AfriForum se Moreletapark-buurtwag kry gesteelde sleepwa terug
| |

AfriForum se Moreletapark-buurtwag kry gesteelde sleepwa terug

AfriForum se Moreletapark-buurtwag het op 14 Augustus ’n gesteelde sleepwa opgespoor wat tydens koperdiefstal by een van Eskom se substasies betrokke was. Koper ter waarde van R6 000 000 is tydens dié kaping gesteel. Alhoewel die buurtwag nie die koperdiefstal kon keer nie, kon hulle egter die trok se sleepwa, waarmee die koper vervoer is,…

Upington-tak en DA maak speelpark skoon vir kinders
| |

Upington-tak en DA maak speelpark skoon vir kinders

Die AfriForum-tak in Upington het in samewerking met die DA op 10 en 11 Augustus 2022 ’n verwaarloosde speelparkie in Stasiekamp opgeruim. Sowat 16 ton bourommel en vullis is weggery. Eric Walker, ’n plaaslike sakeman, het drie stortbakke voorsien om te help om die rommel te verwyder. “Gemeenskaplike speelgronde bied ’n magdom voordele, wat veel…

AfriForum stig tak in Durbanville
| |

AfriForum stig tak in Durbanville

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 11 Augustus 2022 ’n tak in Durbanville gestig nadat talle inwoners hul behoefte vir die stigting van ’n AfriForum-tak uitgespreek het. Die bestuur bestaan uit Leendert Stoop (voorsitter), Johardt van Heerden (ondervoorsitter), Christa Rheeder (sekretaris), William Waugh (tesourier), Adriaan Lombard (gemeenskapsveiligheid), PC van Zyl (omgewingsake) en Richard Downing (plaaslikeregeringsake) “Die…

AfriForum se Roodepoort-buurtwag ontvang brandopleiding
| |

AfriForum se Roodepoort-buurtwag ontvang brandopleiding

Die AfriForum-buurtwag in Roodepoort het op 5 en 6 Augustus 2022 brandopleiding ontvang. Forum Sekuriteit het die opleiding aan 20 van die Roodepoort-buurtwaglede aangebied by Gauteng Dragon Boat Association. Die opleiding het teorie en prakties ingesluit en is interaktief. Die doel daarvan is op die buurtwaglede die basiese kennis te gee oor hoe om op…

Vanderbijlpark-buurtwag blus twee brande in een aand
| |

Vanderbijlpark-buurtwag blus twee brande in een aand

AfriForum se Vanderbijlpark-buurtwag het die aand van 5 Augustus twee brande ná mekaar geblus. Hendrik Small, leier van die Vanderbijlpark-buurtwag, het skuins ná 18:00 ’n oproep van ’n brand by die Hoërskool Vanderbijlpark ontvang en gaan ondersoek instel. Kort daarna het die res van die buurtwag opgedaag met die tak se vuurvegter. Die brand was…

Mooirivier-buurtwagte beskerm hul gemeenskappe in Julie
| |

Mooirivier-buurtwagte beskerm hul gemeenskappe in Julie

Die AfriForum-buurtwagte in die Mooirivier het in Julie in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies hul omgewing beveilig. Daar is 657 patrollies deur die volgende buurtwagte gery: Bothaville, Sasolburg, Hartbeesfontein-buurt en plaaswag, Hartbeesfontein-buurtwag, Potchefstroom, Wolmaransstad en Stilfontein. In Sasolburg was die hommeltuig ingespan ná ’n gepoogde motorkaping en is die SAPD bygestaan met die…

Potchefstroom-tak vul slaggate as deel van #OnsDorp-projek
| |

Potchefstroom-tak vul slaggate as deel van #OnsDorp-projek

Die AfriForum-tak in Potchefstroom het gedurende Julie 147 m² se slaggate met 590 sakkies teer gevul as deel van die #OnsDorp-projek. Slaggate is in gedeeltes van die volgende strate gevul: Louis le Grangestraat, Kockstraat, Gobeystraat, Meyerstraat, Marthinusstraat, Johannes Dreyerstraat, Langenhovenstraat en Van Heerdenstraat. Die AfriForum-buurtwag het die slaggate in Paryslaan, by die Sasol-vulstasie, ook laat…

Viljoenskroon-tak maak strate mooi as deel van #OnsDorp-projek
| |

Viljoenskroon-tak maak strate mooi as deel van #OnsDorp-projek

Die AfriForum-tak in Viljoenskroon het in Junie en Julie vlytig weggespring om die strate reg te ruk as deel van AfriForum se #OnsDorp-projek. Strate wat voltooi is, is Havemannstraat, Du Plessisstraat, Goldbergstreet, Culverwellstraat, Senator Senekalstraat, Mareestraat en die helfte van Viljoenstraat. In hierdie strate is slaggate gevul, padmerkers is geverf, die nodige verkeerstekens is vervang,…

Onwettige ontplooiing van grenswagte
|

Onwettige ontplooiing van grenswagte

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ’n brief aan die minister van Binnelandse Sake, dr. Aaron Motsoaledi, gestuur waarin hulle duidelikheid eis oor die proses wat gevolg is met die ontplooiing van grenswagte onder die bestuur van die Grensbestuursowerheid (GBO). Volgens AfriForum is die relevante wetgewing, met betrekking tot die Wet op Grensbestuur, wat die Departement van…

End of content

End of content