Arrestasielasbriewe vir twee vermeende moordenaars van voormalige Rwandese intelligensiehoof uitgereik
| |

Arrestasielasbriewe vir twee vermeende moordenaars van voormalige Rwandese intelligensiehoof uitgereik

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, in kennis gestel dat die NVG lasbriewe bekom het vir die arrestasie van twee van die vier vermeende moordenaars van kol. Patrick Karegeya, voormalige intelligensiehoof van Rwanda. Die NVG is ook in die proses om aansoek te doen vir die uitlewering van…

AfriForum maak Hoogland-streek se blou-en-groendruppelresultate bekend
| |

AfriForum maak Hoogland-streek se blou-en-groendruppelresultate bekend

AfriForum het onlangs verskeie dorpe in die Hoogland-streek se water getoets om die gehalte van dorpe in dié streek se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal. AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater en rioolaanlegte. Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar…

NVG gaan Malema en Ndlozi vervolg vir beweerde aanranding van polisieman ná AfriForum druk volhou
| |

NVG gaan Malema en Ndlozi vervolg vir beweerde aanranding van polisieman ná AfriForum druk volhou

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het AfriForum vandag in kennis gestel dat hulle Julius Malema, leier van die EFF, en Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, gaan vervolg vir die beweerde aanranding van ’n kolonel in die SAPD. Dít volg nadat AfriForum in Julie vanjaar aangekondig het dat hulle die hof gaan nader met ’n mandamus-aansoek om die NVG…

Boomplantmaand: AfriForum se Benoni-tak dra by tot ’n groener toekoms
| |

Boomplantmaand: AfriForum se Benoni-tak dra by tot ’n groener toekoms

Die AfriForum-tak in Benoni het op 3 September 2019 10 bome by Willowmoore High geplant as deel van dié burgerregteorganisasie se boomplantmaandprojek. Volgens Archie Mouyis, AfriForum se Benoni-takvoorsitter, beoog die organisasie om vanjaar landwyd meer as 3 000 bome te plant. “Deur inheemse bome te plant bewaar ons nie net ons omgewing en maak dit ’n…

AfriForum se Kuruman-buurtwag help om ontsnapte gevangene vas te trek
| |

AfriForum se Kuruman-buurtwag help om ontsnapte gevangene vas te trek

Die AfriForum-buurtwag in Kuruman het in samewerking met verskeie ander rolspelers op 3 September 2019 ’n gevangene wat uit die landdroshof in Kuruman ontsnap het, vasgetrek. Die gevangene het op 2 September 2019 omstreeks 09:30 uit die landdroshof ontsnap nadat sy boeie losgemaak is vir sy verskyning. Hy het blitsig ontsnap en rolspelers is in kennis gestel om op…

AfriForum bevraagteken handskoenhantering van Malema
| |

AfriForum bevraagteken handskoenhantering van Malema

AfriForum hou die manier waarop die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) die klagte hanteer wat teen Julius Malema, leier van die EFF, aanhangig gemaak is met valkoë dop. Die NVG het te kenne gegee dat hulle reeds ’n besluit rondom die vervolging van Malema gemaak het, maar dat hulle weier om dié besluit bekend te maak. Dít…

AfriForum se Roodepoort-buurtwag trek drie verdagtes vas
| |

AfriForum se Roodepoort-buurtwag trek drie verdagtes vas

AfriForum se Roodepoort-buurtwag het op 2 September 2019 drie verdagtes vasgetrek. Een verdagte is in die vroeë oggendure tydens ’n patrollie aangekeer. ’n Patrollielid het die verdagte – wat besig was om by ’n huis in te breek – op heterdaad betrap en gearresteer. Die verdagte het reeds ’n ander saak van gewapende roof teen…

AfriForum beplan aksie teen Magashule se insinuasie dat xenofobiese geweld teen wit mense gedraai moet word
|

AfriForum beplan aksie teen Magashule se insinuasie dat xenofobiese geweld teen wit mense gedraai moet word

Die burgerregteorganisasie AfriForum het die uitlatings van Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, veroordeel nadat hy gister by die Tshwane Universiteit van Tegnologie onder meer geïnsinueer het dat xenofobiese geweld teen wit mense gedraai moet word. AfriForum is tans besig om met sy regspan en ander kenners te konsulteer rakende stappe teen Magashule. Magashule het…

AfriForum en gemeenskap laat grondgrypers op hul neuse kyk
|

AfriForum en gemeenskap laat grondgrypers op hul neuse kyk

AfriForum het in samewerking met rolspelers in die Witrivier-distrik weer eens ’n poging tot onregmatige grondbesetting die nekhou toegedien. Dít volg nadat ’n dringende hofbevel op 28 Augustus 2019 bekom is teen ’n groot groep mense wat Gustav Kruger se grond onwettig betree en begin het om strukture op te rig. Kruger het gepoog om ’n saak…

Buurtwagte hou sigbaarheids-en-skoonmaakaksie by Zandfontein
| |

Buurtwagte hou sigbaarheids-en-skoonmaakaksie by Zandfontein

AfriForum se Oos-Moot-, Wes-Moot- en Pretoria-Wes-buurtwag het op 1 September 2019 ’n sigbaarheidspatrollie by die Zandfontein-begraafplaas gehou nadat gemeenskapslede AfriForum ingelig het dat hulle onveilig voel by begraafplase. AfriForum het met ’n peiling op sosiale media bepaal dat die gemeenskap die Zandfontein-begraafplaas as die onveiligste beskou. Volgens Andries Opperman, voorsitter van AfriForum se Oos-Moot-buurtwag, is die…

End of content

End of content