van drie beskuldigdes vorder
| |

Clover-aanvalle: Borgaansoek van drie beskuldigdes vorder

AfriForum se privaatvervolgingseenheid was vandag weer in die Thembisa Landdroshof om vir Michele Bebbington, asook die Cassanga-familie, te verteenwoordig. Die borgaansoek van Lesiba Mantsi, Melford Rammutla en Ralph Shingane het vandag hervat nadat dit op 6 Junie 2022 uitgestel is. Die aansoek is op die vorige geleentheid uitgestel omdat die verdediging ’n aansoek gebring het…

Zastron-tak dien klagte in by Menseregtekommisie oor waterkrisis
| |

Zastron-tak dien klagte in by Menseregtekommisie oor waterkrisis

Die AfriForum-tak in Zastron verleen sedert 10 Junie hulp aan die gemeenskap nadat ’n waterpomp opgepak en daar nou gevolglik geen watertoevoer na dié dorp toe is nie. Die Zastron-tak het al water na ouetehuise aangery en ook aan gemeenskapslede uitgedeel. Intussen het AfriForum klagtes by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien sodat die waterkrisis ondersoek en…

AfriForum versoek dat Onderwyswetsontwerp dadelik teruggetrek word in die lig van Lesufi se jongste uitlatings
|

AfriForum versoek dat Onderwyswetsontwerp dadelik teruggetrek word in die lig van Lesufi se jongste uitlatings

In aansluiting by die kommentaar wat AfriForum op die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (ook bekend as die BELA-konsepwet) ingedien het, versoek dié burgerregteorganisasie die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, om die konsepwet so gou as moontlik terug te trek. Dit volg in die lig van die jongste uitlatings van die Gautengse LUR vir Onderwys,…

Regering gereed om Covid-19-gesondheidsregulasies te skrap ná volgehoue druk deur AfriForum
|

Regering gereed om Covid-19-gesondheidsregulasies te skrap ná volgehoue druk deur AfriForum

Weens volgehoue druk en dreigende regstappe deur die burgerregteorganisasie AfriForum en ander organisasies, gaan die regering na bewering die Covid-19-gesondheidsregulasies herroep. Dit sal ’n oorwinning wees teen die regulasies met betrekking tot die dra van maskers, beperkings op openbare byeenkomste en reis na Suid-Afrika, wat AfriForum aanvoer onwettig en irrasioneel is. Nadat die ramptoestand beëindig…

Vredendal-tak skenk flitse aan Lutzville-GPF en Community in Blue
| |

Vredendal-tak skenk flitse aan Lutzville-GPF en Community in Blue

Die AfriForum-tak in Vredendal het op 13 Junie ses flitse aan die Lutzville-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en die Community in Blue (CIB) geskenk om hulle te help om die omgewing veiliger te hou. Die behoefte aan flitse is geïdentifiseer toe lede van die plaaslike GPF en die CIB gedurende ’n aksie nie flitse by hulle gehad het…

End of content

End of content