Midbrak stig ’n AfriForum-buurtwag
| |

Midbrak stig ’n AfriForum-buurtwag

AfriForum se Mosselbaai-tak het op 16 Mei ’n buurtwag in die Midbrak-gebied gestig. Hans Meiring sal dien as buurtwagleier, Martus Visagie as operasionele spanleier, Jean Lategan as inligting spanleier en Amanda Lategan as steun spanleier. Volgens Meiring kan die beveiliging van ’n gebied nie in silos bedryf word nie en die Midbrak-buurtwag sluit hom hiermee…

Ingang na Delmas ondergaan gedaanteverwisseling
| |

Ingang na Delmas ondergaan gedaanteverwisseling

AfriForum se Delmas-tak het op 13 Mei in samewerking met vrywilligers en die organisasie Delmas Herleef dié dorp se ingang in uitbreiding 4 vanaf die R50-roete begin opknap. Randstene is skoon geskoffel en geverf, rommel is opgetel en stoptekens is vervang waar dit ontbreek. Die velde rondom die ingang is ook met ’n trekker en…

Sasolburg-tak ruim groenstrook op as deel van die #MyWoonbuurt-kompetisie
| |

Sasolburg-tak ruim groenstrook op as deel van die #MyWoonbuurt-kompetisie

AfriForum se Sasolburg-tak het op 13 Mei ’n skoonmaakaksie van stapel gestuur as deel van hulle #MyWoonbuurt-kompetisie. Hierdie kompetisie is in Maart vanjaar geloods om gemeenskappe te help om hulle woonbuurte op te knap. Die gelukkige wenners van die aksie in Sasolburg was die area rondom die groenstrook wat van die staatshospitaal tot by die…

Hartbeesfontein-buurtwag maak areas om kragbokse skoon
| |

Hartbeesfontein-buurtwag maak areas om kragbokse skoon

AfriForum se Hartbeesfontein-buurtwag, wat deel van AfriForum se Klerksdorp-tak is, het Saterdag areas rondom sewe kragbokse in en om Hartbeesfontein skoongemaak. Tydens beurtkrag is kabeldiefstal aan die orde van die dag, daarom was dit nodig om die areas om die kragbokse oop te sny en sodoende te beveilig. Agt lede van die buurtwag, ’n plaaswerker,…

Buurtwaglede in Piet Retief leer oor wapenhantering
| |

Buurtwaglede in Piet Retief leer oor wapenhantering

AfriForum se Piet Retief-buurtwag het op 13 Mei opleiding in basiese vuurwapenhantering ontvang. Hierdie opleiding het gefokus op die korrekte dra en hantering van ’n vuurwapen binne die raamwerk van die Suid-Afrikaanse wetgewing. Daar is ook in diepte gekyk na wanneer ’n mens ’n vuurwapen mag gebruik om jouself te beskerm. Altesaam 14 buurtwaglede het…

Krugersdorp-tak bederf vroue by ouetehuise op Moedersdag
| |

Krugersdorp-tak bederf vroue by ouetehuise op Moedersdag

AfriForum se Krugersdorp-tak het op 13 Mei vroue by die Jack Cotton-, Pioneer- en President-ouetehuise met ’n ete en ’n geskenk bederf. Vir baie van dié vroue is dae soos hierdie moeilik en eensaam aangesien hul kinders soms ver woon. Daarom het die tak besluit om die dag vir die bejaardes spesiaal te maak. Die…

Potchefstroom-buurtwag hou geslaagde inligtingsaand
| |

Potchefstroom-buurtwag hou geslaagde inligtingsaand

Die AfriForum-buurtwag in Potchefstroom het op 9 Mei ’n inligtingsaand vir buurtwaglede en taklede gehou. Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder, het die lede met die tema “Skiet ek of vlug ek? Wat bepaal die wet?” toegespreek. Hy het sy toespraak op ’n interaktiewe wyse aangebied. Vyftig mense het die geleentheid bygewoon en almal was dit…

Vanderbijlpark-tak maak park in Maxwellstraat skoon
| |

Vanderbijlpark-tak maak park in Maxwellstraat skoon

AfriForum se Vanderbijlpark-tak het op 13 Mei die park in Maxwellstraat (CW5) skoongemaak. Daar was 30 vrywilligers wat kom help het. Hierdie vrywilligers het uit AfriForum-lede en mense uit die gemeenskap bestaan. Hierdie aksie is geloods nadat mense in die omgewing die Vanderbijlpark-tak genader het om die veld van omtrent 1,2 hektaar skoon te maak….

Durbanville-tak ontvang opleiding in selfverdediging
| |

Durbanville-tak ontvang opleiding in selfverdediging

Lede van AfriForum se Durbanville-tak het op 13 Mei opleiding in selfverdediging deur Truekrav gekry. Die opleiding is daarop gemik om gemeenskapslede se tegnieke oor selfbeskerming op te skerp. Persone wat die opleiding bygewoon het, is hoofsaaklik woonagtig in die noordelike voorstede van Kaapstad. Volwassenes en kinders het uit die opleiding gebaat. Christo Kellerman van…

Noord van die berg-tak loods opvolgprojek by die Heldeakker-begraafplaas
| |

Noord van die berg-tak loods opvolgprojek by die Heldeakker-begraafplaas

AfriForum se Noord van die berg-tak het op 13 Mei hulle opvolgprojek by die Heldeakker-begraafplaas aangepak. Dié tak het hierdie keer meer op die areas rondom die grafte gefokus deur dit skoon te maak en die onkruid te verwyder wat oral opkom en groei. Dit is algemeen bekend dat die verval van munisipaliteite landwyd meegebring…

End of content

End of content