Brits-tak plant bome by Laerskool De Kroon
| |

Brits-tak plant bome by Laerskool De Kroon

Die AfriForum-tak in Brits het op 27 September saam met die leerders van Laerskool De Kroon twee witstinkhoutbome (Celtis africana) ter ondersteuning van boomplantmaand geplant. Die tak bedank al die onderwysers en leerders wat geesdriftig geluister, geleer en deelgeneem het. “Dié inisiatief is deel van AfriForum se ideaal om ’n volhoubare toekoms vir ons nageslag…

Volhoubare slaggatprojek gaan van krag tot krag in Lichtenburg
| |

Volhoubare slaggatprojek gaan van krag tot krag in Lichtenburg

AfriForum se Lichtenburg-tak het gedurende September slaggate in Lichtenburg opgevul. Daar is 13,5 ton teer gebruik om ongeveer 520 slaggate op te vul. Die areas waarop daar gefokus is, sluit in Buchananstraat (naby Laerskool Lichtenburg), Beyers Naudé-rylaan (langs die Kosterpad), Transvaalstraat (langs Hans Nel Bande) en Kerkstraat. “Pine Pienaar, wat die projek lei, en sy…

Overstrand-tak hou gemeenskap skoon met nuwe vullisdromme
| |

Overstrand-tak hou gemeenskap skoon met nuwe vullisdromme

AfriForum se Overstrand-tak het op 30 September vier vullisdromme aangekoop vir die Hermanus Country Market in Hermanus in ’n poging om die omgewing skoon te hou. “Die Overstrand-tak het dit goedgedink om ’n paar vullisdromme aan te koop en op strategiese plekke te plaas om die gemeenskap skoner en netjies te hou. Die dromme is…

Worcester-tak vat Erfenisdag en die plant van bome verder
| |

Worcester-tak vat Erfenisdag en die plant van bome verder

AfriForum se Worcester-tak het op 24 September twee kompetisies geloods om die gemeenskap by Erfenisdag en die plant van bome betrokke te kry. Vir die eerste kompetisie het hulle die gemeenskap gevra om onder meer foto’s van tuisgemaakte koeksisters en ou voertuie in te stuur om die nostalgie van hul erfenis weer te gee. Die…

Malmesbury-tak plant bome by stadsaal
| |

Malmesbury-tak plant bome by stadsaal

Die AfriForum-tak in Malmesbury het op 27 September in samewerking met die Swartland Plaaslike Munisipaliteit bome by die stadsaal geplant om die perseel op te helder. “Die tak het die munisipaliteit genader om uit te vind of daar iewers ’n behoefte is om bome te plant. Die munisipaliteit het ingestem dat daar by die stadsaal…

Weskus-tak pak ’n veldblom-projek in Langebaan aan
| |

Weskus-tak pak ’n veldblom-projek in Langebaan aan

Die AfriForum-tak in die Weskus het op 23 September die veldblom-projek by die Longacres Country Estate in die Langebaan-area van stapel gestuur. “Die Weskus-tak het ’n inisiatief begin om veldblomme in die Longacres Country Estate met ’n bord wat die veldblomme se naam,  asook agtergrond oor die blom aandui, te merk. Hierdie inligtingsborde is orals…

Kraaifontein-tak dra tot ’n skoner en groener toekoms by
| |

Kraaifontein-tak dra tot ’n skoner en groener toekoms by

AfriForum se Kraaifontein-tak het op 24 September ’n skoonmaakprojek van stapel gestuur. ’n  Parkie in Kraaifontein is opgeruim en meer as 50 spekbome (Portulacaria Afra) is geplant om ’n skoner omgewing vir die inwoners te skep en terselfdertyd te help dat die woonbuurt nie verder agteruitgaan nie. “Die Kraaifontein-tak het dit goedgedink om self verantwoordelikheid…

AfriForum se Helderbergkom-tak plant bome
| |

AfriForum se Helderbergkom-tak plant bome

AfriForum se Helderbergkom-tak het op 23 September 20 bome in die Helderberg-omgewing geplant. “Die Primêre Skool Gordonsbaai, die Temperance Town Primêre Skool en Somerset West Primêr, sowel as die plaaslike polisiekantoor, het ’n behoefte aan koeltebome gehad. Nadat die versoek oorweeg is, het die Helderbergkom-tak op koorsbome (Vachellia xanthophloea) besluit. Dié bome is saam met…

Sukses: AfriForum-buurtwag lê beslag op onwettige vuurwapen
| |

Sukses: AfriForum-buurtwag lê beslag op onwettige vuurwapen

Die AfriForum-buurtwag in Germiston, Gauteng, het op Vrydag 30 September beslag gelê op ’n onwettige vuurwapen van ’n verdagte op wie se spoor hulle die afgelope week was. Die Germiston-buurtwag het op 23 September inligting van die publiek ontvang oor ’n verdagte in die omgewing wat in besit was van ’n ongelisensieerde vuurwapen. Hulle het…

End of content

End of content