Rustenburg-tak se skoonmaakaksies ken geen perke nie
| |

Rustenburg-tak se skoonmaakaksies ken geen perke nie

AfriForum se Rustenburg-tak het in September ’n totaal van 5,1 hektaar gras gesny. Die fokusareas was by Wildevy-sentrum, op die hoek van Thabo Mbeki- en Bovenstraat, en Dawesstraat en Beyers Naudé-rylaan. In totaal is daar agt vragte tuinvullis weggery. Die areas was probleemareas aangesien dit in die dorp self was, en dit maklik vir misdadigers…

AfriForum se Klerksdorp-tak herstel waterlek
| |

AfriForum se Klerksdorp-tak herstel waterlek

Die AfriForum-tak in Klerksdorp het op 6 Oktober ’n foutiewe flens (“flange”) in die waterklep in Elandsheuwel- en Leemhuisstraat herstel nadat die munisipaliteit in gebreke gebly het om dit te doen en daar derduisende liter varswater verlore gegaan het. Dié waterlek het ook groot skade aan die oppervlak van Leemhuisstraat veroorsaak. Hierdie waterlek kom al…

AfriForum dien Paia-aansoek teen eThekwini-metro in
| |

AfriForum dien Paia-aansoek teen eThekwini-metro in

AfriForum het op 7 Oktober ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) ’n aansoek teen die eThekwini-metro gebring. AfriForum eis ’n verslag van die skade wat deur die oorstromings veroorsaak is, ’n tydskedule vir die herstel van die skade sowel as ’n verslag oor die rampfonds vir die April 2022 oorstromings….

Entrepreneur van die Jaar-kompetisie 2022: Hiér is die wenners
|

Entrepreneur van die Jaar-kompetisie 2022: Hiér is die wenners

AfriForum Sakenetwerk het op 28 en 29 September in samewerking met Akademia, Pretoria FM, Steyn IP en Kwikstert die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie by Seeplaas in Grootbrakrivier aangebied. Tydens dié spoggerige geleentheid is Bertha Lewis as wenner van dié kompetisie, wat vanaf 2017 aangebied word, aangewys. Bertha Lewis is die eienaar van Lingi in Afrikaans….

Vanderbijlpark-tak beveilig minisubstasie
| |

Vanderbijlpark-tak beveilig minisubstasie

AfriForum se Vanderbijlpark-tak het op 4 September ’n minisubstasie op die hoek van Da Vinci- en Moerdykstraat beveilig. Die transformator was te groot om in die oorspronklike kas te pas, waarna die Emfuleni-munisipaliteit dit bo-op dié kas geïnstalleer het. Dit is net so oop en bloot gelos wat ’n gevaar vir die gemeenskap inhou. Die…

Kaapstad-Noord-tak fokus op selfstandigheid
| |

Kaapstad-Noord-tak fokus op selfstandigheid

AfriForum se Kaapstad-Noord-tak het op 1 Oktober altesaam 20 vrugtebome waaronder appel-, peer-, pruim-, nartjie-, lemoen-, nektarien- en appelkoosbome sowel as ’n klomp kratte, waarin die vrugte tydens oestyd gestoor kan word, aan die groep Jesus in Aksie (JiA) oorhandig. Die JiA-groep het tien van die bome by die groep se Lasarus Stoor by die…

Sasolburg-tak wy Hoëveldse Tuine met ’n tuinfees in
| |

Sasolburg-tak wy Hoëveldse Tuine met ’n tuinfees in

Die AfriForum-tak in Sasolburg het op 1 Oktober die Hoëveldse Tuine met ’n heerlike tuinfees ingewy. Dié tak het die opknapping en versorging van hierdie tuine, om hulle van totale verval te red, ’n geruime tyd terug oorgeneem. Baie werk is reeds aan die tuine gedoen en dit lyk aansienlik beter as ’n jaar gelede….

AfriForum se takke in Kalahari neem aan nasionale projekte deel
| |

AfriForum se takke in Kalahari neem aan nasionale projekte deel

Die AfriForum-takke in Upington, Kakamas, Keimoes, Kuruman, Kathu, Williston en Springbok het gedurende September aan dié organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem. Hierdie projek behels die toets van die dorpe se drinkwater asook die behandelde rioolwater wat terug in die sisteem geplaas word. Hierdie takke het ook aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem. Daar is altesaam…

Noord van die berg-tak se tuinspan woeker voort
| |

Noord van die berg-tak se tuinspan woeker voort

AfriForum se Noord van die berg-tak se tuinspan se hande staan vir niks verkeerd nie. Hulle het die laaste week in September hard in Pretoria-Noord gewoeker. Dié span het meer as 200 swartsakke se vullis opgetel en verwyder. Die volgende areas is skoongemaak: Pretoria-Noord se stadsaal in Emily Hobhousestraat, Suur Klapper-park, Monumentpoort-park in President Steynstraat,…

Potchefstroom-buurtwag bied skietopleiding aan
| |

Potchefstroom-buurtwag bied skietopleiding aan

Die AfriForum-buurtwag in Potchefstroom het op 1 Oktober ’n skietdag vir patrollielede en hul gades aangebied. Daar is voorsiening gemaak vir groentjies wat vir die eerste keer geskiet het sowel as vir gesoute skuts. Altesaam 27 lede, wat ook kinders insluit, het aan die dag deelgeneem. Die baan was baie goed uitgelê en die groentjies…

End of content

End of content