Beeldmateriaal duik op van Kaapstadse sakeman wat sy vrou en kind aanval
| |

Beeldmateriaal duik op van Kaapstadse sakeman wat sy vrou en kind aanval

Die wrede werklikheid van geslagsgebaseerde geweld is weer blootgelê met die verskyning van skokkende kringtelevisiebeeldmateriaal wat ’n man uitbeeld wat na bewering sy vrou aanrand terwyl hul dogter haar ma probeer beskerm. AfriForum se privaatvervolgingseenheid tree namens die ma en kind op. Die beskuldigde het gister in die Bellville-landdroshof in Kaapstad op verskeie aanklagte van…

AfriForum se Bultfontein-tak reorganiseer
| |

AfriForum se Bultfontein-tak reorganiseer

Die AfriForum-tak in Bultfontein het op 23 Januarie 2023 ’n gemeenskapsvergadering gehou waartydens die tak gereorganiseer en nuwe bestuurslede verkies is. Die nuwe takbestuur is: Nico Foulds (voorsitter), Martin Maartens (ondervoorsitter), Marthie Raymond (tesourier), Marizette Earle (sekretaris), Tony Swanepoel (gemeenskapsveiligheid), Lerika Swanepoel (plaaslikeregeringsake), Charles Raymond (omgewingsake) en Shirea Swanepoel (jeug). Chris Morgan, AfriForum se distrikskoördineerder…

AfriForum gee riglyne vir installering van sonkragtegnologie vir huishoudings
| |

AfriForum gee riglyne vir installering van sonkragtegnologie vir huishoudings

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie die eerste fase van die organisasie se 3-fase-plan bekendgemaak om die energiekrisis in die land te help oplos. Die oorhoofse plan staan as Projek AfriEnergie bekend. Die eerste fase fokus op korttermynoplossings. AfriForum het ’n verslag vrygestel om die publiek en verbruikers te help met relevante inligting…

AfriForum besoek Laerskool Swartkop met teenboelieveldtog
| |

AfriForum besoek Laerskool Swartkop met teenboelieveldtog

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 20 Januarie die Laerskool Swartkop in Centurion besoek. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in. “Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te…

AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek Hoërskool Waterkloof met #DieValFilm
| |

AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek Hoërskool Waterkloof met #DieValFilm

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 19 Januarie Hoërskool Waterkloof in Pretoria besoek. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole, en sluit praatjies met leerders in. AfriForum het ook verlede jaar op 10 September, Wêreldselfdoodbewusmakingsdag, ’n film Die Val, vrygestel. “Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers…

AfriForum behaal oorwinning in hof teen die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit oor rioolstorting
| |

AfriForum behaal oorwinning in hof teen die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit oor rioolstorting

Die Hooggeregshof in Mafikeng het op 19 Januarie bevind dat die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit binne 30 dae moet begin om die nodige herstelwerk aan die rioolaanleg in Klerksdorp te doen. Dit volg nadat die AfriForum-tak in Klerksdorp reeds in April 2021 ’n dringende brief aan die Matlosana-munisipaliteit gerig het oor die haglike toestand van die…

Klerksdorp-tak bevorder padveiligheid met #MyWoonbuurt-projek in Doringkruin
| |

Klerksdorp-tak bevorder padveiligheid met #MyWoonbuurt-projek in Doringkruin

Die AfriForum-tak in Klerksdorp, in samewerking met die Doringkruin-buurtwag, vorder fluks met die projek om die woonbuurt weer in ’n spogbuurt te omskep. Verlede week is 39 sakke teer gebruik om die slaggate in Murantiweg te herstel vanaf Buffeldoornweg tot by Boekenhoutweg. Sewe stoptekens is by die Boekenhout- en Muranti-kruising en die Muranti- en Apiesdoring-kruising…

Warmbad-tak bied teenboeliepraatjie by Laerskool Warmbad aan
| |

Warmbad-tak bied teenboeliepraatjie by Laerskool Warmbad aan

AfriForum se Warmbad-tak in Bela-Bela het gedurende ’n teenboeliepraatjie by die Laerskool Warmbad die graad 4- tot 7-leerders geleer hoe om boeliegedrag te hanteer en hoe om dit aan te meld. Die praatjie op 12 Januarie het gehandel oor die verskeie soorte afknouery in skole, hoe ’n mens ’n boelie kan identifiseer en wat jy…

AfriForum daag Eskom voor hof oor kontrakinligting
|

AfriForum daag Eskom voor hof oor kontrakinligting

Die burgerregteorganisasie AfriForum het regsaksie teen Eskom geneem om inligting rakende  die kragverskaffer se omstrede kontrakte in te win. AfriForum het op 12 Julie 2022 ’n aansoek ingevolge die Wet op Openbare Toegang tot Inligting (PAIA) op Eskom beteken. Die PAIA-aansoek het inligting oor aktiewe kontrakte geëis wat Eskom met verskeie diensverskaffers het, insluitend steenkoolverskaffers…

End of content

End of content