NGV: Die werklike feite
| |

NGV: Die werklike feite

Na aanleiding van President Cyril Ramaphosa se kommentaar in die parlement waartydens hy ’n rooskleurige prentjie geskilder het van die nuwe wetsontwerp oor nasionale gesondheidsversekering (NGV), gee AfriForum die werklike feite oor hierdie kontroversiële wetsontwerp wat verreikende gevolge vir alle Suid-Afrikaners inhou. Dit is ’n omvattende wetsontwerp wat beoog om die gesondheidsorgbedryf in die land…

AfriForum se Moot-tak skerp veiligheid op
| |

AfriForum se Moot-tak skerp veiligheid op

 Die AfriForum-tak in die Pretoriase Moot het op 17 Augustus 2019 in samewerking met die organisasie se buurtwagte en gemeenskapslede die palissadeheining langs die treinspoor in die Moot herstel. Dié aksie het plaasgevind nadat die Oos-Moot- en Moot-buurtwag op 25 Julie vanjaar aan voetpatrollies langs die treinspoor deelgeneem het. Die stuk treinspoor tussen die Gezina- en Queenswood-stasie is…

Matjhabeng-munisipaliteit reageer ná volgehoue druk deur AfriForum
| | |

Matjhabeng-munisipaliteit reageer ná volgehoue druk deur AfriForum

AfriForum se Welkom-tak het die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit in Julie vanjaar op terme geplaas oor die toestand van die vullisterreine in hierdie gebied. Nie een van die vullisterreine binne die munisipaliteit se jurisdiksie voldoen aan die nasionale vereistes nie. Die burgerregte-organisasie het vroeër vanjaar vullisterreine in die volgende dorpe geoudit: Virginia, Bronville, Hennenman en Odendaalsrus….

Hammanskraal se drinkwater nie veilig vir menslike gebruik
| |

Hammanskraal se drinkwater nie veilig vir menslike gebruik

Die burgerregte-organisasie AfriForum het die afgelope week watermonsters in die Hammanskraal-gebied geneem en bevind dat die water nie geskik vir menslike gebruik is nie. Dít volg nadat verskeie berigte in die media verskyn het oor die kwaliteit van die gebied se drinkwater. Watermonsters is by die Jubilee-distrikshospitaal en die plaaslike polisie-akademie geneem en na ’n…

AfriForum beskou “ou vlag”-uitspraak as terugslag vir spraakvryheid
| |

AfriForum beskou “ou vlag”-uitspraak as terugslag vir spraakvryheid

AfriForum beskou die uitspraak wat vandag in die Johannesburgse hooggeregshof met betrekking tot die sogenaamde ou Suid-Afrikaanse vlag gelewer is, as ’n terugslag vir vryheid van spraak, hoewel dit nie die organisasie se aktiwiteite of standpunte direk sal raak nie. Die hof het vandag beslis dat die ongevraagde (gratuitous) vertoon van die vlag haatspraak is,…

AfriForum se Hartbeespoort-tak skenk toerusting aan plaaslike buurtwagte
| |

AfriForum se Hartbeespoort-tak skenk toerusting aan plaaslike buurtwagte

AfriForum se tak in Hartbeespoort het onlangs basiese toerusting aan die plaaslike plaaswag en die Ifafi/Melodie-, Meerhof- en Schoemansville-buurtwag geskenk. “As AfriForum se Hartbeesport-tak wil ons graag ’n bydrae tot die huidige buurtwagstrukture in Hartebeespoort lewer en hulle ondersteun. Die werk wat die verskillende buurtwagte oor die afgelope 12 jaar in die omgewing gedoen het,…

AfriForum-teenboelieveldtogspan en Matteus besoek Laerskool Wierdapark
| |

AfriForum-teenboelieveldtogspan en Matteus besoek Laerskool Wierdapark

AfriForum het Laerskool Wierdapark in Centurion as deel van dié burgerregteorganisasie se teenboelieveldtog op 19 Augustus 2019 besoek. Die veldtog skep bewustheid oor afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders, onderwysers en ouers in. “Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in…

AfriForum herbelyn sy bestuurstrukture op groeipad na 300 000 lede
| |

AfriForum herbelyn sy bestuurstrukture op groeipad na 300 000 lede

AfriForum het besluit om sy bestuurstrukture funksioneel te herbelyn om aan die eise te voldoen wat dié organisasie se sterk groei stel. AfriForum se ledetal het pas die 226 000-kerf verbygesteek, en boonop het dié organisasie se aktiwiteite, projekte en aantal vrywilligers oor die afgelope jare tienvoudig toegeneem. In die snelveranderende Suid-Afrikaanse sosiopolitieke omgewing kan AfriForum…

End of content

End of content