AfriForum versoek Mogale City-munisipaliteit om watertoevoer dringend te herstel
| |

AfriForum versoek Mogale City-munisipaliteit om watertoevoer dringend te herstel

Die AfriForum-tak in Krugersdorp het op 23 September ’n brief aan die Mogale City Plaaslike Munisipaliteit gerig waarin hulle versoek dat die watertoevoer in dié dorp dringend herstel word. Gedeeltes van Krugersdorp is al meer as 20 dae sonder water. Die watertoevoer na van die resevoirs is nie voldoende nie en die watervlakke het tot…

AfriForum se Laeveld-takke ontvang 16 ton teer
| |

AfriForum se Laeveld-takke ontvang 16 ton teer

AfriForum se Laeveld-takke het die afgelope week 653 sakke teer ontvang as deel van ’n grootskaalse projek om slaggate die hoof te bied. Dit is in totaal 16 ton teer wat beteken dat AfriForum se Laeveld-takke ’n reuseverskil in verskeie dorpe kan aanbring. Die sakke teer is soos volg onder die takke versprei: Nelspruit-tak 295…

AfriForum se Nelspruit-tak loods grootskaalse skoonmaakprojek op die Kaapsehoop-pad
| |

AfriForum se Nelspruit-tak loods grootskaalse skoonmaakprojek op die Kaapsehoop-pad

AfriForum se Nelspruit-tak het in samewerking met Wolf Plumbing & Maintenance die afgelope drie weke ’n grootskaalse skoonmaakprojek op die Kaapsehoop-pad van stapel gestuur. Hierdie projek fokus op die pad vanaf die verkeerslig by die T-aansluiting by die Kaapsehoop-pad en Enos Mabuza-rylaan, tot by die brug net duskant die Friends Cafe-koffiehuis. Dié stuk pad is…

AfriForum-traumavrywilligers word prakties opgelei om by plaasaanvalle hulp te bied
| |

AfriForum-traumavrywilligers word prakties opgelei om by plaasaanvalle hulp te bied

AfriForum se traumaeenheid het 42 vrywilligers gewerf en opgelei om slagoffers van plaasaanvalle en geweldsmisdaad op die toneel by te staan. Weens die toename in hierdie tipe misdade in die landelike gebiede, het die behoefte aan traumaondersteuning op die tonele toegeneem. Izel Kruger en Hennie Human, traumaberaders van AfriForum se traumaeenheid, het traumavrywiligers in die…

Teenboelieveldtogspan besoek Gereformeerde Skool Dirk Postma
| |

Teenboelieveldtogspan besoek Gereformeerde Skool Dirk Postma

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 22 September die Gereformeerde Skool Dirk Postma (GSDP) in Pretoria besoek. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in. Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in…

AfriForum bemagtig veiligheidstrukture met opleiding
| |

AfriForum bemagtig veiligheidstrukture met opleiding

AfriForum Gemeenskapsveiligheid het vanaf 16 tot 18 September opleiding aan buurtwaglede aangebied wat verskillende kursusse vir buurtwagleiers, inligtingspanleiers, operasiespanleiers en steunspanleiers ingesluit het. Hierdie vier aspekte vorm die kern van AfriForum se buurtwagstrukture. Die opleiding is buite Pretoria aan onder meer die Randfontein-, Apiesrivier-, Alberton-, Rayton-Heuwelsig-, Hartbeespoort-, Hospitaalpark-, Bethlehem- en Brakpan-buurtwagte aangebied. Die afgelope week…

AfriForum se Noord van die berg-tak verfraai omgewing
| |

AfriForum se Noord van die berg-tak verfraai omgewing

AfriForum se Noord van die berg-tak het hul eie tuinspan op die been gebring, en het verlede week hard in die Pretoria-Noord-omgewing gewoeker. Daar word ongeveer 60 swartsakke met vullis per dag verwyder. Dié span het onder meer Pretoria-Noord se stadsaal in Emily Hobhousestraat, Monumentpoort se parkie in President Steynstraat, die Jackson van Zyl-park in…

Debatspanne presteer in noordstreeksuitdun van Dink of Sink-debatskompetisie
| |

Debatspanne presteer in noordstreeksuitdun van Dink of Sink-debatskompetisie

In die laaste streeksuitdun van AfriForum se Dink of Sink- onvoorbereide debatskompetisie wat by die Hoërskool Montana in Pretoria plaasgevind het, het die deelnemers opnuut bewys hoe flink die jeug op hulle voete kan dink. Die uitdun was ’n reusesukses danksy die elf deelnemende skole se entoesiasme en die puik reëlings en gasvryheid van die…

AfriForum lewer veiligheidsaanbieding aan Simondium-boere
| |

AfriForum lewer veiligheidsaanbieding aan Simondium-boere

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Stellenbosch-tak het op 20 September hul nuwe landelike veiligheidstrategie aan die boeregemeenskap van Simondium voorgelê. In dié aanbieding het Jac Pietersen, Tommy van Zyl en Bernard Pieters, al drie verbonde aan AfriForum se Kaapstad-kantoor, oor die nuwe veiligheidsplan uitgebrei asook hoe die Simondium-gemeenskap daarby kan inskakel. “Ek glo dat die Simondium-gemeenskap…

AfriForum #VegEnBou in Warmbad
| |

AfriForum #VegEnBou in Warmbad

AfriForum se Warmbad-tak het op 15 September sy #VegEnBou-projek by Laerskool en Hoërskool Warmbad van stapel gestuur. Dié tak het ’n veiligheidsoudit gedoen om die veiligheid van die leerders te evalueer en die nodige veranderings aan te bring deur gestruktureerde aanbevelings te maak. Die Warmbad-tak het ook by die Warmbad-ouetehuis ’n veiligheidsoudit gedoen en ’n…

End of content

End of content