Oudtshoorn-buurtwagte verhoog sigbaarheid
| |

Oudtshoorn-buurtwagte verhoog sigbaarheid

AfriForum se Oudtshoorn-buurtwag het op Vrydag 25 November in samewerking met die Oudtshoorn SAPD, die munisipale verkeersdepartement, verskeie wetstoepassers en sekuriteitsmaatskappye vanaf 18:00 ’n massapatrollie gehou. Terselfdertyd het die De Rust-buurtwag, wat onlangs gestig is en ook onder die Oudtshoorn-tak resorteer, bewustheid in hul omgewing bevorder deur hul eie massapatrollie in De Rust te hou….

16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders blote lippediens vir regering
| |

16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders blote lippediens vir regering

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandag weereens in die Brits-streekhof beleef dat die regering se sogenaamde toewyding tot die geveg teen geweld teen vroue en kinders blote lippediens is. Dit volg nadat ’n saak van kindermolestering van ’n dogtertjie (nou 10), wat reeds vier jaar gelede aangemeld is en steeds nie op verhoor gegaan het nie,…

Paulpietersburg-tak installeer gevorderde kamerastelsel
| |

Paulpietersburg-tak installeer gevorderde kamerastelsel

Die AfriForum-tak in Paulpietersburg het twee gevorderde aMadlozi-kameras op strategiese plekke in hierdie KwaZulu-Natalse dorp opgerig. Dit vorm deel van die Paulpietersburg-tak se strategie om van tegnologie gebruik te maak om misdaad in die gemeenskap te help bekamp. “Ons het besluit om van die aMadlozi-kamerastelsel gebruik te maak, aangesien dit alreeds in groter dele van…

Jeffreysbaai-buurtwag hou gesamentlike patrollie
| |

Jeffreysbaai-buurtwag hou gesamentlike patrollie

AfriForum se Jeffreysbaai-buurtwag het op 18 November saam met verskeie rolspelers soos Exec Ops, ADT, G4S-sekuriteitsdienste en die plaaslike polisie ’n gesamentlike patrollie vir bewusmaking gehou. Daar het sowat 15 voertuie en 22 mense altesaam aan die patrollie deelgeneem. ’n Voertuig van die SAPS se K9-eenheid van Humansdorp sowel as twee misdaadvoorkomingsvoertuie van die plaaslike…

Lid van Kaapstad-Noord-buurtwag arresteer vermeende inbreker
| |

Lid van Kaapstad-Noord-buurtwag arresteer vermeende inbreker

’n Lid van AfriForum se Kaapstad-Noord-buurtwag het op Woensdag 24 November ’n vermeende inbreker gearresteer. Johan en Yolanda Fritz was om ongeveer 07:15 besig om hul huis vir werk te verlaat, toe ’n  verdagte persoon by hulle verby hardloop. ’n Vrou onder in die straat het geskreeu dat hulle die man moet vang omdat hy…

Parys se drinkwaterramp by die Departement van Gesondheid en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes aangemeld
| |

Parys se drinkwaterramp by die Departement van Gesondheid en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes aangemeld

AfriForum se Parys-tak het vandag die voortslepende haglike toestand van die drinkwater in die dorp by die Departement van Gesondheid en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS)  aangemeld. Die tak vra dat hierdie departemente in hierdie haglike omstandighede sal ingryp voordat daar ernstige siektes in Parys uitbreek wat selfs met lewensverlies gepaard kan gaan….

AfriForum help gesin om TMPD-rampokkers aan te kla
| |

AfriForum help gesin om TMPD-rampokkers aan te kla

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het gister vir Yolandi en Neels Groenewald gehelp met die lê van strafregtelike klagtes van afpersing en korrupsie teen lede van die Tshwane-metropolisie (TMPD). Dié klagtes is by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion gelê nadat die Groenewald-egpaar en hul minderjarige seun (14) op die Maandagaand van 22 Augustus na bewering deur ongeveer sewe…

Sakenetwerk bied Besigheidsbytjies-entrepreneursopleiding aan Solidariteit Helpende Hand-sentrumbestuurders
|

Sakenetwerk bied Besigheidsbytjies-entrepreneursopleiding aan Solidariteit Helpende Hand-sentrumbestuurders

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Besigheidsbytjiesspan het op 23 November Solidariteit Helpende Hand in Centurion besoek om entrepreneursopleiding aan die sentrumbestuurders van die Helpende Hand Ons Plekke te bied. Dit vorm deel van Entrepreneursmaand. Die Ons Plek-gemeenskapsentrums dien kinders van die gemeenskap deur naskoolse versorging, hulp met huiswerk, voorsiening van kos en ook deur ander behoeftes…

Skokkende misdaadstatistieke bewys dat dit tyd is vir devolusie van polisiemagte
|

Skokkende misdaadstatistieke bewys dat dit tyd is vir devolusie van polisiemagte

Die skokkende toename in misdaad in Suid-Afrika is ’n duidelike bewys dat die SAPD onder leiding van minister van Polisie, Bheki Cele, na bewering misluk het om sy mandaat af te dwing en dit is tyd om die SAPD se magte af te wys. Die SAPD is veels te lank deur swak politieke leierskap, korrupsie,…

Hoogtyd om kommandostelsel weer in die lewe te roep
|

Hoogtyd om kommandostelsel weer in die lewe te roep

AfriForum Gemeenskapsveiligheid het die minister van Verdediging, Thandi Modise, genooi om met die organisasie te vergader. Dit volg nadat die minister tydens ’n onlangse debat oor oorgrensmisdaad gesê het dat sekere aspekte van die voormalige kommandostelsel weer in die lewe geroep moet word. Die kommandostelsel, wat in 2003 ontbind is, was ’n uiters effektiewe veiligheidstelsel…

End of content

End of content