AfriForum se Westonaria-tak skenk elektriese toerusting aan Wes-Rand-munisipaliteit
| |

AfriForum se Westonaria-tak skenk elektriese toerusting aan Wes-Rand-munisipaliteit

AfriForum se Westonaria-tak het op 5 Desember elektriese toerusting aan die Wes-Rand-munisipaliteit in Westonaria geskenk. Dié skenking het uit 400 verskillende klein vervormbare metaalbuise van koper (“ferrules”) en ’n boks isolasieband bestaan. Die “ferrules” word gebruik om kabels en elektriese drade te heg en te verbind en die isolasieband word gebruik om die drade wat…

AfriForum se trauma-vrywilligers prakties opgelei om by plaasaanvalle te help
|

AfriForum se trauma-vrywilligers prakties opgelei om by plaasaanvalle te help

AfriForum se traumaeenheid het op 19 November opleiding aan 31 vrywilligers gegee om slagoffers op die toneel te ondersteun. Agt vrywilligers van die Apiesrivier-, Pyramid-, Lynnwood Manor- en Centurion-buurtwagte in Gauteng het die opleiding bygewoon. Hulle het by AfriForum se traumaeenheid vir praktiese opleiding bymekaargekom. Weens die toename in plaasaanvalle en geweldsmisdaad in die landelike…

AfriForum leer kinders hoe om veilig te bly gedurende feesseisoen
|

AfriForum leer kinders hoe om veilig te bly gedurende feesseisoen

AfriForum Gemeenskapsveiligheid het op 5 Desember ’n voorlegging aan kleuterskoolkinders in Durbanville gedoen wat hulle met wenke bemagtig oor hoe om veilig te bly tydens die feestyd. Die sessie is deur verskeie kinders in die omgewing bygewoon en is by AfriForum se Durbanville-takkantoor aangebied. Die projek vorm deel van die #MyStraat-projek, wat deur AfriForum in…

Potchefstroom-tak sny gras by Alexander Park
| |

Potchefstroom-tak sny gras by Alexander Park

AfriForum se Potchefstroom-tak het op 2 Desember ingespring en die lang gras in die Alexander Park-begraafplaas gesny. Behalwe vir die tak se eie grassnyer, het lede ook ’n trekker met ’n snyer en twee kleiner grassnyertrekkers, gebring waarmee hulle gehelp het om die gras te sny. Van die bome is ook gesnoei. Die tak beplan…

AfriForum neem regsaksie om deursigtigheid van Transnet-kontrakte te verseker
|

AfriForum neem regsaksie om deursigtigheid van Transnet-kontrakte te verseker

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) op Transnet beteken. AfriForum se aansoek eis onder meer inligting oor alle aktiewe kontrakte wat Transnet met sy diensverskaffers vir vervoer en sekuriteit gesluit het sowel as besonderhede oor die toestand van Transnet se hawe-, trein- en…

AfriForum Durbanville-tak maak dorp mooi vir feestyd
| |

AfriForum Durbanville-tak maak dorp mooi vir feestyd

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Durbanville-tak het op 3 Desember hierdie dorp netjies gemaak ter voorbereiding van die feestyd. Die gras in Kerkstraat en Race Courseweg, wat lank en slordig vertoon het, is gesny. Die lang gras hou ook ’n veiligheidsrisiko en die tak wil graag hê dat toeriste hierdie komende vakansie ’n skoon en veilige…

AfriForum-reeks bied regsekerheid aan boere
|

AfriForum-reeks bied regsekerheid aan boere

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ’n reeks, Die boer en die reg, vervaardig met die doel om meer regsekerheid vir boere te skep rakende verskeie uitdagings wat landelike bewoners in Suid-Afrika in die gesig staar. Dit raak daagliks ’n groter uitdaging om in Suid-Afrika te boer en in landelike omgewings te woon. Boere moet hulle ongelukkig…

Verdere vertragings in verkragtingsaak ’n teleurstellende terugslag vir geregtigheid
| |

Verdere vertragings in verkragtingsaak ’n teleurstellende terugslag vir geregtigheid

In die week wat president Cyril Ramaphosa sy hele weeklikse nuusbrief aan die plaag van geslagsgebaseerde geweld opgedra het, het die Streekhof in Somerset-Oos ’n verkragtingsaak vir ’n verdere vyf maande uitgestel. Dit is nóg ’n teleurstellende aanduiding dat die howe nie die vereiste dringendheid het om sake van so ’n erns te finaliseer nie….

Sasolburg-tak sluit jaar met Kersmark in die Hoëveldse Tuine af
| |

Sasolburg-tak sluit jaar met Kersmark in die Hoëveldse Tuine af

AfriForum se Sasolburg-tak het die jaar se werk op 26 November met ’n heerlike Kersmark in die Hoëveldse Tuine afgesluit. Die afgelope maand is 37,5 ha gras in Sasolburg gesny – baie daarvan in die Hoëveldse Tuine. Dié tuine is deur die tak oorgeneem en is al baie mooi opgeknap. Alhoewel die reёn, wat vir…

Deneysville-tak amptelik gestig
| | |

Deneysville-tak amptelik gestig

AfriForum se Deneysville-tak is Donderdag 24 November amptelik gestig. Oranjeville is by hierdie tak ingedeel totdat hulle genoeg lede het om hul eie tak te stig. Die bestuur bestaan uit Chris Els (voorsitter), Duncan D’Abreton (ondervoorsitter), Marie Rudman (sekretaris), Mike Gardener (tesourier), Dirk Manten (veiligheid), Glenn McCarrol (omgewingsake) en Linton Logie (plaaslikeregeringsake). Phil Voges verteenwoordig…

End of content

End of content