Klerksdorp se Songloed-buurtwag herstel straatligte as deel van #OnsDorp-projek
| |

Klerksdorp se Songloed-buurtwag herstel straatligte as deel van #OnsDorp-projek

AfriForum se Songloed-buurtwag en werkernemers van die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit het op 29 Oktober ’n groot verskil in Songloed en Elandsheuwel gemaak deur ’n aantal straatligte te herstel. Misdaad in die area het toegeneem as gevolg van straatligte wat nie werk nie en die gebied in donkerte hul. Die munisipaliteit het onderdele en toerusting voorsien…

Hartbeesfontein-buurtwag ondersteun groenteprojek
| |

Hartbeesfontein-buurtwag ondersteun groenteprojek

Die saailinge wat AfriForum se Hartbeesfontein-buurtwag in Julie aan die SAVF Evanna Tehuis geskenk het, het al groente gedra wat nou deur dié tehuis aangewend word. Die buurtwag het ook organiese bemesting aan die tehuis geskenk. Die bestuur en inwoners van die tehuis het die saailinge ná die skenking dadelik in hulle kweektonnels geplant en…

AfriForum-tak in Klerksdorp woeker met #OnsDorp-projek
| |

AfriForum-tak in Klerksdorp woeker met #OnsDorp-projek

AfriForum se Klerksdorp-tak het op 29 Oktober die tweede fase van die #OnsDorp-projek in Murantiweg afgehandel. Die area vanaf Buffeldoornpad tot by Boekenhoutweg se gras is aan beide kante gesny, bome is gesnoei en vullis is verwyder. In hierdie fase is daar op opruiming van die die woongebied se Buffeldoornpad-ingang gefokus. Die span van 12…

Deneys- en Oranjeville stig AfriForum-tak
| |

Deneys- en Oranjeville stig AfriForum-tak

Op aanvraag van die gemeenskappe van Deneys- en Oranjeville, is daar Donderdagaand, 27 Oktober, ’n inligtingsvergadering gehou met die oog op die moontlikheid om ’n AfriForum-tak te stig. Die behoefte het ontstaan omdat die dorpe onder swak munisipale bestuur asook misdaad gebuk gaan. Aangesien 100 taklede nodig is om ’n AfriForum-tak te stig, is daar…

Oranjerivier nou rivier van riool
| |

Oranjerivier nou rivier van riool

Die AfriForum-tak in Upington het op 27 Oktober ’n brief aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit gerig nadat dit onder dié tak se aandag gekom het dat die munisipaliteit al vir die afgelope paar jaar duisende liters rou riool in die Oranjerivier inpomp om kostes te bespaar. Die rioolwater moet aanvanklik eers deur ’n suiweringsproses…

Privaatvervolgingseenheid en NDBV appelleer teen “onreëlmatige” bevinding in Thandi Modise-saak
|

Privaatvervolgingseenheid en NDBV appelleer teen “onreëlmatige” bevinding in Thandi Modise-saak

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het op 25 Oktober 2022 hofstukke beteken vir die appèl teen die Potchefstroomse Streekhof se ontslag kragtens artikel 174 van die Strafproseswet van Thandi Modise. Die eenheid tree op namens die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) wat vir Modise, die minister van Verdediging, privaat vervolg op klagtes van dieremishandeling. Die appèl sal op 10…

Uitslae van opvolgwatertoetse van Parys-drinkwater skokkend
| |

Uitslae van opvolgwatertoetse van Parys-drinkwater skokkend

Die AfriForum-tak in Parys het Maandag weer die drinkwater in Parys laat toets om vas te stel of die munisipaliteit intussen ’n poging aangewend het om die watergehalte te verbeter. Die uitslae was egter skokkend en swakker as ooit. Die AfriForum-tak het onmiddellik weer ’n waarskuwing aan die inwoners uitgereik om die water eers te…

AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek Hoërskool Durbanville
| |

AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek Hoërskool Durbanville

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan en adv. Phyllis Vorster het op 26 Oktober die Hoërskool Durbanville besoek. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole, en was ook deel van vanjaar se Anti-boelieveldtog wat die Hoërskool Durbanville vir die gemeenskap, wat die leerders, onderwysers en ouers insluit, aangebied het. “Dit is vir AfriForum belangrik…

Heilbron-tak werf AfriForum-lede met gholfdag
| |

Heilbron-tak werf AfriForum-lede met gholfdag

Die AfriForum-tak in Heilbron het op 22 Oktober ’n gholfdag aangebied om die gemeenskap aan dié burgerregteorganisasie bekend te stel en ook om lede te werf. Altesaam 45 spelers het aan die gholfdag deelgeneem. Die wins wat op die dag gemaak is, sal aangewend word by die plaaslike kinderhuis en die tehuis vir bejaardes. Intussen…

Parys-tak rig dringende brief aan Eskom en Ngwathe Munisipaliteit oor kragkrisis
| |

Parys-tak rig dringende brief aan Eskom en Ngwathe Munisipaliteit oor kragkrisis

AfriForum het vanoggend ’n dringende brief aan Eskom en die Ngwathe Munisipaliteit gerig oor die kragkrisis waarin die inwoners van Parys hulle sedert gister bevind. Benewens die feit dat die inwoners reeds onder beurtkrag en die sogenaamde “smartiekrag”, wat ekstra beurtkrag is, gebuk gaan, het die hele kragstelsel weens verskeie probleme, gister totaal uitgeknikker. Weens…

End of content

End of content