Boomplantmaand: AfriForum se Pretoria-takke dra by tot ’n groener toekoms
| |

Boomplantmaand: AfriForum se Pretoria-takke dra by tot ’n groener toekoms

AfriForum se takke in Groter Pretoria het in September meer as 150 inheemse bome in die Pretoria-omgewing geplant as deel van dié burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantmaandprojek. Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria, is die projek daarop gemik om bome te plant op plekke waar AfriForum strukture het en só tot ’n groener…

AfriForum maak Noord-Kaap se blou-en-groendruppelresultate bekend
| |

AfriForum maak Noord-Kaap se blou-en-groendruppelresultate bekend

AfriForum het onlangs verskeie dorpe in die Noord-Kaap se water getoets om die gehalte van dorpe in dié provinsie se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal. AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater en rioolaanlegte. Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar…

AfriForum: Ondersoek na privaat gesondheidsorgbedryf geldmors en dekmantel vir staatsinmenging
|

AfriForum: Ondersoek na privaat gesondheidsorgbedryf geldmors en dekmantel vir staatsinmenging

Die burgerregteorganisasie AfriForum is van mening dat die markondersoek na privaat gesondheidsorg ’n aandagafleier van die massiewe probleme in openbare gesondheidsorg is. Dr. Eugene Brink, gesondheidswoordvoerder by AfriForum, sê die ondersoek maak onnodig sondebokke van die privaat sektor terwyl openbare hospitale uitmekaar val. “Dit is ’n duur heksejag. Die ondersoek het al meer as R200 miljoen…

Boomplantmaand: AfriForum se Upington-tak dra by tot ’n groener toekoms
| |

Boomplantmaand: AfriForum se Upington-tak dra by tot ’n groener toekoms

Die AfriForum-tak in Upington het op 20 September 2019 agt bome by die Little Angels-dagsorgsentrum in dié dorp geplant as deel van die burgerregteorganisasie se jaarlikse boom­plantmaandprojek. Volgens Gonda Louw, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari, het AfriForum vanjaar nagenoeg 2 530 bome landwyd geplant. “Deur inheemse bome te plant bewaar ons nie net ons omgewing en…

Boomplantmaand: AfriForum se Reitz-tak dra by tot ’n groener toekoms
| |

Boomplantmaand: AfriForum se Reitz-tak dra by tot ’n groener toekoms

Die AfriForum-tak in Reitz het op 30 September 2019 vier bome by die Hoërskool Reitz geplant as deel van dié burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantmaand­projek. Volgens Jp Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland, het AfriForum reeds vanjaar nagenoeg 2 530 bome landwyd geplant. “Deur inheemse bome te plant bewaar ons nie net ons omgewing en maak dit ’n…

Boomplantmaand: AfriForum dra by tot ’n groener toekoms
| |

Boomplantmaand: AfriForum dra by tot ’n groener toekoms

Die AfriForum-tak in Postmasburg het op 28 September 2019 vier bome by die dorp se ouetehuis geplant as deel van dié burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantmaand­projek. Volgens Gonda Louw, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari, het AfriForum vanjaar nagenoeg 2 530 bome landwyd geplant. “Deur inheemse bome te plant bewaar ons nie net ons omgewing en maak dit…

AfriForum plant meer as 2 500 bome vir ’n groener toekoms
| |

AfriForum plant meer as 2 500 bome vir ’n groener toekoms

AfriForum het vanjaar nagenoeg 2 530 bome landwyd geplant as deel van dié burgerregteorganisasie se nasionale boomplantmaandprojek. Ter afsluiting van hierdie projek het AfriForum, Solidariteit en Solidariteit Helpende Hand in die laaste week van September meer as 500 bome in Orania geplant. Tydens die tweede fase van hierdie projek gaan nóg 500 bome gedurende Oktober in…

AfriForum: NGV-proses gedoem om te misluk
| |

AfriForum: NGV-proses gedoem om te misluk

AfriForum het pas bevestiging ontvang dat die tydperk vir die indiening van kommentaar op die wetsontwerp op nasionale gesondheidsversekering (NGV) tot 29 November 2019 uitgestel is. Die aanvanklike sluitingsdatum was 11 Oktober 2019, soos genoem in AfriForum se verklaring vroeër vandag. “Die feit dat die sluitingsdatum vir die lewering van kommentaar op die NGV weer…

Boomplantmaand: AfriForum dra by tot ’n groener toekoms
| |

Boomplantmaand: AfriForum dra by tot ’n groener toekoms

Die AfriForum-tak in Kimberley het op 20 September 2019 vyf bome in Kimberley geplant as deel van dié burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantmaandprojek. Volgens Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo, beoog die organisasie om vanjaar landwyd meer as 3 000 bome te plant. “Deur inheemse bome te plant bewaar ons nie net ons omgewing en maak…

End of content

End of content