#OnsDorp: Rustenburg-tak vul slaggate
| |

#OnsDorp: Rustenburg-tak vul slaggate

AfriForum se Rustenburg-tak het die afgelope twee naweke meer as 4 ton teer gebruik om slaggate in dié stad as deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog te herstel. AfriForum-taklede en vrywilligers van Rustenburg het slaggate in Marais- en Thabo Mbekistraat opgevul. Die Rustenburg-tak het vanjaar al meer as 16 ton teer aangekoop om slaggate te vul….

AfriForum se Springs-tak skep hoop tydens boomplantmaand
| |

AfriForum se Springs-tak skep hoop tydens boomplantmaand

Die AfriForum-tak in Springs het op 11 Oktober 2019 tien soetdoringbome by die Hoër Tegniese Skool in Springs geplant as deel van dié burgerregteorganisasie se boomplantmaandprojek. Volgens Cornel Swart, AfriForum se Springs-takvoorsitter, het AfriForum vanjaar meer as 2 500 bome landwyd geplant. “Deur inheemse bome te plant, is ons nie net besig om die omgewing te bewaar…

Bennie Roux #HardloopvirHoop om geld vir geweldslagoffers in te samel
| |

Bennie Roux #HardloopvirHoop om geld vir geweldslagoffers in te samel

Bennie Roux (41), ’n ultramarathonatleet van Centurion, gaan aanstaande week honderde kilometers in die Vrystaat aflê om geld vir AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid in te samel. AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid lewer ’n baie unieke, persoonlike diens aan slagoffers van geweldsmisdaad – veral slagoffers van plaasaanvalle. Die eenheid is in 2015 gestig en het sedertdien uitgebrei weens die…

AfriForum-takke woon GOP-werkswinkel in Groot-Brakrivier by
| |

AfriForum-takke woon GOP-werkswinkel in Groot-Brakrivier by

AfriForum se takke in Oudtshoorn, Mosselbaai en George het op 3 Oktober 2019 ’n werkswinkel in Groot-Brakrivier bygewoon. Deidré du Preez, AfriForum se raadgewer by plaaslikeregeringsake, het die opleiding, wat oor deelname aan die hersieningsproses van dié takke se onderskeie munisipale geïntegreerde ontwikkelingsplanne (GOP) gehandel het, aangebied. Die werkswinkel was spesifiek toegespits op die deelname van takbesture…

#OnsDorp: AfriForum se Vanderbijlpark-tak vul 2 100 slaggate
| |

#OnsDorp: AfriForum se Vanderbijlpark-tak vul 2 100 slaggate

Die AfriForum-tak in Vanderbijlpark het op 12 Oktober 2019 ongeveer 2 100 slaggate in verskeie strate in die dorp gevul as deel van dié organisasie se #OnsDorp-veldtog. Hierdie aksie is in samewerking met nege motorfietsklubs, verskeie sakeondernemings en gemeen­skaps­lede aangepak om die paaie veiliger vir motoriste te maak. Die Vanderbijlpark-tak het 35 ton teer aangekoop en die projek…

AfriForum-takke woon GOP-werkswinkel in Bellville by
| |

AfriForum-takke woon GOP-werkswinkel in Bellville by

AfriForum se takke in Kaapstad-Noord, Kraaifontein, Overstrand, Stellenbosch en Vredendal het op 8 Oktober 2019 ’n werkswinkel in Bellville bygewoon. Die werkswinkel, wat oor deelname aan die hersieningsproses van dié takke se onderskeie munisipale geïntegreerde ontwikkelingsplanne (GOP) gehandel het, is aangebied deur Deidré du Preez, AfriForum se raadgewer by plaaslikeregeringsake. Die werkswinkel was spesifiek toegespits…

AfriForum se Vereeniging-tak verskerp veiligheid by Mimi Fourie Hof
| |

AfriForum se Vereeniging-tak verskerp veiligheid by Mimi Fourie Hof

Die AfriForum-tak in Vereeniging het op 9 Oktober 2019 die veiligheid by Mimi Fourie Hof, ’n tehuis vir bejaardes, opgeskerp nadat die tehuis geruime tyd onder misdaad deurgeloop het. Volgens Dewet Ungerer, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Wes-Rand, het diewe gereeld die tehuis se diefwering en koperpype gesteel, wat die inwoners van die tehuis weerloos en vir…

AfriForum se Oos-Rand-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel
| |

AfriForum se Oos-Rand-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel

AfriForum se buurtwagte in Alberton, Benoni, Boksburg, Brakpan, Edenvale, Germiston, Kempton Park, Springs en Endicott het op Vrydag 4 Oktober 2019 in hulle onderskeie gebiede aan dié burgerregte-organisasie se nasionale patrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid te verhoog. Die patrollie is in samewerking met die SAPD, plaaslike gemeenskappolisiëringsforums, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en ander veiligheidsinstansies aangepak. 270 patrolleerders…

AfriForum se Brakpan-tak skenk gedenkwoud vir dorp se 100ste bestaansjaar
| |

AfriForum se Brakpan-tak skenk gedenkwoud vir dorp se 100ste bestaansjaar

Die AfriForum-tak in Brakpan het in September as deel van die organisasie se boomplantmaandprojek 100 vaderlandswilgerbome by die plaaslike begraafplaas geplant ter viering van die dorp se 100ste bestaansjaar. Lede van AfriForum se Brakpan-tak was drie naweke lank druk besig met voorbereidings vir dié geleentheid. Die projek het in drie fases plaasgevind, waarvan fase een…

AfriForum-teenboelieveldtog en Matteus besoek Laerskool Pretoria-Oos
| |

AfriForum-teenboelieveldtog en Matteus besoek Laerskool Pretoria-Oos

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 2 Oktober 2019 besoek by die Laerskool Pretoria-Oos afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders, ouers en onderwysers in. “Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole…

End of content

End of content