Kempton Park-tak vul slaggate in Aston Manor
| |

Kempton Park-tak vul slaggate in Aston Manor

Die AfriForum-tak in Kempton Park het die afgelope naweek met behulp van die gemeenskap die herstel van slaggate geprioritiseer, omdat baie klagtes vanuit die gemeenskap ontvang is oor die slegte toestand van die paaie. Die tak het 60 slaggate, waarvan heelwat daarvan baie groot was, in die Aston Manor-woonbuurt gevul. Altesaam 105 sakkies teer, wat…

AfriForum verskyn in hof om Suid-Afrikaanse regering se R50 miljoen-skenking aan Kuba finaal te stop
| |

AfriForum verskyn in hof om Suid-Afrikaanse regering se R50 miljoen-skenking aan Kuba finaal te stop

Uitspraak is in die Pretoriase Hooggeregshof voorbehou waar die burgerregteorganisasie AfriForum vandag met ’n hersieningsaansoek verskyn het om die regering se beoogde R50 miljoen-skenking aan die Kubaanse regering, finaal te keer. AfriForum het reeds in 2022 ’n dringende interdik bekom om die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Dirco) te verhoed om R50 miljoen aan…

Bethal-tak skenk kos aan tehuise
| |

Bethal-tak skenk kos aan tehuise

AfriForum se Bethal-tak het al gedurende Mei op twee verskillende geleenthede kos uit hul gemeenskapstuin aan die Palmoord-aftreeoord en Silwerjare Tehuis vir bejaardes in Bethal geskenk. Die spinasie wat uit dié tuin geoes en geskenk is, weeg ongeveer 100 kg. Hierdie gemeenskapstuinprojek word deur die plaaslike AfriForum-tak onderhou en verbou tans groente en vrugte soos…

Delmas Valke-buurtwag trek twee inbrekers vas
| |

Delmas Valke-buurtwag trek twee inbrekers vas

AfriForum se Delmas Valke-buurtwag het op 9 Mei twee inbrekers in samewerking met CamFX Security en ander plaaslike veiligheidsmaatskappye vasgetrek. CamFX se beheerkamer het omstreeks 01:00 drie verdagte persone in ’n stegie agter ondernemings in die hoofstraat van Delmas opgemerk. Die Delmas Valke-buurtspan is ontbied en kon daarin slaag om twee van die verdagtes vas…

Dink of Sink-debatskompetisie begin op hoë noot by DF Malan
| |

Dink of Sink-debatskompetisie begin op hoë noot by DF Malan

Die suidelike streeksuitdun van AfriForum se Dink of Sink- onvoorbereide debatskompetisie het op 12 Mei uitnemende debatte opgelewer en gesorg vir naelbyt-eindstryde in beide die junior en senior kategorieë. Die Hoërskool DF Malan was andermaal die gasheerskool van die kompetisie wat deur AfriForum geborg word. Hierdie was die eerste uitdunrondte in die jaarlikse kompetisie waarna…

Klerksdorp-tak se #OnsDorp-projek gaan voort in Buffeldoornweg
| |

Klerksdorp-tak se #OnsDorp-projek gaan voort in Buffeldoornweg

Die AfriForum-tak in Klerksdorp gaan steeds voort met die skoonmaakprojek in Buffeldoornweg. Die padgeute in ’n groot deel van die pad is reeds skoon, terwyl die res van die pad nou skoongemaak en die gras op die eilande gesny sal word. Die omvang van die skoonmaakprojek is groter as wat aanvanklik bereken is. Die Klerksdorp-gemeenskap…

Ná wegholsukses is Die Kaplyn se speelvak tot 4 Junie verleng
|

Ná wegholsukses is Die Kaplyn se speelvak tot 4 Junie verleng

Die musiekblyspel Die Kaplyn, wat aanvanklik net vanaf 26 April tot 21 Mei by die AfriForum Teater opgevoer sou word, se speelvak is nou tot 4 Junie verleng. Dit volg ná die wegholsukses van die eerste speelvak se kaartjieverkope. Die Kaplyn is ’n aangrypende verhaal van die gebeure tydens die Grensoorlog in die 1980’s. Die produksie…

Valke het tot einde Mei om te reageer op Mbalula-aangeleentheid – of hof word genader
| |

Valke het tot einde Mei om te reageer op Mbalula-aangeleentheid – of hof word genader

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het luitenant-generaal Godfrey Lebeya, hoof van die Valke, tot 30 Mei gegee om sinvolle terugvoer te gee oor die stand van die korrupsie-ondersoek na Fikile Mbalula, die ANC-sekretaris-generaal. Die eenheid probeer sedert 2019, toe die saak deur Monique Taute, Hoof van veldtogte by AfriForum, geopen is, om antwoorde van die polisie en…

Rustenburg se strate opgeknap danksy #MyWoonbuurt-kompetisie
| |

Rustenburg se strate opgeknap danksy #MyWoonbuurt-kompetisie

Die AfriForum-tak in Rustenburg het Manuka- en Kremetartlaan geteiken vir verbetering as deel van die organisasie se #MyWoonbuurt-kompetisie. Die projek het vanaf 5 April tot 4 Mei plaasgevind en het die sny van 0,65 hektaar se bosse en riete in die gebied behels. Die gemeenskap het hierdie area as ’n belangrike fokuspunt vir die projek…

Williston-tak maak by ouetehuise ’n verskil
| |

Williston-tak maak by ouetehuise ’n verskil

AfriForum se Williston-tak het op 3 Mei by Amandelhof Ouetehuis en Emmanuel Tehuis Williston ’n skenking van vars vrugte en groente gemaak. Hierdie tehuise is in die middel van Williston geleë en daar is altesaam 38 bejaardes wat permanent daar woon. Dié skenking volg nadat dit aan die lig gekom het dat gereelde skenkings van…

End of content

End of content