AfriForum rapporteer Julius Malema aan die Menseregtekommissie; doen ’n beroep op lede om druk toe te pas
|

AfriForum rapporteer Julius Malema aan die Menseregtekommissie; doen ’n beroep op lede om druk toe te pas

Die burgerregteorganisasie AfriForum het klagtes teen die EFF-leier, Julius Malema, by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) ingedien vir aanhitsing van geweld en haatspraak. Dit volg nadat Malema tydens ’n EFF-saamtrek in die Wes-Kaap gesê het dat “you [EFF supporters] must never be scared to kill” en dat “a revolution demands that at some point there must…

Stellenbosch-buurtwag neem aan nasionale massapatrollie deel
| |

Stellenbosch-buurtwag neem aan nasionale massapatrollie deel

Die AfriForum-buurtwag in Stellenbosch het op 14 Oktober in samewerking met ABC-sekuriteit en die plaaslike SAPD aan die nasionale massapatrollie deelgeneem. Tydens die patrollie is daar ongeveer 740 km in en om die Stellenbosch-area gepatrolleer. Die Stellenbosch-buurtwag het ook hulle nuwe hommeltuig vir die patrollie vir lugbystand ingespan. Dié patrollie is gedoen om sigbaarheid op…

AfriForum bring hulde aan ontslape Leopold Scholtz
|

AfriForum bring hulde aan ontslape Leopold Scholtz

Dit is met groot leedwese wat AfriForum van die afsterwe van die Suid-Afrikaanse skrywer, historikus en politieke ontleder, dr. Leopold Scholtz in Nederland verneem het. Ons betuig ons innige meegevoel aan sy vrou Ingrid. Sy dood laat ’n leemte op die terrein van Afrikaner-geskiedenis en politieke ontleding wat moeilik gevul kan word. Volgens Alana Bailey,…

Bloemfontein-buurtwagte hou massapatrolie
| |

Bloemfontein-buurtwagte hou massapatrolie

Die AfriForum-buurtwagte in Bloemfontein het op 14 Oktober in samewerking met die plaaslike SAPD, die GPF, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid op te skerp. Dié aksie het omstreeks 20:00 begin en tot ongeveer 03:00 die volgende oggend voortgeduur. ’n Gesamentlike operasie deur AfriForum se lugvleuel, AfriForum…

AfriForum verleen hulp aan polisie tydens operasie in Ermelo
| |

AfriForum verleen hulp aan polisie tydens operasie in Ermelo

Die AfriForum-buurtwag in Ermelo het op 13 Oktober in samewerking met Spartan Training die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gehelp tydens ’n operasie waar onwettige mynbedrywighede geteiken is. Gedurende die operasie het AfriForum hulp verleen met lugbystand sowel as inligting aan die SAPD gekommunikeer. Altesaam 271 arrestasies is uitgevoer en verskeie voertuie is gekonfiskeer. Meer as die…

AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek Laerskool Muldersdrif
| |

AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek Laerskool Muldersdrif

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 14 Oktober die Laerskool Muldersdrif besoek. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in. “Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Veilige…

Kaapstad-Noord-buurtwag neem deel aan nasionale patrollie
| |

Kaapstad-Noord-buurtwag neem deel aan nasionale patrollie

Die AfriForum-buurtwag in die noordelike voorstede van Kaapstad, wat Kraaifontein, Bellville, Parow, Goodwood en Brackenfell insluit, het op 14 en 15 Oktober aan ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede deelgeneem. Die hoofdoel van die patrollie was om sigbaarheid te verhoog in die onderskeie gebiede en sodoende misdaad teen te werk. Die aksie het omstreeks 19:00…

Boland-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel
| |

Boland-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel

Die AfriForum-buurtwagte in die Boland het op 14 en 15 Oktober in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie gehou. Die doel van die nasionale patrollie is om die vlaag van misdaad wat die land kniehalter hok te slaan. Die patrollie het Vrydag omstreeks 16:00 begin en tot ongeveer…

Teleurstelling oor nog ’n vertraging in die doodsondersoek ná dood van Nengwane in polisie-aanhouding
| |

Teleurstelling oor nog ’n vertraging in die doodsondersoek ná dood van Nengwane in polisie-aanhouding

AfriForum se privaatvervolgingseenheid is diep teleurgesteld nadat die geregtelike doodsondersoek van Solomon (Solly) Nengwane weer uitgestel is. Die saak is vandag in die Brits-landdroshof tot 16 Januarie volgende jaar uitgestel weens klaarblyklike versuim deur die kantoor van die staatsprokureur om die ooreengekome finansiële bystand aan die persone van belang te verskaf. Nengwane is op 6…

Mooirivier-buurtwagte neem deel aan nasionale patrollie
| |

Mooirivier-buurtwagte neem deel aan nasionale patrollie

Die AfriForum-buurtwagte in Mooirivier het in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie op 14 en 15 Oktober 2022 in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep. Die aksie het omstreeks 18:00 begin en tot 03:00 die volgende oggend voortgeduur. Altesaam 221 patrolleerders het aan die patrollie…

End of content

End of content