Traumavrywilligers prakties opgelei om by plaasaanvalle en geweldsmisdade te help
| |

Traumavrywilligers prakties opgelei om by plaasaanvalle en geweldsmisdade te help

AfriForum se traumaeenheid het op 8 Oktober in Stellenbosch nege vrywilligers opgelei om slagoffers van plaasaanvalle en geweldsmisdade op die toneel by te staan. Weens die toename in hierdie tipe misdade in landelike gebiede, het die behoefte aan traumaondersteuning toegeneem. Izel Kruger en Johan Kloppers, traumaberaders van AfriForum se traumaeenheid, het dié vrywilligers in die…

Apiesrivier-buurtwag trek verdagte tydens plaasroof vas
| |

Apiesrivier-buurtwag trek verdagte tydens plaasroof vas

AfriForum se Apiesrivier-buurtwag het op 9 Oktober in samewerking met ander rolspelers een van drie gewapende mans tydens ’n plaasroof vasgetrek. Omstreeks 06:00 Sondagoggend het drie gewapende mans ’n plaaswerker tydens ’n betalingstransakie oorrompel. Een van die verdagtes het met die kontant en ’n gesteelde selfoon op die vlug geslaan. Danksy die vinnige optrede deur…

AfriForum se Delmas-tak span saam met Delmas Herleef vir ’n beter dorp
| |

AfriForum se Delmas-tak span saam met Delmas Herleef vir ’n beter dorp

Die AfriForum-tak in Delmas, in samewerking met die vrywilligersgroep Delmas Herleef en verskeie borge vanuit die gemeenskap, bring sigbare vernuwing in Delmas. Die afgelope twee weke werk dié twee organisasies hand aan hand om slaggate op te vul en padtekens oor te verf. Daar word goeie vordering met die opvul van slaggate gemaak. Die Delmas-tak…

Staat faal opkomende boere: Inligting rakende stryd vir grondsekerheid bekendgemaak
| |

Staat faal opkomende boere: Inligting rakende stryd vir grondsekerheid bekendgemaak

Die tragiese stories van mislukte grondhervormingprojekte en die lot van duisende begunstigdes wat finansieel swaarkry en sukkel om die mas op te kom, kan byna eksklusief voor die deur van korrupte en onbekwame staatsamptenare gelê word. Dít is duidelik uit die inligting wat suksesvolle opkomende boere van regoor die land vandag tydens ’n mediakonferensie in…

Nóú van kardinale belang om veiligheid op te skerp ná reeks wrede plaasaanvalle
|

Nóú van kardinale belang om veiligheid op te skerp ná reeks wrede plaasaanvalle

AfriForum Gemeenskapsveiligheid doen ’n beroep op boere, wat nog nie by hul plaaslike veiligheidstrukture betrokke is nie, om onmiddellik betrokke te raak. Daar was onlangs ’n vlaag wrede plaasaanvalle en -moorde landswyd nadat die gelykheidshof beslis het dat die dreunsang “Kill the boer” nie haatspraak is nie. Ná hierdie uitspraak het AfriForum dit duidelik gemaak…

Wenners van AfriForum se Dink of Sink-debatskompetisie 2022 bekend!
| |

Wenners van AfriForum se Dink of Sink-debatskompetisie 2022 bekend!

Die afgelope naweek het die nasionale eindstryd van die Dink of Sink- onvoorbereide debatskompetisie in Centurion plaasgevind. Die vier beste junior en vier beste senior spanne uit die verrenoord-, noord-, sentraal- en suidstreek van die land het onderskeidelik hier teen mekaar te staan gekom om die wenners in beide kategorieë te bepaal. Vanjaar het Helpmekaar…

Hartbeespoort-tak blus vlamme
| |

Hartbeespoort-tak blus vlamme

Die AfriForum-tak in Hartbeespoort se brandbestrydingseenheid het op 6 Oktober omstreeks 20:00 binne minute op die toneel van ’n brand, wat in Ou Wapad langs ’n motorhandelaar aangemeld is, opgedaag. ’n Wendy-huis het aan die brand geslaan en die vuur het vinnig versprei. “Die feit dat die naaste brandweerstasie in Brits is, beteken dat die…

End of content

End of content