Hessekwa-tak ruim staproete op
| |

Hessekwa-tak ruim staproete op

AfriForum se Hessekwa-tak het op 5 Augustus ’n skoonmaakaksie wat deur Heidelberg se inwoners van stapel gestuur is in samewerking met die Hessequa Plaaslike Munisipaliteit en lede van die publiek bygewoon. Vrywilligers van Riversdal en Heidelberg het bymekaargekom om die dag ’n sukses te maak en rommel op die staproete naby die Heidelbergdam op te…

Vullisterreinoudit: Gauteng bo blink onder stink
| | |

Vullisterreinoudit: Gauteng bo blink onder stink

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vanjaar 161 vullisterreine landwyd geoudit as deel van hulle nasionale projek om die toestand van vullisterreine in Suid-Afrika te bepaal. Slegs 7 uit die 14 vullisterreine wat in Gauteng geoudit kon word, het aan die nasionale standaarde voldoen. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis 59…

AfriForum maan SAPD om by gewelddadige betogings in te gryp
|

AfriForum maan SAPD om by gewelddadige betogings in te gryp

Die burgerregteorganisasie AfriForum het in reaksie op die eskalerende taxistaking sy regspan opdrag gegee om ’n aanmaningsbrief aan luitenant-generaal Fannie Masemola, die nasionale kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), te rig en versoek onmiddellike ingryping om wet en orde te herstel. Jacques Broodryk, woordvoerder van Gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het die dringendheid van die situasie beklemtoon….

Westonaria-tak maak skenking aan Rand West City Plaaslike Munisipaliteit
| |

Westonaria-tak maak skenking aan Rand West City Plaaslike Munisipaliteit

AfriForum se Westonaria-tak het op 3 Augustus elektriese toerusting aan die Rand West Plaaslike Munisipaliteit in Westonaria geskenk. Die skenking bestaan uit 300 verskillende vervormbare koperbeslagpype (“ferrules”), ’n boks isoleerband, 200 verskillende koperdraadkloue en 200 meter koperkabel. Die koperbeslagpype word gebruik om kabels en elektriese drade te heg en verbind terwyl die isolasieband gebruik word…

AfriForum oudit vullisterreine in Limpopo
| | |

AfriForum oudit vullisterreine in Limpopo

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vanjaar 161 vullisterreine landwyd geoudit as deel van hul nasionale projek om die toestand van vullisterreine in Suid-Afrika te bepaal. Slegs twee uit die 14 vullisterreine wat in Limpopo geoudit is, het aan die nasionale standaarde voldoen. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis 59 van…

Potchefstroom-tak neem dorp onder hande
| | |

Potchefstroom-tak neem dorp onder hande

AfriForum se Potchefstroom-tak het die dorp in Julie behoorlik onder hande geneem. Op Vrydag 28 Julie het Piet Theron, die tak se omgewingsbeampte, en ’n span helpers die rietbosse in die Trimpark by Buskuslaan getakel. Die span het bestaan uit lede van Green Thorn Environmental Solutions, Green Living Spaces en inwoners van Huis Hebron. Behalwe…

Korrektiewe Dienste moet aankondig of Zuma terug gaan tronk toe
| |

Korrektiewe Dienste moet aankondig of Zuma terug gaan tronk toe

Die burgerregteorganisasie AfriForum doen ’n beroep op Makgothi Thobakgale, Nasionale Kommissaris van Korrektiewe Dienste, om sonder uitstel aan te kondig of oudpres. Jacob Zuma na die Estcourt-gevangenis moet terugkeer. Dít volg nadat sy mediese parool deur die Konstitusionele Hof onwettig verklaar is, danksy AfriForum en ander wat in 2021 regstappe geneem het om die vrylating…

NVG se besluit om Fikile Mbalula nie te vervolg nie is irrasioneel en onwetlik
| |

NVG se besluit om Fikile Mbalula nie te vervolg nie is irrasioneel en onwetlik

AfriForum se privaatvervolgingseenheid is bly die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het uiteindelik tot ’n besluit gekom in die saak teen die voormalige minister van Sport, Fikile Mbalula. Die besluit blyk egter irrasioneel en onwetlik te wees. Hierdie punt sou nietemin nooit bereik gewees het sonder die konstante druk wat die eenheid op die NVG uitgeoefen het…

AfriForum-takke bied hulp aan Tshwane-metro
| |

AfriForum-takke bied hulp aan Tshwane-metro

AfriForum sal sy takke in die Tshwane-metro aktiveer om met dienslewering te help nadat lede van die vakbond Samwu en ander amptenary aan ’n onwettige staking oor lone deelgeneem het. Hierdie staking het ’n wesenlike impak op dienslewering in die metro gehad.  Munisipale werkers van Samwu eis ’n loonverhoging van tussen 3,5% en 5,4%. Cilliers…

Springs-tak beteken hofstukke aan NERSA oor elektrisiteitsprobleme in Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit
| |

Springs-tak beteken hofstukke aan NERSA oor elektrisiteitsprobleme in Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit

AfriForum se Springs-tak se regspan het op 3 Augustus hofstukke aan die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) beteken om die voortslepende kwessies rakende elektrisiteitsvoorsiening waaronder die inwoners van die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit gebuk gaan op te los . Dit volg nadat Springs en ander dorpe wat onder dié munisipaliteit val erge en aanhoudende kragonderbrekings ervaar…

End of content

End of content