AfriForum se Groblersdal-tak bemagtig jeug
| |

AfriForum se Groblersdal-tak bemagtig jeug

AfriForum se Groblersdal-tak het op 13 en 14 Januarie ’n leierskapontwikkelingskursus by die CVO Gromar Landbou Akademie aan die nuut verkose gr. 7-leiers van die CVO Gromar Landbou Akademie en die CVO Marmer Skool aangebied. In dié kursus is konflikhantering, probleemoplossing, kommunikasievaardighede, en noodhulp bespreek. Die tema “Elkeen is ’n leier”, leierskapseienskappe en leierskapstyle is…

Vanderbijlpark-tak skop 2023 af met skoonmaakprojek
| |

Vanderbijlpark-tak skop 2023 af met skoonmaakprojek

Die AfriForum-tak in Vanderbijlpark het op 14 Januarie 2023 die nuwe jaar op ’n hoë noot afgeskop en ongeveer 60 sakke vullis gedurende ’n skoonmaakprojek in ’n reuse-veld in Adderleystraat verwyder. Die gemeenskap het hierdie tak genader om die veld, wat sowat twee hektaar groot is, skoon te maak waarna 15 AfriForum-lede en 10 gemeenskaplede…

Sukses: AfriForum-buurtwag trek voertuigdief vas
| |

Sukses: AfriForum-buurtwag trek voertuigdief vas

Op Saterdag 14 Januarie het AfriForum-buurtwaglede en ander rolspelers gehelp met die arrestasie van ’n vermeende voertuigdief in Benoni, Gauteng. ’n Waaksame gemeenskapslid het die gesteelde voertuig opgemerk wat van die misdaadtoneel wegjaag en ’n plaaslike veiligheidsmaatskappy en buurtwaglede in kennis gestel. Die voertuig is tot by die Lakeside Mall agternagesit, waar die verdagte die…

AfriForum se Hartbeespoort-tak help om huisbrand te blus
| |

AfriForum se Hartbeespoort-tak help om huisbrand te blus

Danksy die spoedige ingryping van die Hartbeespoort-tak se vrywillige vuurvegterspan, is ’n huisbrand op 11 Januarie geblus voordat dit versprei en enige skade aan ander eiendom kon aanrig. Die brand het omstreeks 10:04 by ’n huis in die Melodie-woonbuurt uitgebreek. PWV Security Service het die vuurvegterspan na die toneel ontbied. Hierdie span het die brand…

Kaapstad-Noord-tak red aanrandingslagoffer uit man se kloue
| |

Kaapstad-Noord-tak red aanrandingslagoffer uit man se kloue

AfriForum se Kaapstad-Noord-tak het op 12 Januarie ’n vrou te hulp gesnel wat deur haar man aangerand word. Yolanda Fritz van die Kaapstad-Noord-tak het omstreeks 17:48 op ’n vrou in nood se hulpkrete gereageer. Fritz het ondersoek ingestel en in die rigting beweeg waar die geskreeu vandaan gekom het totdat sy by ’n huis aangekom…

President Ramaphosa se hele kabinet moet verantwoording doen vir Eskom se skuldlas
| |

President Ramaphosa se hele kabinet moet verantwoording doen vir Eskom se skuldlas

Provinsiale en nasionale departemente dra ook aansienlike blaam vir beurtkrag en nie slegs munisipaliteite nie, meen die burgerregte-waghond AfriForum. Die afskryf van Soweto se skuld aan Eskom gaan niks doen om die werklike probleem op te los nie en president Cyril Ramaphosa moet na sy eie kabinet se prestasie kyk vir die oorsaak van die…

Benoni-tak ruim paaie op ná erge reënstorms
| |

Benoni-tak ruim paaie op ná erge reënstorms

Die AfriForum-tak in Benoni het vroeër vandeesmaand ingespring en paaie opgeruim nadat hewige reënbuie verwoesting gesaai het in hierdie Oos-Randse dorp. Hierdie aksie het op 6 en 7 Januarie 2023 plaasgevind nadat bome onder meer in paaie en op voertuie omgeval het. Spanne is ontplooi en AfriForum-taklede het in samewerking met plaaslike veiligheidsmaatskappye die verkeersvloei…

NVG neem stappe om verdere vertragings te verhoed in saak van man wat MIV “doelbewus versprei”
| |

NVG neem stappe om verdere vertragings te verhoed in saak van man wat MIV “doelbewus versprei”

AfriForum se privaatvervolgingseenheid is teleurgesteld oor nog ’n vertraging in die poging tot moord- en verkragtingsaak teen ’n voormalige lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW). Die eenheid word egter bemoedig deur die stappe wat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) neem om te verseker dat daar geen verdere vertragings in die verhoor van die saak is…

Lede van Centurion-buurtwag verleen hulp aan vrou
|

Lede van Centurion-buurtwag verleen hulp aan vrou

AfriForum se Centurion-buurtwaglede het op 9 Januarie ’n noodboodskap per Telegram van ’n vrou ontvang wat langs die N1-snelweg tussen die Bothalaan- en Rigel-afrit gestrand was. Die vrou moes noodgedwonge weens ’n pap band van die pad aftrek. Die N1 is bekend vir voorvalle van misdaad daarom het die buurtwaglede dadelik gereageer. Hulle was binne…

Apiesrivier-buurtwag en ander veiligheidsrolspelers voer sigbaarheidspatrollie uit
|

Apiesrivier-buurtwag en ander veiligheidsrolspelers voer sigbaarheidspatrollie uit

AfriForum se Apiesrivier-buurtwag het op 6 Januarie ’n sigbaarheidspatrollie in samewerking met die Apiesrivier-Noord-gemeenskapspolisiëringforum (GPF) en die Hammanskraal-polisie uitgevoer. Die patrollie is uitgevoer om sigbaarheid van die Apiesrivier-buurtwag in die area te verhoog en sodoende die kriminele aktiwiteit weg te dryf. Daar was altesaam 37 voertuie asook 88 lede van die gemeenskap en die SAPS…

End of content

End of content