AfriForum staan ​​voorgestelde Wetsontwerp op Terrorisme teen wat kan lei tot oorskreiding van regeringsmagte
|

AfriForum staan ​​voorgestelde Wetsontwerp op Terrorisme teen wat kan lei tot oorskreiding van regeringsmagte

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n mondelinge voorlegging voor die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Polisie gedoen om die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op die Beskerming van Grondwetlike Demokrasie teen Terroriste en Verwante Aktiwiteite teen te staan. AfriForum het in Augustus 2022 skriftelike kommentaar teen hierdie voorgestelde wetgewing ingedien. In die voorlegging het AfriForum dit duidelik gemaak dat die…

AfriForum se Stellaland-buurtwagte beveilig gemeenskappe
| |

AfriForum se Stellaland-buurtwagte beveilig gemeenskappe

Die AfriForum-buurtwagte in Christiana, Delareyville en Vryburg het gedurende Augustus en vroeg in September hard gewerk om sigbaarheid in dié onderskeie dorpe te verhoog. Hierdie drie dorpe se buurtwagte het gedurende Augustus deurlopend die betrokke areas gepatrolleer om sigbaarheid te verhoog en tot ’n veiliger omgewing in hul gemeenskappe by te dra. Die AfriForum-buurtwag in…

Mooirivier-buurtwagte hou hul gemeenskappe veilig in Augustus
| |

Mooirivier-buurtwagte hou hul gemeenskappe veilig in Augustus

Die AfriForum-buurtwagte in Mooirivier het in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies hul onderskeie omgewings in Augustus beveilig. Daar is meer as 600 patrollies deur die volgende buurtwagte gery: Sasolburg, Hartbeesfontein-buurt- en plaaswag, Potchefstroom, Songloed (Klerksdorp), Orkney en Stilfontein. In Sasolburg is daar ’n oorgrenspatrollie gehou. Die Hartbeesfontein-plaaswag was betrokke by die opsporing van…

AfriForum loods aanslag teen kaderontplooiing
| |

AfriForum loods aanslag teen kaderontplooiing

Die burgerregteorganisasie AfriForum het hofstukke ingedien om as ’n vriend van die hof in die Demokratiese Alliansie (DA) se saak teen kaderontplooiing toe te tree. Volgens AfriForum is daar ’n aantal regsgronde waarom kaderontplooiing deur die hof verbied moet word. Eerstens, voer AfriForum aan dat die ANC se beleid van kaderontplooiing diskriminasie op grond van…

Keimoes-tak help om groot brand te blus
| | |

Keimoes-tak help om groot brand te blus

AfriForum se Keimoes-tak en Grootoog-buurtwag het op 31 Augustus ’n reuse-brand in Keimoes langs die lyndraad in Hoofstraat geblus. Die Grootoog-buurtwag se kantoor het omstreeks 12:14 ’n benoude oproep ontvang van ’n AfriForum-lid, Marietjie van Wyk, oor ’n groot brand wat in die rigting van hul huis beweeg het. Sy bly in ’n houthuis wat…

AfriForum se Bronkhorstspruit-tak verf voetoorgange
| |

AfriForum se Bronkhorstspruit-tak verf voetoorgange

Die AfriForum-tak in Bronkhorstspruit het op 2 September, drie voetoorgange, twee voor Hoërskool Erasmus en een voor Laerskool Du Preez van Wyk oorgeverf. Die tak het self die verf verskaf en sowat 60 liter wit verf is vir die doeleinde gebruik. Die Bronkhorstspruit-tak is voortdurend op die uitkyk vir geleenthede om die gemeenskap beter by…

AfriForum dien hofstukke in teen artikels van Wet op Rampbestuur wat magsmisbruik moontlik maak
|

AfriForum dien hofstukke in teen artikels van Wet op Rampbestuur wat magsmisbruik moontlik maak

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag hofstukke by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien om dele van die Wet op Rampbestuur wat die organisasie as kanale vir magsmisbruik deur die regering geïdentifiseer het, te hersien en tersyde te stel. AfriForum se hofaansoek is ’n direkte uitdaging vir die grondwetlikheid van artikel 27(2) in samewerking met artikel 27(5)(c)…

AfriForum se Coligny-tak maak middelmanne in straat skoon
| |

AfriForum se Coligny-tak maak middelmanne in straat skoon

Die AfriForum-tak in Coligny het op 25 Augustus 2022 in samewerking met The Coligny Community Cleaning Team, Voortrekkerstraat in Coligny ingevaar, die middelmanne begin skoonmaak en die sand met bakstene en beton vervang. Dié tak beoog om al die middelmanne in die straat op hierdie manier oor te doen en die straat skoon te hou….

AfriForum gaan voort met hofsaak oor hernuwing van bestuurslisensies
|

AfriForum gaan voort met hofsaak oor hernuwing van bestuurslisensies

Fikile Mbalula, die Minister van Vervoer, het vandag ’n aantal aankondigings gemaak in verband met bestuurslisensiekaarte. Eerstens, het hy die publiek daarvan in kennis gestel dat die kabinet die vervanging van die huidige bestuurslisensiekaarte goedgekeur het. Volgens Mbalula, is die huidige ontwerp van die lisensiekaarte verouderd en moet dit aangepas word om aan wêreldwye standaarde…

End of content

End of content