Vrystaatse munisipaliteite dop oudit vêr
| |

Vrystaatse munisipaliteite dop oudit vêr

Die burgerregteorganisasie AfriForum het met ’n oudit van Vrystaatse munisipaliteite bevind dat  die provinsie vrot vaar wat dienslewering betref. Die gebrek aan onlangse data vanaf die staat om belangrike aanwysers te meet, bemoeilik die situasie verder. Soos in ander provinsies is aspekte soos die demografie, sosio-ekonomiese toestande, dienslewering en die bestuur van munisipaliteite gemeet. In…

AfriForum se Springbok-tak knap begraafplaas op
| |

AfriForum se Springbok-tak knap begraafplaas op

Die AfriForum-tak in Springbok het in Julie die plaaslike begraafplaas opgeknap as deel van die organisasie se #OnsDorp-projek. Die tak het ’n aantal boomtakke afgesny wat oor die grafte hang en onkruid verwyder wat die grafte versuur. Agt groot sleepwa-vragte vol rommel en tuinvullis is verwyder. Die begraafplaas is meer as 20 jaar laas skoongemaak…

Viljoenskroon-tak vergader met Moqhaka-munisipaliteit oor rioolkrisis
| |

Viljoenskroon-tak vergader met Moqhaka-munisipaliteit oor rioolkrisis

Die AfriForum-tak in Viljoenskroon het op 2 Augustus met adv. Mzwakhe Mofokeng, waarnemende bestuurder van die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit, en betrokke munisipale amptenare vergader oor die rioolprobleem in dié dorp. Die vergadering het gespruit uit die jarelange rioolkwessie wat in Viljoenskroon heers en wat die plaaslike AfriForum-tak tans spook om dringend op te los. Dit…

Welkom-tak tree dringend op om rioolblokkasies oop te maak
| |

Welkom-tak tree dringend op om rioolblokkasies oop te maak

Die AfriForum-tak in Welkom het as deel van die organisasie se #OnsDorp-projek op 1 Augustus 2022 vir Fouche Loodgieters aangestel om ’n mangate en rioolpype op die hoek van Kennaughstraat en Dvoraklaan te ontblok en skoon te maak. Dít volg nadat inwoners van Welkom AfriForum genader het met klagtes oor rou riool wat op sommige…

Rustenburg-tak hou patrollie by begraafplaas vir #OnsDorp-projek
| |

Rustenburg-tak hou patrollie by begraafplaas vir #OnsDorp-projek

Die AfriForum-tak in Rustenburg het op 24 Julie ’n patrollie by die Donkerhoek-begraafplaas gehou om die veiligheid van besoekers te verseker. Daar was 15 taklede betrokke by die patrollie wat van 09:00 tot 15:00 plaasgevind het. Die begraafplaas is ook skoongemaak deur die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit en AfriForum wat tussen die grafte met bossiekappers gesny…

AfriForum se Benoni-tak takel slaggate
| |

AfriForum se Benoni-tak takel slaggate

Die AfriForum-tak in Benoni het gedurende Julie die herstel van slaggate geprioritiseer, omdat baie klagtes vanuit die gemeenskap ontvang is oor die slegte toestand van die paaie. Die tak het 200 slaggate met 115 sakkies teer gevul in Mowbraylaan, Harrisonstraat, Howardlaan, Parkstraat, Railwaylaan, Byronsraat, Keiweg, Wilgeweg, Wellingtonstraat, Vierdestraat, Negendestraat, Tiendestraat, O’Reilly Merrystraat, Moodiestraat, Pretoriaweg, Kimboltonstraat,…

Hartbeespoort-tak verf randstene vir #OnsDorp-projek
| |

Hartbeespoort-tak verf randstene vir #OnsDorp-projek

Die AfriForum-tak in Hartbeespoort het gedurende Julie die randstene rondom Laerskool Generaal Hendrik Schoeman en padmerkers by vyf kruisings geverf. Altesaam 10 liter swart padverf en 10 liter wit padverf is gebruik. “Die padmerkers en randstene in Hartbeespoort het al met die jare begin onduidelik raak en AfriForum se Harties-tak het besluit om inisiatief te…

Laeveld-takke koop tuinboutoerusting aan
| |

Laeveld-takke koop tuinboutoerusting aan

Die AfriForum-takke in die Laeveld het onlangs nuwe tuinboutoerusting aangekoop om meer skoonmaakprojekte aan te pak om sodoende die omgewing netjies te hou. Altesaam is twee Stihl-bossiekappers, twee Kohler-industriële grassnyers en een Stihl-kettingsaag gekoop. Die doel van die toerusting is om die takke toegang te gee tot hoë gehalte masjinerie om meer doeltreffende skoonmaakprojekte in…

AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek Lanternskool in samewerking met AfriForum Jeug, WIRED – Flip the switch en BrainTribe
| |

AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek Lanternskool in samewerking met AfriForum Jeug, WIRED – Flip the switch en BrainTribe

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 25, 26 en 27 Julie 2022 by Lanternskool in Roodepoort besoek afgelê in samewerking met AfriForum Jeug, WIRED – Flip the switch en BrainTribe. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in. “Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders,…

AfriForum, BrainTribe en Ogle Foundation besoek Fleurhof Primary-leiers
| |

AfriForum, BrainTribe en Ogle Foundation besoek Fleurhof Primary-leiers

Die burgerregteorganisasie AfriForum, Manie Botha van BrainTribe en Ogle Foundation het op 25 Julie 2022 by Fleurhof Primary School in Randburg besoek afgelê met hul leiereienskapsontwikkelingsprojek. “Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en hoop te skep in skole. Elke kind in ons…

End of content

End of content