AfriForum se Hoogland-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel
| |

AfriForum se Hoogland-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel

Die AfriForum-buurtwagte in Bultfontein, Harrismith, Odendaalsrus, Welkom, Winburg, die Sandrivier-distrik en Ventersburg het op 4 Oktober 2019 aan dié organisasie se nasionale patrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid op te skerp. Die patrollie is tussen 18:00 en 06:00 in samewerking met die polisie, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en ander veiligheidsinstansies in die onderskeie gebiede uitgevoer. Die Hoogland-buurtwagte se…

AfriForum se Elliot-tak herstel verskeie waterlekke
| |

AfriForum se Elliot-tak herstel verskeie waterlekke

AfriForum se Elliot-tak het op 9 Oktober 2019 drie waterlekke herstel nadat die tak verskeie klagtes vanuit die gemeenskap ontvang het. Ná volgehoue druk is die waterlekke, wat al vir ’n maand voorkom, teen 11:00 vandag herstel. AfriForum wil die gemeenskap aanmoedig om die Elliot-tak van probleme in te lig wat hulle ervaar, en dit by…

AfriForum se Alberton-buurtwag spoor vermiste persone op
| |

AfriForum se Alberton-buurtwag spoor vermiste persone op

Die AfriForum-buurtwag in Alberton het op 8 en 9 Oktober 2019 in afsonderlike voorvalle twee vermiste persone opgespoor. Dít volg nadat die buurtwag inligting op sosialemediagroepe geplaas het van ’n vrou wat op 6 Oktober 2019 as vermis aangemeld is. ’n Buurtwaglid het die vrou in die dorp se hoofstraat voor Pep gewaar waar sy items saam met twee…

AfriForum versoek Amerikaanse NRO om NGV-prys aan Ramaphosa terug te trek
| |

AfriForum versoek Amerikaanse NRO om NGV-prys aan Ramaphosa terug te trek

AfriForum het vandag ’n skrywe aan die New York-gebaseerde nieregeringsorganisasie (NRO) The Access Challenge gestuur. Die burgerregteorganisasie versoek hierin dat die NRO sy toekenning vir universele gesondheidsorg aan pres. Cyril Ramaphosa vir die implementering van nasionale gesondheidsversekering (NGV) terugtrek en het ook die ware feite rondom gesondheidsorg in die land bekend gemaak. Zweli Mkhize, minister…

Boomplantmaand: AfriForum se Welkom-tak dra by tot ’n groener toekoms
| |

Boomplantmaand: AfriForum se Welkom-tak dra by tot ’n groener toekoms

Die AfriForum-tak in Welkom het gedurende September en aan die begin van Oktober 50 bome aan verskillende skole en instansies geskenk as deel van dié burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantmaandprojek. Dit sluit in Hoërskool Hennenman, die Gereformeerde Kerk Ventersburg, Asina-ouetehuis, Voluit Primêre skool, Hoërskool Riebeeckstad, Hoërskool Goudveld, Hoërskool Wessel Maree, Laerskool Naudeville en Welkom Volkskool. Volgens…

NVG bevestig Malema se vervolging danksy volgehoue druk deur AfriForum
| |

NVG bevestig Malema se vervolging danksy volgehoue druk deur AfriForum

AfriForum het vanmiddag van vertroulike bronne bevestiging ontvang dat Julius Malema wel deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vervolg gaan word en binnekort in die hof (waarskynlik die Mdantsane-landdroshof in die Oos-Kaap) moet verskyn. Dít volg nadat AfriForum klagtes teen Malema aanhangig gemaak het ná hy tydens die EFF se vyfjaarfeesvieringe in 2018 skote afgevuur het…

AfriForum-buurtwag ruim parke in Doringkruin op
| |

AfriForum-buurtwag ruim parke in Doringkruin op

Lede van AfriForum se Klerksdorp-tak en die Doringkruin-buurtwag het op 5 Oktober 2019 parke in dié woonbuurt verfraai. Die lede het ook bome gesnoei en onkruid uitgeroei. Verder is die besproeiing en watertoevoer in Karob- en Tambotiepark herstel. Twee witkareebome is in samewerking met De Brugge-kwekery, wat sowel die bome geborg as arbeiders voorsien het, geplant. Kinders…

AfriForum Gemeenskapsveiligheid rig noordstreek se nuwe beheerkamer in
| |

AfriForum Gemeenskapsveiligheid rig noordstreek se nuwe beheerkamer in

AfriForum Gemeenskapsveiligheid het in samewerking met GAC Security op 4 Oktober 2019 ’n projek van stapel gestuur om ’n nuwe beheerkamer in die noordstreek in te rig wat in Apiesrivier in Pretoria geleë is. Dié beheerkamer stel AfriForum se buurtwagte in die noordstreek in staat om beter ondersteuning aan hul gemeenskappe te bied. GAC Security dek die…

AfriForum-buurtwagte lê meer as 94 000 km af tydens nasionale patrollie
| |

AfriForum-buurtwagte lê meer as 94 000 km af tydens nasionale patrollie

Die burgerregteorganisasie AfriForum het die afgelope naweek nagenoeg 132 gemeenskappe regoor die land gemobiliseer om aan ’n nasionale patrollie deel te neem. Sowat 3 500 AfriForum-lede en 1 822 ander veiligheidsrolspelers het aan die nasionale patrollie deelgeneem. Die patrollie is met 2 733 privaat voertuie uitgevoer en altesaam 94 289 km is afgelê. Meer as 187 voorvalle is suksesvol tydens…

Boomplantmaand: AfriForum se Stellenbosch-tak dra by tot ’n groener toekoms
| |

Boomplantmaand: AfriForum se Stellenbosch-tak dra by tot ’n groener toekoms

Die AfriForum-tak in Stellenbosch het in September vanjaar 13 bome aan Animal Welfare Society Stellenbosch geskenk as deel van dié burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantmaandprojek. Volgens Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland, het AfriForum reeds vanjaar nagenoeg 2 530 bome landwyd geplant. “Deur inheemse bome te plant, bewaar ons nie net ons omgewing en…

End of content

End of content