AfriForum dien strafregtelike klagtes teen Fikile Mbalula in
| |

AfriForum dien strafregtelike klagtes teen Fikile Mbalula in

AfriForum het vandag strafregtelike klagtes van geldwassery en korrupsie teen Fikile Mbalula, voormalige minister van sport, by die Brooklyn-polisiestasie ingedien. Dit volg nadat Sedgars Sport, ’n sportprodukteverskaffer, na bewering tussen R300 000 en R680 000 in 2017 vir die Mbalula-gesin se reis na Dubai opgedok het.

AfriForum dien strafregtelike klagtes teen munisipale bestuurder in
| |

AfriForum dien strafregtelike klagtes teen munisipale bestuurder in

AfriForum se Margate-tak het verlede week strafregtelike klagtes teen sowel die bestuurder van die Ugu Distriksmunisipaliteit as die bestuurder verantwoordelik vir die rioolaanleg in Harding ingedien. Dít volg nadat ernstige rioolstortings by die aanleg langs die Umzimkuluwanarivier plaasgevind het.

AfriForum sluit sy deel in Ford Kuga-saak af
| |

AfriForum sluit sy deel in Ford Kuga-saak af

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het vandag aangekondig dat hy en sy span hulle aan die geregtelike ondersoek na die dood van Reshall Jimmy onttrek. Jimmy is in Desember 2015 oorlede nadat die Ford Kuga wat hy bestuur het aan die brand geslaan het. Nel het die ondersoek na Jimmy se dood…

AfriForum besorg oor polisie-onvermoë om onrusgeweld in Johannesburg-middestad te beheer
|

AfriForum besorg oor polisie-onvermoë om onrusgeweld in Johannesburg-middestad te beheer

Die burgerregteorganisasie AfriForum spreek sy kommer uit oor berigte dat die SAPD sonder enige inhegtenisnemings uit die Johannesburgse middestad onttrek het om bloedvergieting tydens die onrus te voorkom. Die SAPD het in wese daarom bevestig dat hul taktieke om burgerlike onrus en oproere daartoe beperk is om óf met ekstreme krag te reageer, óf om…

AfriForum en COGHSTA Noord-Kaap bespreek kwessies
| |

AfriForum en COGHSTA Noord-Kaap bespreek kwessies

AfriForum en mnr. Bentley Vass, LUR van die Noord-Kaapse departement van samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake (CoGHSTA) het op Dinsdag 30 Julie 2019 vergader oor die uitdagings wat tans met munisipaliteite in dié provinsie ondervind word. AfriForum het die vergadering versoek ná verskeie skrywes aan die departement en munisipaliteite bloot geïgnoreer is.

End of content

End of content