AfriForum se Bloemfontein-buurtwagte wen twee Best of Bloem-toekennings
| |

AfriForum se Bloemfontein-buurtwagte wen twee Best of Bloem-toekennings

Die AfriForum-buurtwagte in Bloemfontein is op 17 Oktober 2019 tydens die Best of Bloemfontein Reader’s Choice-toekennings aangewys as sowel die beste buurtwag as die beste buurtwagforum. Dit is die vierde agtereenvolgende jaar dat AfriForum by dié toekenningsgeleentheid vereer word. Die Best of Bloem-toekennings word jaarliks deur die Bloemfontein Courant aangebied. Daar bestaan 99 kategorieë en altesaam 189 000…

AfriForum se Benoni-buurtwag hou opvolgmassapatrollie
| |

AfriForum se Benoni-buurtwag hou opvolgmassapatrollie

AfriForum se Benoni-buurtwag het op 11 Oktober 2019 ’n opvolgmassapatrollie in hul onderskeie sones gehou om sigbaarheid te verhoog. Dit volg op die suksesvolle massapatrollie wat die vorige week gehou is. Vyftien patrolleerders (buiten die sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstellings) het 460 km oor 58 manure afgelê. Geen ernstige gebeurlikhede is aangemeld nie. “Die Benoni-tak en -buurtwag…

#OnsDorp-veldtog: AfriForum dra by tot ’n groener toekoms
| |

#OnsDorp-veldtog: AfriForum dra by tot ’n groener toekoms

Die AfriForum-tak in Germiston het op 15 Oktober 2019 tien bome by die Prestasieskool in Elspark en die Afrikaanse Hoërskool Germiston geplant. Volgens Elize Hern, voorsitter van AfriForum se Germiston-tak, het AfriForum vanjaar reeds meer as 2 500 bome landwyd geplant. “Deur inheemse bome te plant bewaar ons nie net ons omgewing en maak dit ’n mooier plek…

AfriForum verskaf opleiding aan SAUAC in Soweto
|

AfriForum verskaf opleiding aan SAUAC in Soweto

AfriForum het op 15 Oktober 2019 regsopleiding aan South Africa United Against Crime (SAUAC) in Soweto verskaf om te verseker dat lede van dié niewinsgewende organisasie (NWO) hul gemeenskappe binne die raamwerk van die wet kan bystaan en ondersteun. SAUAC is ’n NWO wat daarop fokus om gemeenskapsbetrokkenheid te bevorder en die gemeenskap van Soweto te help…

AfriForum se Fochville-buurtwag hou eerste sigbaarheidspatrollie
| |

AfriForum se Fochville-buurtwag hou eerste sigbaarheidspatrollie

AfriForum se Fochville-buurtwag het op 11 Oktober 2019 hul eerste sigbaarheidspatrollie gehou om kriminele elemente in dié gebied te ontmoedig. Buurtwaglede het met aanvangs van die patrollie ook die nodige toerusting daarvoor ontvang. Verskeie veiligheidsinstansies het saam met die buurtwag aan die patrollie deelgeneem. “Ons gemeenskappe moet saamstaan en ’n verskil maak. Só kan ons…

NGV: AfriForum mobiliseer gemeenskappe om openbare verhore by te woon
| |

NGV: AfriForum mobiliseer gemeenskappe om openbare verhore by te woon

AfriForum gaan binne die volgende twee weke gemeenskapsvergaderings in Mpumalanga en die Noord-Kaap hou. Dié vergaderings het ten doel om die gemeenskap te mobiliseer om die openbare verhore oor die wetsontwerp op nasionale gesondheidsversekering (NGV) by te woon, ten einde kommentaar teen dié destruktiewe wetsontwerp te gee. AfriForum sal tydens die gemeenskapsvergaderings meer duidelikheid gee…

Projek Nehemia: AfriForum bied veiligheidsopleiding in Hermanus aan
|

Projek Nehemia: AfriForum bied veiligheidsopleiding in Hermanus aan

AfriForum se Projek Nehemia, ’n proaktiewe strategie teen geweldsmisdaad, is sterk op dreef in die Overstrand. Die burgerregteorganisasie het die afgelope naweek ’n twee dag lange opleidingsessie in Hermanus gehou, waartydens modules soos regsaspekte, patrollievaardighede, basiese inligting, gebiedsbeskerming en toneelhantering aangebied is. Projek Nehemia het onder meer ten doel om vennootskappe met sleutelrolspelers te bou…

AfriForum bied dieregesondheidshulp aan SAPD ná epidemie
|

AfriForum bied dieregesondheidshulp aan SAPD ná epidemie

AfriForum het sy bereidwilligheid in ’n brief aan die nasionale polisiekommissaris te kenne gegee om dringend ’n deskundige aan te stel om ’n behoorlike oudit van die gesondheids- en leefomstandighede by die Roodeplaat-hondeteeleenheid in Pretoria te doen. 71 honde is by dié teeleenheid dood nadat die parvovirus – beter bekend as katgriep – daar uitgebreek…

#OnsDorp-veldtog: AfriForum-tak in Reitz herstel watertoevoer na gemeenskapsportterrein
| |

#OnsDorp-veldtog: AfriForum-tak in Reitz herstel watertoevoer na gemeenskapsportterrein

Die AfriForum-tak in Reitz het op 12 Oktober 2019 die watertoevoer by dié dorp se gemeenskapsportterrein se hek herstel. Besoekers aan die terrein merk eerste die verdroogde tuin op nadat ’n kraan met ’n stopper toegemaak is om watervermorsing te beperk. Die tak het ’n nuwe watertoevoerpyp, nuwe krane en ’n eenvoudige besproeiingstelsel geïnstalleer om die tuin…

AfriForum se Worcester-buurtwag neem aan nasionale patrollie deel
| |

AfriForum se Worcester-buurtwag neem aan nasionale patrollie deel

AfriForum se Worcester-buurtwag, in samewerking met die SAPD, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies het op Vrydag 4 Oktober 2019 aan ’n nasionale patrollie deelgeneem om sigbaarheid in die dorp te verbeter. Die patrollie het van 18:00 tot 01:00 geduur. Altesaam 50 patrolleerders (wat personeel van die sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies uitsluit) het nagenoeg 1 300 km met…

End of content

End of content