Vermeende moordenaar terug agter tralies ná Privaatvervolgingseenheid ingryp
| |

Vermeende moordenaar terug agter tralies ná Privaatvervolgingseenheid ingryp

Vandeesweek het sewe jaar se gebrek aan optrede deur die owerhede binne net drie dae tot ’n einde gekom toe AfriForum se Privaatvervolgingseenheid ingegryp het. Vermeende moordenaar Jan de Klerk van Wyk is Donderdag in hegtenis geneem en het in die Boksburg-landdroshof verskyn. Van Wyk is tans in aanhouding. Op 29 September 2016 is Van…

AfriForum maak Vrystaat se blou-en-groendruppeluitslae bekend
| |

AfriForum maak Vrystaat se blou-en-groendruppeluitslae bekend

Die meeste dorpe in die Vrystaat se drinkwater wat getoets is, is skoon en drinkbaar behalwe dié van Koffiefontein, Parys en Kroonstad. Dít is luidens die bloudruppeluitslae van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek. Parys se drinkwater bevat E.coli terwyl Koffiefontein en Kroonstad se drinkwater bloot nie op standaard is nie. AfriForum het van Augustus tot November…

DIE KAPLYN – ’N NUWE MUSIEKBLYSPEL OP AFRIFORUM TEATER SE PLANKE
|

DIE KAPLYN – ’N NUWE MUSIEKBLYSPEL OP AFRIFORUM TEATER SE PLANKE

AfriForum Teater verwelkom binnekort nog ’n nuwe musiekblyspel: Die Kaplyn. Die Kaplyn is ’n AfriForum-produksie wat in samewerking met Inhoud Huis Musiek aangebied word. Die rolverdeling spog met bekende name in die musiek- en teaterbedryf soos Johan Vorster, Ilan van Staden en Jackie Lulu. Die verhaal en konsep is deur Johan Vorster geskryf en volg op die…

Wes-Moot-tak se LPR-kameras lei tot arrestasie
| | |

Wes-Moot-tak se LPR-kameras lei tot arrestasie

AfriForum se Wes-Moot-tak het op 8 Februarie LPR-kameras, wat van kunsmatige intelligensie gebruikmaak om nommerplate te ontleed, aan verskeie databasisse gekoppel. Binne die eerste uur nadat die kameras aktief was, is vier verdagte voertuie positiewe geïdentifiseer en ’n arrestasie is gemaak. Op 9 Februarie is daar nog twee verdagte voertuie positief nagespoor en die inligting…

AfriForum maak KwaZulu-Natal se blou-en-groendruppeluitslae bekend
| |

AfriForum maak KwaZulu-Natal se blou-en-groendruppeluitslae bekend

Al die dorpe in KwaZulu-Natal se drinkwater wat getoets is – van Amanzimtoti tot Vryheid ­–  is skoon en drinkbaar. Dít is luidens die bloudruppeluitslae van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek. AfriForum het van Augustus tot November 2022 verskeie dorpe in KwaZulu-Natal se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater…

AfriForum maak Limpopo se blou-en-groendruppeluitslae bekend
| |

AfriForum maak Limpopo se blou-en-groendruppeluitslae bekend

Al die dorpe in Limpopo se drinkwater wat getoets is – van Ellisras tot Tzaneen ­–  is skoon en drinkbaar. Dít is luidens die bloudruppeluitslae van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek. AfriForum het van Augustus tot November 2022 verskeie dorpe in Limpopo se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater…

AfriForum maak Gauteng se blou-en-groendruppeluitslae bekend
| |

AfriForum maak Gauteng se blou-en-groendruppeluitslae bekend

Al die dorpe in Gauteng se drinkwater wat getoets is – van Alberton tot Pretoria, insluitend die Tuks-kampus ­– is skoon en drinkbaar. Dít is luidens die bloudruppeluitslae van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek. AfriForum het van Augustus tot November 2022 verskeie dorpe in Gauteng se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink-…

Bethal-gemeenskap staan saam te midde van waterkrisis
| |

Bethal-gemeenskap staan saam te midde van waterkrisis

AfriForum se Bethal-tak het die Bethal-gemeenskap, wat onder ’n waterkrisis gebuk gaan, die afgelope drie maande ondersteun. Dié voortslepende waterkrisis duur al vanaf November 2022 en het die hoogliggende dele van Bethal se krane droog gelaat. Geen verduideliking is deur die Govan Mbeki-munisipaliteit gegee nie behalwe dat daar te min invloei in die reservoirs is…

AfriForum se Marble Hall-tak bemagtig jeug
| |

AfriForum se Marble Hall-tak bemagtig jeug

AfriForum se Marble Hall-tak het op 8 Februarie ’n leierskapontwikkelingskursus by Laerskool Marble Hall aan die gr. 7-leerders aangebied. In dié kursus is konflikhantering; ken jou waarde, ken jou kringe; kommunikasievaardighede, en liggaamstaal bespreek. Die tema “Elkeen is ’n leier”, leierskapseienskappe en verskillende leierskapstyle is ook behandel. Tydens hierdie program het die leerders aan spanbou-aktiwiteite…

Bloemfontein-takke loods vier nuwe projekte
| |

Bloemfontein-takke loods vier nuwe projekte

AfriForum se Bloemfontein-takke het die nuwe jaar op ’n hoë noot begin deur vier nuwe volhoubaarheidsaksies in Bloemfontein te begin. Dié nuwe projekte fokus op Du Plessisstraat in Langenhovenpark en ’n groot gedeelte van Nelson Mandelarylaan, Curielaan sowel as die parkie in Gardeniapark in Orchidstraat. Saam met hierdie aksies is die Bloemfontein-takke deurlopend besig om…

End of content

End of content