Groter Moot-tak hou maandelikse skoonmaakprojek saam gemeenskap
| |

Groter Moot-tak hou maandelikse skoonmaakprojek saam gemeenskap

AfriForum se Groter Moot-tak het oor die naweek ’n projek saam met die gemeenskap van stapel gestuur en aan die suidekant van die spruit skoongemaak. Hierdie tak het die inisiatief begin om een keer per maand saam met die gemeenskap ’n skoonmaakprojek te hou. Daar word beoog om volgende maand die noordekant van die spruit…

AfriForum-buurtwagte in Marico neem deel aan nasionale massapatrollie
| |

AfriForum-buurtwagte in Marico neem deel aan nasionale massapatrollie

Die AfriForum-buurtwagte in die Marico-streek het in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie op 8 en 9 Julie gehou. Die aksie het omstreeks 18:00 begin en tot 03:00 die volgende oggend voortgeduur. Altesaam 280 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en 9 414 km in 160 voertuie afgelê….

Ligte af, maar tariewe moet op, sê Eskom
| |

Ligte af, maar tariewe moet op, sê Eskom

Terwyl Suid-Afrika tans gebuk gaan onder beurtkrag, het Eskom ’n tariefaansoek ingedien om die kragtarief met 32,66% te verhoog. Boonop wil Eskom hê dat verbruikers wat sonkragopwekkingsvermoë het meer moet betaal as gewone kragverbruikers. AfriForum het ’n brief aan pres. Cyril Ramaphosa, Gwede Mantashe, die minister van Minerale Hulpbronne en Energiesake, en Nomalanga Sithole, die…

AfriForum stig buurtwag in Swellendam
| |

AfriForum stig buurtwag in Swellendam

AfriForum het op 6 Julie 2022 ’n buurtwag in Swellendam gestig. Jean Heath sal dien as buurtwagleier met Wally Walters, Chris Plomaritis en Estelle Walters op die bestuur van die buurtwag. Volgens Heath kan die beveiliging van ’n gebied nie in silo’s bedryf word nie en die Swellendam-buurtwag sluit hom hiermee aan by ’n netwerk…

Alberton-buurtwag ondersteun die SAPD tydens dwelmbeslaglegging
| |

Alberton-buurtwag ondersteun die SAPD tydens dwelmbeslaglegging

Die AfriForum-buurtwag in Alberton het op 12 Julie saam met die SAPD en ander veiligheidstrukture in die omgewing gewerk om dwelmhandel hok te slaan. Die spesiale operasie is uitgevoer langs JG Strijdomweg waar dwelms gekonfiskeer en verskeie arrestasies gemaak is. Verskeie rolspelers was betrokke by die operasie, waaronder die Brackendowns-SAPD, AfriForum se Alberton-buurtwag, die Brackendowns-GPF,…

AfriForum se Noord van die berg-tak kry nuwe bestuur
| |

AfriForum se Noord van die berg-tak kry nuwe bestuur

AfriForum se Noord van die berg-tak het op 13 Julie 2022 het ’n nuwe bestuur verkies en is reeds besig met die beplanning van verskeie projekte wat hulle in die nabye toekoms gaan aanpak. Die tak is ook reeds volstoom aan die gang met hul slaggatprojek. Die nuwe takbestuur bestaan uit Quintin Meyer (voorsitter), Francois van Vuuren…

AfriForum se Stellaland-buurtwagte hou nasionale massapatrollie
| |

AfriForum se Stellaland-buurtwagte hou nasionale massapatrollie

Die AfriForum-buurtwagte in Bloemhof, Christiana, Delareyville, Biesiesvlei en Vryburg het in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie op 8 Julie 2022 in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep. Die aksie het omstreeks 16:00 begin en tot 04:00 die volgende oggend voortgeduur. Altesaam 89 patrolleerders het…

Hoogland-buurtwagte hou massapatrollie
| |

Hoogland-buurtwagte hou massapatrollie

Die AfriForum-buurtwagte in die Hoogland-streek het op 8 Julie 2022 deelgeneem aan ’n nasionale patrollie in hul onderskeie gebiede om polisiëringsigbaarheid te verhoog. Die patrollie is in samewerking met die SAPD, die nooddienste, verskeie sekuriteitsmaatskappye, plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums en ander veiligheidsinstansies uitgevoer. Die patrollie het omstreeks 20:00 begin en tot 06:00 die volgende oggend geduur. Die…

Pongola-tak knap vliegveld op met #OnsDorpProjek
| |

Pongola-tak knap vliegveld op met #OnsDorpProjek

Die AfriForum-tak in Pongola het die plaaslike vliegveld opgeknap en verskeie verbeterings aangebring, nadat die uPhongolo Plaaslike Munisipaliteit versuim het om sy verpligtinge om die vliegveld in stand te hou, na te kom. Veiligheidsligte is vervang, die gras langs die aanloopbaan en om die geboue is gesny, en die strepe op die aanloopbaan is oorgeverf….

End of content

End of content