Stellaland-buurtwagte hou nasionale massapatrollie
| |

Stellaland-buurtwagte hou nasionale massapatrollie

Die AfriForum-buurtwagte in Stellaland, wat Bloemhof, Christiana, Delareyville, Biesiesvlei en Vryburg insluit, het op 14 Oktober in samewerking met die SAPD, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid op te skerp. Dié aksie het omstreeks 16:00 begin en tot ongeveer 04:00 die volgende oggend voortgeduur. Altesaam 83 patrolleerders…

Dis-Chem-herrie: Ondersteun apteke waar jý en jou geld welkom is
|

Dis-Chem-herrie: Ondersteun apteke waar jý en jou geld welkom is

Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel die rassistiese personeelbeleid van Dis-Chem ten sterkste en moedig sy meer as 308 000 lede aan om eerder gemeenskapsapteke te ondersteun. AfriForum het ’n aanlyn platform, AfriForum Sakenetwerk, waar plaaslike ondernemings gelys en moeiteloos gevind kan word. Nou kan jy maklik jou plaaslike gemeenskapsapteek op hierdie lys opspoor. “Dis-Chem is nie…

Sukses: Aanrander skuldig bevind nadat privaatvervolgingseenheid ingryp
| |

Sukses: Aanrander skuldig bevind nadat privaatvervolgingseenheid ingryp

Oupa Chembe (52) het vandag in die Krugersdorp Landdroshof skuldig gepleit op ’n klag van aanranding op Zander Oosthuizen (19). Oosthuizen was ten tyde van die voorval in September 2021 in sy skoolklere en is klein gebou teenoor Chembe wat ’n groot man van byna twee meter in lengte is. Die privaatvervolgingseenheid het by die…

Sukses: 87-jarige man skuldig bevind aan moord op sy vrou ná privaatvervolgingseenheid ingryp
| |

Sukses: 87-jarige man skuldig bevind aan moord op sy vrou ná privaatvervolgingseenheid ingryp

Regter Réan Strydom het vandag in die Hooggeregshof in Johannesburg vir Dieter Bergs (87) skuldig bevind aan moord met voorbedagte rade van sy vrou Genèe Bergs in 2014. Bergs is ook skuldig bevind aan vervalsing, die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen, die besit van ammunisie, uitgifte en dwarsboming van die gereg. Die hof het hierdie…

AfriForum ondersteun Laerskool Mikro met halfeeufeesvieringe
| |

AfriForum ondersteun Laerskool Mikro met halfeeufeesvieringe

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Kaapse kantoor het op 12 Oktober saam met die Laerskool Mikro en 200 ander feesgangers hul 50ste verjaarsdag gevier. Laerskool Mikro is een van die mees gesogte Afrikaans enkelmedium laerskole in die noordelike voorstede. Die skool se leuse “Waar kind, nog kind kan wees” is nie net woorde nie, maar word…

Chrissiesmeer-buurtwag ontvang toerusting om veiligheid op te skerp
| |

Chrissiesmeer-buurtwag ontvang toerusting om veiligheid op te skerp

Die nuwe AfriForum-buurtwag op Chrissiesmeer het op 5 Oktober toerusting ontvang om te help met die beveiliging van die dorp. Die lede spog nou met nuwe AfriForum-glimbaadjies, pepersproei, opvoubare kegels en ’n nasionale tweerigtingradio wat die Chrissiesmeer-buurtwag met alle buurtwagte in die provinsie in verbinding plaas. Daar is altesaam 17 AfriForum-buurtwagte in Mpumalanga. Hierdie toerusting…

AfriForum stel jongste episode in dokumentêre reeks oor Suid-Afrika se oop grense bekend
|

AfriForum stel jongste episode in dokumentêre reeks oor Suid-Afrika se oop grense bekend

Die tweede episode van die dokumentêre reeks Open Borders is vandag bekendgestel. Dié episode getiteld, “The Carjacker’s Carnival”, fokus op hoe die gebrek aan grensbeheer tussen Suid-Afrika en Mosambiek oorgrensmisdaad aanvuur. Die film ondersoek die gevolge wat gewone Suid-Afrikaners in die gesig staar as gevolg van die gemak waarmee die grens onwettig oorgesteek kan word…

Lisensiekantoorbeampte vas vir R1 miljoen se bedrog en korrupsie ná AfriForum ingryp
| |

Lisensiekantoorbeampte vas vir R1 miljoen se bedrog en korrupsie ná AfriForum ingryp

Die burgerregteorganisasie AfriForum se klagte by die Stad Tshwane oor beweerde bedrog en korrupsie van ’n beampte by ’n lisensiekantoor in Pretoria, het vrugte afgewerp nadat die beskuldigde beampte deur die SAPD in hegtenis geneem is. Die Stad Tshwane het ook bevestig dat ’n interne ondersoek teen die beskuldigde beampte geloods is en dat dissiplinêre…

Gauteng Premier ignoreer pleidooie van benadeelde skool om vernietiging daarvan stop te sit
| |

Gauteng Premier ignoreer pleidooie van benadeelde skool om vernietiging daarvan stop te sit

Phoenix High School in Vereeniging se skoolbeheerliggaam het AfriForum se privaatvervolgingseenheid genader vir dringende hulp, aangesien die Gautengse Departement van Onderwys hul desperate pleidooie bloot ignoreer. Hierdie skool word gekonfronteer met die vernietiging van dele van hul sportgronde om plek te maak vir ondernemings. Konsultasies met die skoolbeheerliggaam het onreëlmatighede in die verkoop van grond…

Hartbeespoort-tak verbeter strate
| |

Hartbeespoort-tak verbeter strate

Die AfriForum-tak in Hartbeespoort het in samewerking met die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit die paaie van hierdie dorp verbeter deur slaggate op te vul en padtekens oor te verf. Tot dusver is daar 30 liter padverf  en 2,5 ton teer gebruik. Die areas waarop daar gefokus is, is Marais-, Tielman-, Schubart-, Ou wapad-, Malan-, Kuyper- en…

End of content

End of content