AfriForum en Ernst Roets se hofsaak oor vlag-twiet uitgestel
|

AfriForum en Ernst Roets se hofsaak oor vlag-twiet uitgestel

Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, sou vandag in die Suid-Gautengse hooggeregshof op aanklagte van minagting van die hof verskyn het. Die saak is egter tot môre (4 September) uitgestel, aangesien die regter bevind het dat daar nie plek op die dringende rol is nie. Die klagte is deur die Nelson Mandela-stigting…

AfriForum moedig publiek aan om kommentaar teen destruktiewe NGV in te dien
| |

AfriForum moedig publiek aan om kommentaar teen destruktiewe NGV in te dien

AfriForum gaan binnekort sy kommentaar op die wetsontwerp oor Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) indien. Die burgerregteorganisasie moedig ook die publiek aan om kommentaar teen hierdie destruktiewe wetsontwerp in te dien, aangesien die tydperk vir openbare kommentaar nou oopgestel is. Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het op 29 Augustus 2019 ’n voorlegging oor die NGV voor…

AfriForum maak blou-en-groendruppelverslag bekend
| |

AfriForum maak blou-en-groendruppelverslag bekend

AfriForum het vanjaar as deel van die organisasie se jaarlikse blou-en-groendruppelprojek die water (bloudruppel) in 206 dorpe en die riool (groendruppel) van 124 rioolsuiweringsaanlegte getoets. Die resultate van dié verslag toon dat sommige munisipaliteite steeds artikel 24 van die Grondwet – wat ’n gesonde omgewing vir Suid-Afrikaners verseker – verontagsaam. Luidens die verslag voldoen vier dorpe…

Ramaphosa is reg oor Die Stem in Suid-Afrika se nasionale lied
| | |

Ramaphosa is reg oor Die Stem in Suid-Afrika se nasionale lied

Deur Barend Uys Is pres. Cyril Ramaphosa reg as hy sê Suid-Afrika se nasionale lied verteenwoordig “wat ons as ’n nasie is”? Ek dink hy is inderdaad in die kol met hierdie opmerking, maar nie op grond van die redes wat hy sou dink nie. Ramaphosa het gesê die woorde van Die Stem is destyds…

AfriForum Jeug staan logoverandering van UP teen
|

AfriForum Jeug staan logoverandering van UP teen

AfriForum Jeug het vandag ’n skrywe aan die Universiteit van Pretoria (UP) gestuur oor die beoogde verandering van die UP se logo. Dít volg nadat die UP-bestuur ’n e-pos uitgestuur het waarin hulle verduidelik dat hulle beoog om die universiteitswapen te verander. Alhoewel hulle studente, personeel en alumni kans gee om daaraan deel te neem,…

Verkragter se boetestraf geappelleer nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid aan NVG skryf
| |

Verkragter se boetestraf geappelleer nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid aan NVG skryf

Adv. Moipone Noko, direkteur van openbare vervolging vir die Noordwes-afdeling, het gister bekend gemaak dat die staat stappe gaan doen om teen ’n boete-oplegging as straf vir ’n veroordeelde verkragter te appelleer. Dít volg nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid ’n skrywe aan Shamila Batohi, hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), in hierdie verband gerig het. Landdros…

AfriForum se Standerton-buurtwag help om verdagtes vas te trek
| |

AfriForum se Standerton-buurtwag help om verdagtes vas te trek

AfriForum se Standerton-buurtwag het op 22 Augustus 2019 tydens ’n plaaspatrollie ’n verdagte groen Isuzu bakkie opgemerk wat vermoedelik gesteelde kanne diesel vervoer het. Die buurtwag en NYSTIQ het vinnig gereageer en die voertuig agterna gesit. Die Standerton SAPD en Kasselman Sekuriteitsdienste is ontbied en ’n verdagte is gearresteer. Die verdagte het skuld erken en is…

AfriForum se Oos-Rand-takke woon Streeksberaad van Hoop by
|

AfriForum se Oos-Rand-takke woon Streeksberaad van Hoop by

Die bestuur van AfriForum se Oos-Rand-takke het die afgelope naweek AfriForum se Streeksberaad van Hoop by die Royal Elephant Hotel in Centurion bygewoon. Die doel van dié beraad was om in samewerking met al die AfriForum-takbestuurslede in die noordstreek aan praktiese planne vir die toekoms te werk en almal op hoogte te bring van al…

AfriForum se Roodepoort-tak en -buurtwag beveilig gemeenskap
| |

AfriForum se Roodepoort-tak en -buurtwag beveilig gemeenskap

AfriForum se Roodepoort-tak en -buurtwag het in Augustus aan verskeie veiligheidsaksies en klopjagte deelgeneem. Op 16 Augustus 2019 het AfriForum se Roodepoort-buurtwag aan die maandelikse massasigbaarheidspatrollie deelgeneem. Dié patrollie is in samewerking met die volgende instansies uitgevoer: Die SAPD, SCP Security, APCAN Security Group, EC Security, Fairlands GPF, National Security & Fire, Delta Tactical Security, Beagle Watch…

AfriForum se Alfa-buurtwag skep hoop in Hermanus
| |

AfriForum se Alfa-buurtwag skep hoop in Hermanus

AfriForum se Alfa-buurtwag in Hermanus het op 24 Augustus saam met die SAPD en privaat sekuriteitsmaatskappye ’n gesteelde boot opgespoor. Dié boot is omstreeks 22:00 uit Stanford gesteel. Te danke aan parate optrede van gemeenskapslede wat die diefstal aan die Alfa-buurtwag gerapporteer het, kon die SAPD daarin slaag om die boot sowat 20 minute later…

End of content

End of content