AfriForum-tak in Richardsbaai installeer gevorderde kamerastelsel
| |

AfriForum-tak in Richardsbaai installeer gevorderde kamerastelsel

Die AfriForum-tak in Richardsbaai het vier gevorderde aMadlozi-kameras, op strategiese plekke in Richardsbaai, geïnstalleer. Hierdie aksie vorm deel van die strategie van die Richardsbaai-tak om van tegnologie gebruik te maak om misdaad in die gemeenskap te help bekamp. “Ons het besluit om van die aMadlozi-kamerastelsel gebruik te maak aangesien dit alreeds in groot dele van…

AfriForum maak reg om die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling hof toe te neem namens Sunfield Home vir gestremdes
|

AfriForum maak reg om die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling hof toe te neem namens Sunfield Home vir gestremdes

Die burgerregteorganisasie AfriForum is gereed om hofstukke teen die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling in te dien nadat dié departement steeds weier om op AfriForum se prokureursbrief te antwoord wat op 22 Augustus, namens Sunfield Home, gestuur is. AfriForum het tot die saak toegetree nadat die staat vir die afgelope 14 jaar weier om die subsidiebedrag…

Sukses: AfriForum-buurtwag weer plaasaanval af
| |

Sukses: AfriForum-buurtwag weer plaasaanval af

Die AfriForum-buurtwag in Brits, Noordwes, het op 31 Augustus daarin geslaag om ’n plaasaanval af te weer. Omstreeks middernag het die buurtwag ’n noodroep vanaf ’n inwoner op ’n plaas buite die dorp ontvang. Volgens die slagoffer het ’n groep verdagtes haar plaas se heining geknip en was in daardie stadium besig om haar huis…

AfriForum en Saai skenk voer aan brandgeteisterde gebiede
| |

AfriForum en Saai skenk voer aan brandgeteisterde gebiede

AfriForum en die familieorganisasie, Saai, het gedurende Augustus hulp verleen aan boere wat deur die verwoestende brande in Pietersburg geraak is. Ongeveer 30 000 ha het afgebrand en meer as 2 000 beeste en bokke asook 1 900 wild het in die slag gebly,  terwyl ten minste 17 boere die negatiewe impak van dié brande eerstehands beleef het….

AfriForum-tak in Welkom maak rioolblokasies oop en vervang pyplyn
| |

AfriForum-tak in Welkom maak rioolblokasies oop en vervang pyplyn

AfriForum se tak in Welkom het op 30 Augustus 2022 vir Fouche Loodgieters  aangestel om mangate en rioolpype op die hoek van Kennaugh- en Dvorakstraat te ontblok en skoon te maak. Dít volg nadat inwoners van Welkom, AfriForum met klagtes oor rou riool genader het wat op sommige plekke hul erwe en strate oorspoel en…

AfriForum span waterkar in Kimberley in om brande te blus
| |

AfriForum span waterkar in Kimberley in om brande te blus

Die AfriForum-buurtwag in Kimberley het op 28 Augustus in samewerking met die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit se brandweer, boere van die omgewing en die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) ’n brand buite dié stad geblus. ’n Veldbrand het omstreeks 13:00 naby die N8 ontstaan en na die R357 tussen Kimberley en Douglas en die N12 versprei. “Die…

AfriForum stig tak in Brandfort
| |

AfriForum stig tak in Brandfort

AfriForum het op 26 Augustus 2022 in Brandfort ’n gemeenskapsvergadering gehou waartydens ’n nuwe tak gestig is. Die gemeenskaplede kon insette lewer en nominasies maak oor die bestuurslede wat die tak sal verteenwoordig. Die bestuur bestaan uit: Ruhan Maree (voorsitter), dr. Andre du Toit (ondervoorsitter), Ina  Beukes (tesourier), Kobus Linde (sekretaris), Johan Swanepoel (plaaslikeregeringsake), Piet…

SAPD en SANW span blykbaar saam om twee weermaggeneraals teen vervolging op klagtes van moord te beskerm
| |

SAPD en SANW span blykbaar saam om twee weermaggeneraals teen vervolging op klagtes van moord te beskerm

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het die polisie gevra om te verduidelik waarom twee van die land se mees senior weermaggeneraals nie gearresteer en aangekla is nie, ondanks ’n uitdruklike opdrag van ’n aanklaer om dit te doen. Dit is ’n blatante geval van selektiewe vervolging wat ten doel het om verdagtes binne die hoogste vlak van…

AfriForum se Kathu-tak verleen hulp aan Gamagara-nooddienste
| |

AfriForum se Kathu-tak verleen hulp aan Gamagara-nooddienste

Die AfriForum-tak in Kathu het op 28 Augustus ’n skenking van ’n mikrogolfoond en ’n kookwaterkan aan die Gamagara-nooddienste oorhandig asook 12 enkelbedmatrasse wat The Bed Shop in Kathu geskenk het. Die Gamagara-nooddienste sukkel al ’n geruime tyd met fondse en die munisipaliteit bied nie meer hulp nie. Dié nooddienste speel ’n baie belangrike rol…

Debatspanne seëvier in sentraalstreeksuitdun van AfriForum se Dink of Sink-kompetisie
| |

Debatspanne seëvier in sentraalstreeksuitdun van AfriForum se Dink of Sink-kompetisie

Dat Vrystaters vaardige debatteerders is, is opnuut bewys tydens die sentraalstreeksuitdun van AfriForum se Dink of Sink- onvoorbereide debatskompetisie vir hoërskole wat op 25 Augustus 2022 by die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje in Bloemfontein plaasgevind het. In 2020 en 2021 moes die kompetisie noodgedwonge virtueel plaasvind, maar met meer deelnemers as ooit, was dit duidelik…

End of content

End of content