AfriForum doen beroep op gemeenskappe om veiligheidstrukture te versterk en georganiseerd te raak
|

AfriForum doen beroep op gemeenskappe om veiligheidstrukture te versterk en georganiseerd te raak

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ’n beroep op gemeenskappe gedoen om voort te gaan om burgerlike veiligheidstrukture soos buurtwagte te bou en te verbeter. Dit volg ná die vrystelling van die jongste misdaadstatistieke deur die minister van Polisie, Bheki Cele. Volgens die statistieke was daar ‘n toename in geweldsmisdaad, insluitend moord, aanranding en rooftogte tussen Oktober…

AfriForum loods Pretoria se slaggate-platform
| |

AfriForum loods Pretoria se slaggate-platform

Die burgerregteorganisasie het ’n aanlyn platform, Pretoria se slaggate, geloods waar inwoners van Pretoria die slaggate in hul woonbuurt, veral op hoofpaaie wat swaar verkeer dra, kan rapporteer. Data van die slaggate wat op Pretoria se slaggate ingesamel word, sal dan verwerk en aan die Tshwane-metro deurgegee word. Op hierdie manier help AfriForum die metro…

Kabeldiewe loop hul rieme styf
| |

Kabeldiewe loop hul rieme styf

Die Brits-buurtwag het op 18 Februarie inligting vanaf ’n AfriForum-lid ontvang dat twee verdagtes besig was om die treinspoor agter Lighthouse Christian College in Raasblaarstraat te beskadig. Lede van AfriForum se Brits-buurtwag het hulle na die toneel gehaas en verskeie sekuriteitsmaatskappye soos Monitor Net, Protego, Secra, PPS en Transnet het ook hulp verleen. ’n Beskrywing…

Vryburg-buurtwag vind gesteelde goedere terug
| |

Vryburg-buurtwag vind gesteelde goedere terug

AfriForum se Stella-sektor wat onder die Vryburg-buurtwag val het op 16 Februarie verskeie gesteelde goedere terug gevind. ’n Boer in die Stella-omgewing het omstreek 18:30 die buurtwag ingelig dat ’n sonpomp en sonpanele op ’n onbekende voertuig gelaai is. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en boere in die gemeenskap is ook hiervan verwittig waarna ’n gesamentlike…

Sakenetwerk-ontbyt groot sukses
|

Sakenetwerk-ontbyt groot sukses

AfriForum Sakenetwerk in samewerking met AfriForum se Wes-Kaap-kantoor het vanoggend ’n sakeontbyt by Nitida-wynlandgoed in Durbanville in die Kaap gehou. Ongeveer 60 gaste het die geleentheid bygewoon en J.P. Smith, ’n DA-raadslid vir veiligheid in die Stad Kaapstad het as gasspreker opgetree. Smith, wat na homself as federalis verwys, het hulle sekuriteit- en gebeurlikheidsplanne voorgelê…

Standerton-buurtwag red vasgekeerde inwoners ná oorstromings
| |

Standerton-buurtwag red vasgekeerde inwoners ná oorstromings

AfriForum se Standerton-buurtwag is vanoggend ontbied nadat swaar reën deur die nag tot oorstromings in die omgewing gelei het en talle inwoners gestrand gelaat het. Die AfriForum-buurtwag saam met ander rolspelers is van vroeg af besig om met roeibote en rubberbote die dele van Standerton wat die ergste getref is te fynkam vir mense wat…

Valke se onbekwaamheid of politieke oorwegings vertraag vervolging van ANC-sekretaris-generaal Fikile Mbalula
| |

Valke se onbekwaamheid of politieke oorwegings vertraag vervolging van ANC-sekretaris-generaal Fikile Mbalula

Die opkoms van Fikile Mbalula tot een van die hoogste posisies in die ANC kan verklaar waarom die Valke versuim om sy ondersoek af te handel en te verseker dat hy strafregtelik vervolg word. AfriForum se privaatvervolgingseenheid het dít duidelik gemaak in nog ’n brief aan senior wetstoepassingstrukture – hierdie keer aan die nasionale polisiekommissaris…

Moreletapark-buurtwag verwyder boom wat pad versper
| |

Moreletapark-buurtwag verwyder boom wat pad versper

AfriForum se Moreletapark-buurtwag het op 14 Februarie hulp aan die brandweerdienste verleen om ’n groot boom in Sonjastraat te verwyder nadat dit omgeval het. Pretoria en omliggende gebiede ervaar die afgelope tyd bogemiddelde hoeveelheid reënval wat bogrond wegspoel en boomwortels ontbloot met die gevolg dat bome omval. Die boom het ’n gevaar vir motoriste ingehou…

Bellville-buurtwag trek inbrekers vas
| |

Bellville-buurtwag trek inbrekers vas

AfriForum se Bellville-buurtwag het op 12 Februarie twee vermeende inbrekers vasgetrek.  Omstreeks 18:07 het buurtwaglede ’n boodskap ontvang dat daar by ’n perseel in Sydneystraat Oakdale Bellville ingebreek is. Yolanda en Johan Fritz was die eerste lede om te reageer en was binne minute op die toneel, met hulle aankoms was die verdagtes reeds weg….

Standerton-tak maak Voetsporemonument netjies
| |

Standerton-tak maak Voetsporemonument netjies

AfriForum se Standerton-tak het op 14 Februarie ingespring en die Voetsporemonument buite Standerton skoongemaak. Hierdie monument wat ter nagedagtenis aan Daniël Poklenberg Erasmus opgerig is, wat op 25 Januarie 1884 deur weerlig doodgeslaan is, word alreeds vanaf 2016 deur die tak onderhou en netjies gemaak. Die gras rondom die monument is gesny en onkruid sowel…

End of content

End of content