AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek Keppies Tutorsentrum met #DieValFilm
| |

AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek Keppies Tutorsentrum met #DieValFilm

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 20 Julie by die Keppies Tutorsentrum in Pretoria-Noord besoek afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in. “Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole…

AfriForum-buurtwagte span saam om groter Mosselbaai-gemeenskap te beveilig
| |

AfriForum-buurtwagte span saam om groter Mosselbaai-gemeenskap te beveilig

Verskeie AfriForum-buurtwagte het op 14 Julie in Groot-Brakrivier saamgekom om hul gemeenskap teen misdaad te beveilig. AfriForum se buurtwagte in Glentana, Groot-Brakrivier en Midbrak het om 16:00 die area in ’n konvooi begin patrolleer. Later het die konvooi in kleiner groepe verdeel om ’n groter grondgebied te dek. Die patrollie het tot 06:00 die volgende…

Mooirivier-buurtwagte neem deel aan nasionale patrollie
| |

Mooirivier-buurtwagte neem deel aan nasionale patrollie

AfriForum se Mooirivier-buurtwagte het op 14 en 15 Julie in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid op te skerp. Dié aksie het omstreeks 18:00 die Vrydagaand begin en tot 06:00 die volgende oggend voortgeduur. Sowat 201 patrolleerders…

Kaapstad-Noord-tak reorganiseer takbestuur
| |

Kaapstad-Noord-tak reorganiseer takbestuur

AfriForum se Kaapstad-Noord-tak het op 18 Julie gedurende ’n takvergadering sy takbestuur geherorganiseer. Die bestuur bestaan nou uit CJ Scholtz (voorsitter), Bernard Pieters (ondervoorsitter), Jolandi Scholtz (sekretaris), Erik Smit (tesourier), Yolanda Fritz (plaaslikeregeringsake), Eben Nel (omgewingsake), Ruan Muller (jeug) en Johan Fritz (veiligheid). “AfriForum as selfdoen-organisasie speel ’n groot rol om gemeenskappe te help om…

Paarl-Noord-buurtwag neem aan nasionale patrollie deel
| |

Paarl-Noord-buurtwag neem aan nasionale patrollie deel

AfriForum se Paarl-Noord-buurtwag het op 14 en 15 Julie aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem. Patrollies soos dié, waartydens buurtwaglede bymekaarkom, se doel is om sigbaarheid in die area te verseker en om die oë en ore van die polisie te wees. Die massapatrollie het om 16:30 die Vrydagmiddag begin en tot 06:15 die volgende…

AfriForum se veiligheidstrukture van die Wes- en Oos-Kaap hou massapatrollie
| |

AfriForum se veiligheidstrukture van die Wes- en Oos-Kaap hou massapatrollie

AfriForum se veiligheidstrukture in die Wes- en Oos-Kaap het op 14 en 15 Julie in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s), private sekuriteitsmaatskappye en ander veiligheidsrolspelers ’n massapatrollie in hul onderskeie areas uitgevoer om sodoende sigbare polisiëring te verhoog. Die aksie het omstreeks 16:00 Vrydagmiddag begin en tot 06:00 Saterdagoggend geduur….

AfriForum bring PAJA-aansoek aan Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit oor fooiheffings
| |

AfriForum bring PAJA-aansoek aan Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit oor fooiheffings

Die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit het in ’n interne memorandum opdrag gegee het dat die koste van gesteelde kabels wat vervang moet word van inwoners se munisipale rekeninge verhaal moet word. AfriForum se takke aan die Oos-Rand het op 19 Julie ingevolge die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid (PAJA) ’n versoek aan die munisipaliteit…

Krugersdorp-tak verf padmerke oor rondom skole
| |

Krugersdorp-tak verf padmerke oor rondom skole

AfriForum se Krugersdorp-tak het op 15 Julie verskeie padmerke en -strepe rondom skole oorgeverf waartydens groot gedeeltes rondom die Laerskool Ebenhaeser en HTS N Diederichs THS aangepak is. Die projek is in samewerking met die DA en VF Plus, wat ongeveer 22 vrywilligers ingesluit het, aangepak. Ongelukkig het ’n openbare sekuriteitsamptenaar van die Mogale City…

Sentraalstreek se buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel
| |

Sentraalstreek se buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel

Die AfriForum-buurtwagte in die Sentraalstreek (KwaZulu-Natal, Noordwes en die Vrystaat), het op 14 Julie aan dié organisasie se nasionale patrollie deelgeneem. Vier-en-veertig AfriForum-buurtwagte en 1 216 patrolleerders in 701 voertuie het aan dié patrollie deelgeneem waartydens meer as 22 294 km afgelê is. Alle voorvalle is suksesvol hanteer in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD)…

AfriForum rig dringende brief aan minister van Water en Sanitasie oor waterkrisis in Parys
| |

AfriForum rig dringende brief aan minister van Water en Sanitasie oor waterkrisis in Parys

AfriForum se Parys-tak het vandag ’n dringende brief aan Senzo Mchunu, die Minister van Water en Sanitasie, gerig oor die waterkrisis in Parys. Sommige inwoners is vir die soveelste keer in hoeveel maande al twee weke en langer sonder water. Mchunu het tydens ’n onlangse vergadering gesê hy kan verantwoordelik gehou word as daar nog…

End of content

End of content