Privaatvervolgingseenheid staan slagoffer van “babasmous” by
| |

Privaatvervolgingseenheid staan slagoffer van “babasmous” by

AfriForum se privaatvervolgingseenheid staan tans vir Sonia Leithgöb by in die staat se saak teen Letitia van den Berg op klagtes van bedrog. Leithgöb het die eenheid genader nadat sy strafregtelike klagtes teen Van den Berg gelê het omdat sy na bewering as ’n privaat maatskaplike werker ’n wanvoorstelling aan Leithgöb en haar man gemaak…

AfriForum bied opleiding in trauma-ondersteuning aan
|

AfriForum bied opleiding in trauma-ondersteuning aan

AfriForum se trauma-eenheid het nege vrywilligers gewerf en op 5 November in George opgelei om slagoffers van plaasaanvalle en geweldsmisdaad op die toneel by te staan. Weens die toename in hierdie tipe misdade in landelike gebiede, het die behoefte aan trauma-ondersteuning op die tonele toegeneem. Izel Kruger en Johan Kloppers, beide traumaberaders van AfriForum se…

Kamieskroon-tak skenk boorgatpompe aan gemeenskap
| |

Kamieskroon-tak skenk boorgatpompe aan gemeenskap

AfriForum se Kamieskroon-tak het op 8 November twee boorgatpompe elk met ’n kontrolebord aan die Kamiesberg-munisipaliteit geskenk en geïnstalleer. Die munisipaliteit het hand bygesit en die plaaslike elektrisiën het al die bedrading gedoen. Die munisipaliteit het ’n span werkers verskaf om die tak met die werk en installering van die pompe by te staan. Kamiesberg-munisipaliteit…

Energie-indaba: Innoverende energie-oplossings vir munisipaliteite nou nodig om volhoubare gemeenskappe te bou
|

Energie-indaba: Innoverende energie-oplossings vir munisipaliteite nou nodig om volhoubare gemeenskappe te bou

Die Afrikaner-Afrika Inisiatief (AAI), wat twaalf Afrikaner-organisasies en leiers verteenwoordig, het met die ondersteuning van die Konrad-Adenauer-Stiftung en AfriForum ’n energie-indaba vir plaaslike owerhede georganiseer. Die AAI het beklemtoon dat gemeenskappe moet saamwerk om innoverende oplossings vir die voortslepende energiekrisis te vind. Die indaba is deur die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, geopen en het…

Witrivier-buurtwag: Nuwe kaart in raadsaal van plaaslike polisie bevorder veiligheid
| |

Witrivier-buurtwag: Nuwe kaart in raadsaal van plaaslike polisie bevorder veiligheid

AfriForum se Witrivier-buurtwag het op Woensdag 9 November ’n gedetailleerde kaart van die omgewing in die Witrivier-polisiekantoor se raadsaal opgehang. Dié kaart bevat omvattende inligting van die omgewing en dui die hoofroetes aan. Die kaart is opgehang om die polisie met gebeurlikheidsbeplanning te help en om tydens operasies duidelike inligting op die kaart aan te…

AfriForum-buurtwag in Klerksdorp vervang onveilige stoptekens
| |

AfriForum-buurtwag in Klerksdorp vervang onveilige stoptekens

AfriForum se Songloed-buurtwag in Klerksdorp het op 8 November, onder leiding van Abrie van Wyk, ’n buurtwaglid, sewe stoptekens in Songloed vervang of nuut opgerig. Die nuwe stoptekens is op die hoeke van Oosthuizenlaan en Elandsheuvelstraat, Logan- en Wesselsstraat, Leemhuis- en Wesselstraat, asook Donald- en Greystrate. Die gebrek aan sigbare stoptekens was ‘n groot veiligheidsrisiko….

Middelburg-man uiteindelik vervolg nadat twee in botsing sterf
| |

Middelburg-man uiteindelik vervolg nadat twee in botsing sterf

Lede van AfriForum se privaatvervolgingseenheid was vandag in die Streekhof in Middelburg waar Xholane Singwayo teregstaan op twee klagtes van strafbare manslag. Dié klagtes volg nadat Singwayo op 31 Maart 2019 in Middelburg na bewering die dood van Steven Wilson (59) en sy seun Raymond Wilson (30) veroorsaak het. ’n Ooggetuie het gesien hoe Singwayo…

Wes-Moot-tak hou veiligheidsaksie saam met verskeie rolspelers
| |

Wes-Moot-tak hou veiligheidsaksie saam met verskeie rolspelers

AfriForum se Wes-Moot-tak het op 5 November in samewerking met die SAPD, die Hercules-gemeenskapspolisiëringsforum, die Departement van Binnelandse Sake en die Departement van Korrektiewe Dienste aan ’n misdaadvoorkomingsaksie in die Hercules-omgewing deelgeneem. Tydens die aksie is daar onder meer gefokus op die arrestasie van onwettige immigrante, die onwettige verkoop van drank, dwelmhandel en padverkeerswetoortredings. ’n Aantal…

Lichtenburg-tak gaan voort om slaggate op te vul
| |

Lichtenburg-tak gaan voort om slaggate op te vul

AfriForum se Lichtenburg-tak het gedurende Oktober slaggate in hierdie dorp opgevul. Die areas waarop gefokus is, sluit Kerk-, Greef-, Buchanan- en Kerkpleinstraat in. Daar is ’n totaal van 322 vierkante meter se gate met 22,4 ton teer en 3 dromme Ss60 bitumen opgevul.  Diep slaggate is met ’n mengsel van sement en gruis opgevul en…

Thabazimbi-tak plant bome vir die toekoms
| |

Thabazimbi-tak plant bome vir die toekoms

AfriForum se Thabazimbi-tak het op 1 en 2 November ’n groot verskil in hulle onmiddellike omgewing gemaak.  Dié tak en Hoërskool Frikkie Meyer het saamgespan en tien gate op die skoolterrein gegrawe om bome te plant. Daar is vrugtebome, agt verskillende sitrusbome en twee lietsjiebome geplant wat die tak geskenk het. Die bome word in…

End of content

End of content