AfriForum se Rondeberg-buurtwag ontvang opleiding
| | | | |

AfriForum se Rondeberg-buurtwag ontvang opleiding

AfriForum het op 7 Augustus vanjaar opleiding onder leiding van David Olivier, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir die Suidstreek, vir dié burgerregteorganisasie se Rondeberg-buurtwag aangebied. Dié buurtwag vorm deel van die Malmesbury-takstruktuur, en ongeveer 40 lede van die gemeenskap het dit bygewoon. Modules wat behandel is, sluit misdaadtoneelhantering en die bewaring van bewysstukke in, asook radiospraakprosedures.

AfriForum se Gordonsbaai-buurtwag ontvang opleiding
| |

AfriForum se Gordonsbaai-buurtwag ontvang opleiding

AfriForum se Gordonsbaai-buurtwag, wat deel van dié burgerregteorganisasie se Helderbergkom-tak vorm, het op 6 Augustus 2019 opleiding in toneelhantering en patrollievaardighede ontvang. David Olivier, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir die suidstreek, het dié opleiding aangebied, wat deel vorm van ’n opleidingsprogram wat AfriForum se veiligheidstrukture ontwikkel het om hul veiligheidsnetwerk uit te brei en te versterk.

AfriForum se Velddrif-buurtwag ontvang opleiding in toneelhantering en patrollies
| |

AfriForum se Velddrif-buurtwag ontvang opleiding in toneelhantering en patrollies

Lede van AfriForum se Velddrif-buurtwag het op 5 Augustus 2019 opleiding in toneelhantering en patrollievaardighede ontvang. David Olivier, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir die suidstreek, het die opleiding aangebied. Dié veiligheidsmodules het ten doel om misdaad in hul onderskeie gemeenskappe te bekamp en gemeenskapslede by te staan en weerbaar te maak.

AfriForum-verslag: Heelwat ruimte vir verbetering by Gautengse munisipaliteite
| |

AfriForum-verslag: Heelwat ruimte vir verbetering by Gautengse munisipaliteite

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag sy ontleding van Gautengse munisipaliteite vir 2019 uitgereik. Midvaal se munisipaliteit het die beste presteer met ’n telling van 7,5 uit 10, terwyl Johannesburg en Tshwane se metro onderskeidelik 6,5 en 7 behaal het.

AfriForum verwelkom dat Coligny-twee se aansoek om verlof tot appèl toegestaan is
|

AfriForum verwelkom dat Coligny-twee se aansoek om verlof tot appèl toegestaan is

AfriForum verwelkom die spesiale verlof wat Pieter Doorewaard en Phillip Schutte van Coligny ontvang het om direk by die appèlhof in Bloemfontein te kan appelleer teen hul skuldigbevinding deur die hoë hof in Mmabatho aan die moord op die tiener Matlhomola Moshoeu. Dít volg nadat Doorewaard en Schutte se regspan onder leiding van adv. Barry…

AfriForum-buurtwagte spoor gesteelde voertuig op
| |

AfriForum-buurtwagte spoor gesteelde voertuig op

AfriForum se Pretoria-Wes- en Wes-Moot-buurtwag het op 5 Augustus 2019 daarin geslaag om ’n gesteelde voertuig op te spoor en aan die eienaar terug te besorg. Dít volg nadat die voertuig op 30 Julie 2019 in die Hercules-gebied gesteel is. Een van die Pretoria-Wes-buurtwaglede het die voertuig langs die pad gewaar en onmiddellik agter die voertuig ingetrek. Die lid…

AfriForum gereed om kommentaar op destruktiewe wetsontwerp oor NGV in te dien
| |

AfriForum gereed om kommentaar op destruktiewe wetsontwerp oor NGV in te dien

AfriForum is gereed om kommentaar op die wetsontwerp oor Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) in te dien sodra die tydperk vir openbare deelname oopgestel word. Die burgerregte-organisasie het hierdie sosialistiese plan van die ANC sedert die aankondiging daarvan teengestaan.

AfriForum-buurtwagte skerp veiligheid op
| |

AfriForum-buurtwagte skerp veiligheid op

AfriForum se Oos-Moot-buurtwag het die afgelope naweek veiligheid in hul gebied opgeskerp deur gedeeltes van die heining langs die treinspoor reg te maak nadat sowel die Oos-Moot- as Moot-buurtwagte op 25 Julie te voet aan patrollies deelgeneem het. Buurtwaglede het al langs die treinspoor van Gezina tot in Queenswood gestap om probleme te identifiseer en…

End of content

End of content