Ernstige beroep op Lesufi oor veiligheid van skole ná AfriForum, SAPD en taxi’s veilige ontruiming van skool verseker
|

Ernstige beroep op Lesufi oor veiligheid van skole ná AfriForum, SAPD en taxi’s veilige ontruiming van skool verseker

AfriForum en die Solidariteit Beweging se  Skoleondersteuningsentrum (SOS) is bekommerd oor die veiligheid van leerders en personeel van skole in die Pretoriase middestad nadat AfriForum se gemeenskapsveiligheidspan saam met die SAPD en taxi’s die Prinshofskool vir swaksiende en blinde kinders help ontruim het tydens vandag se betogings. Die gemeenskapsveiligheidspan het, op versoek van bekommerde ouers,…

AfriForum Jeug se Maties-tak dring aan op SR se finansiële en termynverslae
|

AfriForum Jeug se Maties-tak dring aan op SR se finansiële en termynverslae

AfriForum Jeug se Maties-tak het op 12 Augustus 2019 en weer op 26 Augustus 2019 ’n e-pos aan die Universiteit Stellenbosch (US) se studenteraad gestuur waarin die 2018/2019-termyn se finansiële en termynverslae na regte, soos bepaal deur die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (wetno. 2 van 2000), aangevra word. Hierdie versoek is…

AfriForum-teenboeliespan en Matteus besoek Laerskool Delmas
| |

AfriForum-teenboeliespan en Matteus besoek Laerskool Delmas

Die burgerregte-organisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 26 Augustus 2019 besoek by die Laerskool Delmas afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in. “Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan….

AfriForum-buurtwag en SAPD werk saam om misdaad te bekamp
| |

AfriForum-buurtwag en SAPD werk saam om misdaad te bekamp

AfriForum se Velddrif-buurtwag het op 24 Augustus 2019 saam met die polisie en ander veiligheidsrolspelers ’n sigbaarheidspatrollie in De Plaat, Velddrif, Port Owen en Laaiplek gehou. Hierdie patrollie, wat verhoogde sigbaarheid bewerkstellig het, het van 21:00 tot 00:00 geduur. “Goeie samewerking tussen die buurtwag, die polisie en ander rolspelers het daartoe gelei dat misdaad skerp in Velddrif…

AfriForum se Williston-tak hou ledevergadering
| |

AfriForum se Williston-tak hou ledevergadering

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Williston-tak het op 23 Augustus 2019 ’n ledevergadering gehou. Tydens hierdie vergadering het J.D. Smit, voorsitter van dié tak, die lede meer van AfriForum vertel, asook waarmee die tak die afgelope jaar besig was. Dr. Theo de Jager, president van die Wêreld Landbou-organisasie (WLO) en uitvoerende direksievoorsitter van die Suider-Afrika Agri-inisiatief…

Monumentale Cantus Koorfees bekoor gehoor
| | |

Monumentale Cantus Koorfees bekoor gehoor

Die burgerregtewaghond AfriForum is trots om vanjaar weer deel te kon wees van die vierde Monumentale Cantus Koorfees wat op 24 Augustus 2019 by die Voortrekkermonument plaasgevind het. Hierdie wonderlike inisiatief het vier jaar gelede ’n werklikheid geword onder leiding van Vashti Trichard en Vaughan van Zyl, onderskeidelik gesoute koorleier en -afrigter, ten bate van die behoud…

AfriForum se Oos-Rand-buurtwagte neem aan polisie-operasie deel
| |

AfriForum se Oos-Rand-buurtwagte neem aan polisie-operasie deel

AfriForum se buurtwagte in Kempton Park, Alberton, Boksburg, Brakpan, Edenvale, Germiston en Springs het die afgelope naweek in samewerking met die SAPD, GPF’s en verskeie sekuriteitsmaatskappye aan die polisie se Operasie Masakhane in die Kempton Park-gebied deelgeneem. Ongeveer 55 AfriForum-lede het aan die operasie deelgeneem wat onder meer twee padblokkades en ’n dwelmklopjag – onder…

AfriForum: Nelson Mandela-stigting is oneerlik; speel polariserende rol
|

AfriForum: Nelson Mandela-stigting is oneerlik; speel polariserende rol

Die burgerregteorganisasie AfriForum beskuldig die Nelson Mandela-stigting (NMS) daarvan dat dié stigting tans ’n polariserende rol speel, oneerlik is en in die proses ernstig afbreek doen aan oudpresident Nelson Mandela se beeld as versoener. AfriForum doen ’n beroep op die NMS om afstand te doen van hul soeke na wraak en om eerder saam met…

AfriForum Jeug neem hande met Solidariteit Helpende Hand
|

AfriForum Jeug neem hande met Solidariteit Helpende Hand

Die jeugvleuel van AfriForum se Helderbergkom-tak het op 20 Augustus 2019 Solidariteit Helpende Hand se Ons Plek-sentrum in die Strand besoek waar die jeug ’n nuwe geiser laat installeer het. Maresa Visser, voorsitter van die jeugvleuel van AfriForum se Helderbergkom-tak, het besluit om uit te reik na die behoeftige kinders van die Ons Plek-sentrum wat deur Solidariteit…

AfriForum se Benoni-buurtwag hou massasigbaarheidspatrollie
| |

AfriForum se Benoni-buurtwag hou massasigbaarheidspatrollie

Die AfriForum-buurtwag in Benoni het in samewerking met verskeie sekuriteitsmaatskappye en die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) op 16 Augustus 2019 ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede gehou om polisiëringsigbaarheid op te skerp. Dié aksie het omstreeks 18:00 begin en voortgeduur tot 04:00. Altesaam 61 patrolleerders het opgedaag om ’n verskil te maak en 1 359 km is in 215 manure afgelê….

End of content

End of content