Mooirivier-veiligheidsnetwerke beskerm hul gemeenskappe
| |

Mooirivier-veiligheidsnetwerke beskerm hul gemeenskappe

AfriForum se veiligheidsnetwerke in die Mooirivier het in Junie in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies hul omgewing beveilig. Die buurtwagte het altesaam 475 patrollies in Bothaville, Sasolburg, Potchefstroom, Wolmaransstad en Stilfontein gery, terwyl AfriForum se Hartbeesfontein-plaaswag ook in hul area patrollie gery het. In Bothaville is daar hulp verleen tydens twee groot veldbrande…

Sasolburg-tak woeker met #OnsDorpprojek
| |

Sasolburg-tak woeker met #OnsDorpprojek

Die AfriForum-tak in Sasolburg het Junie afgesluit met die grassnyery vir die wintertydperk. Daar is 6,6 ha gras gedurende Junie in verskillende areas gesny, waaronder die gebied agter die onderwysdepartement, die groenstrook by die NG kerk in Rubensstraat na die Primêre Skool Fonteine, H.F. Verwoerdweg, J.G. Strydomweg, en die groenstrook tussen Van Wouw- en Rembrandstraat….

Brits-tak help om verdagte vas te trek
| |

Brits-tak help om verdagte vas te trek

Die AfriForum-buurtwag in Brits het op 2 Julie omstreeks 17:45 inligting vanaf die beheerkamer ontvang oor verdagtes wat besig is om ’n voertuig in die Zandfontein-omgewing te steel. Die buurtwag en PPS Sekuriteit (PPS) is na die toneel ontplooi. PPS het een van die verdagtes aangekeer, terwyl ’n ander verdagte gevlug het. Die Mooinooi-SAPD het…

Apiesrivier-buurtwag kry nuwe selfoon en voertuigmagnete
| |

Apiesrivier-buurtwag kry nuwe selfoon en voertuigmagnete

AfriForum se Apiesrivier-buurtwag het ’n nuwe selfoon gekry om gemeenskapslede op ’n meer doeltreffende wyse by te staan. Hierdie selfoon is vanaf 7 Julie in werking en sal hoofsaaklik vir noodgevalle gebruik word. Diegene wat in nood verkeer, kan 076 647 2942 skakel vir hulp. Intussen het die buurtwag op 6 Julie ook nuwe voertuigmagnete gekry…

Nelspruit-tak staan Grace Baby Haven by met skenking
| |

Nelspruit-tak staan Grace Baby Haven by met skenking

Die AfriForum-tak in Nelspruit het op 3 Julie die Grace Baby Haven, ’n veilige hawe vir weggooi- en mishandelde babas, in hierdie stad besoek om onder meer 810 babadoeke en klere af te lewer. Hierdie besoek vorm deel van ’n projek wat die Nelspruit-tak begin het om doeke en basiese benodighede aan instansies te skenk…

AfriForum se Stellaland-buurtwagte help om gemeenskappe te beveilig
| |

AfriForum se Stellaland-buurtwagte help om gemeenskappe te beveilig

Die AfriForum-buurtwagte in Christiana, Delareyville en Vryburg het gedurende Junie en begin Julie hard gewerk om sigbaarheid in die onderskeie dorpe te verhoog. Altesaam 168 patrolleerders het 226 patrollies aangepak gedurende hierdie tydperk. Die hoofdoel van die patrollies is om sigbaar in die gemeenskappe te wees en sodoende misdaad hok te slaan. Die AfriForum-buurtwag in…

Kamieskroon en Garies al twee weke sonder water; eis munisipale ingryping
| |

Kamieskroon en Garies al twee weke sonder water; eis munisipale ingryping

AfriForum se regspan, Hurter Spies Ingelyf, het op 6 Julie ’n prokureursbrief aan die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit gerig om te eis dat die munisipaliteit water aan die verbruikers in Garies en Kamieskroon voorsien. Veder word daar ook geëis dat geen verdere onderbreking in die voorsiening van waterdienste vir die res van die jaar in hierdie…

Direktiewe vir hernuwing van vuurwapenlisensies uitgereik – AfriForum verwelkom klarigheid
|

Direktiewe vir hernuwing van vuurwapenlisensies uitgereik – AfriForum verwelkom klarigheid

AfriForum verwelkom die klarigheid wat die SAPD bewerkstelllig het oor die hernuwing van vervalde vuurwapenlisensies, deur die uitreiking van direktiewe wat klaarblyklik sedert 1 Julie 2022 die rondte doen by polisiestasies oor die land heen. Vroeër die jaar het die Konstitusionele Hof in die guns van Fidelity Security Services (Edms.) Bpk. beslis, deurdat vuurwapeneienaars wie…

Oupa Chembe eersdaags verhoor vir aanranding van jong man
| |

Oupa Chembe eersdaags verhoor vir aanranding van jong man

Die saak teen Oupa Chembe (52) op klagtes van aanranding en kwaadwillige saakbeskadiging is vandag in die Krugersdorp Landdroshof uitgestel na 20 Julie 2022 wanneer ’n nuwe verhoordatum vasgestel sal word. Die verhoor sou na verwagting vandag begin het, maar die beskuldigde se prokureur het aangevoer dat die staat nie die beeldmateriaal van die voorval…

Upington-tak verleen hulp aan plaaslike klinieke
| |

Upington-tak verleen hulp aan plaaslike klinieke

Die AfriForum-tak in Upington het op 30 Junie broodnodige items aan die Lingelethu-kliniek en die Louisvaleweg-kliniek in hierdie dorp oorhandig. Die items wat geskenk is, is immuunversterkers, toiletpapier, stinksalf, vitamiene B-tablette, vitamienestroop, hoesstroop, Actamol en Painamol. Soos heelwat staatsbeheerde entiteite, suig klinieke in ons woongebiede aan die agterste speen. Baie van die klinieke is vervalle,…

End of content

End of content