Midvaal-tak plant vrugtebome by Lerato-kinderhuis
| |

Midvaal-tak plant vrugtebome by Lerato-kinderhuis

AfriForum se Midvaal-tak het Saterdag as deel van Solidariteit Helpende Hand se Meyerton-tak se familiedag wat by Lerato-kinderhuis in Meyerton gehou is, vyf vrugtebome geskenk en geplant. Die Midvaal-tak het tydens dié familiedag ’n stalletjie gehad en besef dat daar nie baie koeltebome is nie. Daarom is daar besluit om vrugtebome te plant wat ’n…

AfriForum se Vanderbijlpark-tak beveilig substasies
| |

AfriForum se Vanderbijlpark-tak beveilig substasies

AfriForum se Vanderbijlpark-tak het ses substasies, oor ’n tydperk van drie weke, saam met Sekuriteit Sonder Grense beveilig deur alarmstelsels te installeer wat deur Sekuriteit Sonder Grense gemoniteer gaan word. Dié besluit om alarmstelsels by hierdie substasies te laat installeer het gekom nadat daar op verskeie kere by hierdie substasies ingebreek en kabels gesteel is….

AfriForum-veiligheidstrukture verleen hulp tydens Jagersfontein-tragedie
| |

AfriForum-veiligheidstrukture verleen hulp tydens Jagersfontein-tragedie

AfriForum se veiligheidstrukture het die afgelope naweek onmiddellik gereageer op versoeke vir hulp tydens die tragiese ramp wat Jagersfontein getref het. Groot dele van dié Vrystaatse dorpie is oorstroom ná ’n damwal gebars het. AfriForum het twee hommeltuie ontplooi om reddingspanne te help soek na vermiste persone en regstreekse inligting in te samel. AfriForum Gemeenskapsveiligheid…

AfriForum stig buurtwag in De Rust
| |

AfriForum stig buurtwag in De Rust

AfriForum het op 12 September ’n buurtwag in De Rust gestig. Petro Swanepoel sal as buurtwagleier dien met Werner Alverts, Julius Botha en Annika Rossouw op dié buurtwagbestuur. Volgens Swanepoel kan die beveiliging van ’n gebied nie in silo’s bedryf word nie en daarom sluit AfriForum se De Rust-buurtwag by ’n uitgebreide netwerk van ander…

AfriForum leer Laerskool Marble Hall-leerders die belang van bome plant
| |

AfriForum leer Laerskool Marble Hall-leerders die belang van bome plant

AfriForum se Marble Hall-tak het op 9 September twee bome aan Laerskool Marble Hall, as deel van AfriForum se boomplantmaandprojek, geskenk. AfriForum vier jaarliks in September boomplantmaand. In dié maand probeer AfriForum om die Suid-Afrikaanse publiek van die belangrikheid van bome en die plant daarvan bewus gemaak. AfriForum se tak in Marble Hall het besluit…

AfriForum se Bronkhorstspruit-tak voorsien die gemeenskap van 10 000 liter water
| |

AfriForum se Bronkhorstspruit-tak voorsien die gemeenskap van 10 000 liter water

Die AfriForum-tak in Bronkhorstspruit het op 8 September ’n watertrok met 10 000 liter water aan die Bronkhorstspruit-gemeenskap verskaf. Dit volg nadat sekere dele van die dorp al vir meer as twee weke sonder water is. Na verskeie pleidooie vanuit die gemeenskap is AfriForum genoop om ’n dringende brief aan die Stad Tshwane se munisipale bestuurder,…

AfriForum en Solidariteit in hof om regering se appèl in diskriminerende Toerismefonds-saak teen te staan
|

AfriForum en Solidariteit in hof om regering se appèl in diskriminerende Toerismefonds-saak teen te staan

Die Departement van Toerisme se appèlsaak is vandag in die Konstitusionele Hof aangehoor. Die departement appelleer die 2021 uitspraak deur die Hoogste Hof van Appèl in Bloemfontein, in AfriForum en Solidariteit se guns, dat die gebruik van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) as kriteria vir die toerismefonds onwettig is. In 2020 het Mmamoloko Kubayi-Ngubane, die minister…

AfriForum sit #DieWêreldMoetWeet-veldtog in VSA voort
| |

AfriForum sit #DieWêreldMoetWeet-veldtog in VSA voort

AfriForum se hoof van Beleid en Aksie, dr. Ernst Roets, vertrek Vrydag 9 September na die VSA om dié burgerregteorganisasie se #DieWêreldMoetWeet-veldtog voort te sit. Tydens hierdie besoek sal die kollig in besonder geplaas word op die onlangse hofuitspraak waarin verklaar is dat die dreunsang “Kill the Boer, kill the farmer” nie haatspraak is nie….

AfriForum se Wes-Moot-tak plant vier bome by Hoër Tegniese Skool Pretoria-Tuine
| |

AfriForum se Wes-Moot-tak plant vier bome by Hoër Tegniese Skool Pretoria-Tuine

AfriForum se Wes-Moot-tak het op 7 September vier bome by die Hoër Tegniese Skool Pretoria-Tuine as deel van dié burgerregteorganisasie se boomplantmaandprojek geplant. Daar is besluit om twee Henkel-se-geelhoutbome, ’n outeniekwageelhout en een soetdoringboom te plant aangesien hierdie bome inheemse bome en immergroen is. Dié bome sal ook in die toekoms vir ruim skaduwee sorg. “Om…

AfriForum plaas Ngwathe-munisipaliteit oor besoedelde drinkwater op terme
| |

AfriForum plaas Ngwathe-munisipaliteit oor besoedelde drinkwater op terme

AfriForum het vandag die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit op terme geplaas oor die haglike toestand van die drinkwater in Parys. Die resultate van die laboratoriumtoetse deur die drukgroep, Save Ngwathe,  toon duidelik dat die drinkwater vuil is en dat daar E. Coli-bakterieë in die kraanwater teenwoordig is, wat beteken daar is rou riool in die water….

End of content

End of content