AfriForum se teenboelieveldtogspan en Matteus besoek Laerskool Northmead
| |

AfriForum se teenboelieveldtogspan en Matteus besoek Laerskool Northmead

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 22 Mei die Laerskool Northmead in Benoni besoek. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in. “Bewusmaking van boeliegedrag in skole is van kardinale belang aangesien dit ’n veilige en inklusiewe leeromgewing vir leerders skep. Deur bewustheid van boeliegedrag te verhoog,…

Vanderbijlpark-tak vul slaggate op in Lion Cachetstraat
| |

Vanderbijlpark-tak vul slaggate op in Lion Cachetstraat

AfriForum se Vanderbijlpark-tak het op 20 Mei slaggate in Lion Cachetstraat begin opvul in samewerking met die NG gemeente Vanderbijlpark-Sentraal. Hierdie straat is die hoofpad na die kerk sowel as die Laerskool Eligwa. Die kerk en die skool het AfriForum se Vanderbijlpark-tak genader om hulle te help om die pad se slaggate op te vul….

Vryheid-tak installeer gevorderde kamerastelsel
| | |

Vryheid-tak installeer gevorderde kamerastelsel

Die AfriForum-tak in Vryheid het vyf gevorderde Sniper-kameras op strategiese plekke in hierdie KwaZulu-Natalse dorp opgerig. Dit vorm deel van die Vryheid-tak se strategie om van tegnologie gebruik te maak om misdaad in die gemeenskap te help bekamp. “Ons het besluit om van die Sniper-kamerastelsel gebruik te maak, aangesien dit alreeds in groter dele van…

77 plaasaanvalle in die eerste 90 dae van 2023
| |

77 plaasaanvalle in die eerste 90 dae van 2023

AfriForum se plaasmoordverslag vir die eerste kwartaal van 2023 toon dat minstens 77 plaasaanvalle, waartydens nege moorde gepleeg is, in Januarie tot Maart vanjaar plaasgevind het. Dié verslag is vandag bekendgestel en fokus op plaasaanvalle wat vir die eerste kwartaal van 2023 geverifieer kon word. Volgens AfriForum is dié syfer kommerwekkend, en indien dit vergelyk…

AfriForum raai ouers aan om kinders so gou moontlik vanaf 15 Junie vir graad 1 of 8 in Gauteng te registreer
| |

AfriForum raai ouers aan om kinders so gou moontlik vanaf 15 Junie vir graad 1 of 8 in Gauteng te registreer

Ouers en voogde wat hul kinders vir graad 1 of 8 wil inskryf in Gautengse skole vir 2024 moet daarvan kennis neem dat die aanlyn registrasieproses op 15 Junie 2023 om 08:00 open. Dié tydperk loop op 14 Julie 2023 om middernag ten einde, wat beteken dat ouers slegs ’n maand het om hul kinders…

Hessekwa-tak kondig nuwe bestuur aan
| |

Hessekwa-tak kondig nuwe bestuur aan

AfriForum se Hessekwa-tak het op 17 Mei in Riversdal gereorganiseer. Die geleentheid is voorafgegaan deur gemeenskapsvergaderings in Albertinia en Stilbaai waartydens Kallie Kriel, die uitvoerende hoof van AfriForum, die gaste toegespreek het. Die nuwe takbestuur bestaan uit Vivian Lourens (voorsitter), Ben Dell (ondervoorsitter), Anthea Nell (sekretaris), Louis van der Walt (tesourier), Johan Wessels (veiligheid), Ian…

AfriForum eis aksieplan van Cogta in KwaZulu-Natal
| |

AfriForum eis aksieplan van Cogta in KwaZulu-Natal

AfriForum het vandag ’n brief aan Bongiwe Sithole-Moloi, LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (Cogta) gestuur waarin versoek word dat ’n plan van aksie binne 30 dae beskikbaar gestel word van hoe die munisipaliteite in KwaZulu-Natal (KZN) skutte gaan ontwikkel. Dit volg nadat verskeie munisipaliteite nie aan die KwaZulu-Natal se Skutwet, 2006 (Wet No….

Klerksdorp-tak gee donasie as deel van #MyWoonbuurt-kompetisie
| |

Klerksdorp-tak gee donasie as deel van #MyWoonbuurt-kompetisie

AfriForum het in Maart ’n kompetisie geloods om gemeenskappe te help om hul woonbuurte op te knap. Hierdie kompetisie gee AfriForum-lede die kans om te stem vir iets in hulle area wat dringend aandag benodig. Die woonbuurt wat die meeste stemme gekry het om opgeknap te word, is Neserhof. Die buurtwag in Neserhof het te…

Parys-tak ook nou deel van gemeenskapsforum se opknapprojek
| |

Parys-tak ook nou deel van gemeenskapsforum se opknapprojek

Die AfriForum-tak in Parys vorm nou deel van die pas gestigte Ngwathe Gemeenskapsforum. Dié forum het reeds verlede Saterdag weggespring in ’n poging om die dorp weer in sy volle glorie te herstel. Werkers van die Parys-tak het met vier bossiekappers gewerskaf wat die tak verskaf het om Mooi Parys te help om die ingang…

Bethlehem-tak sny gras om dorp te verfraai en beveilig
| |

Bethlehem-tak sny gras om dorp te verfraai en beveilig

Die AfriForum-tak in Bethlehem het die afgelope maand steeds onverpoosd gewoeker met die grassny om die dorp, begraafplase en die Bethlehem-museum netjies en veilig te hou. Die grassny-projek is in Desember 2022 geloods waar dit aanvanklik meer as twee weke geneem het om die volgende areas se gras te sny: Die Bethlehem-museum en die Môrelig-,…

End of content

End of content