Kaapstad-Noord-buurtwag trek twee inbrekers vas
| |

Kaapstad-Noord-buurtwag trek twee inbrekers vas

AfriForum se Kaapstad-Noord-buurtwag het op 8 Augustus twee inbrekers vasgetrek en aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oorhandig vir arrestasie. Yolanda Fritz, ’n buurtwaglid, het in die vroeë oggendure ’n oproep van ’n inwoner in Meathstraat ontvang oor ’n inbraak. Fritz het die buurtwag van die insident in kennis gestel en die SAPD gekontak. ’n Saak…

Parys en omliggende areas weke sonder water
| | |

Parys en omliggende areas weke sonder water

Die burgerregteorganisasie AfriForum, wat verbind is tot die bevordering van grondwetlike regte, eis dat die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit en die Departement van Water en Sanitasie (DWS) onmiddellik optree om watervoorsiening aan Parys, Tumahole en Schonkenville te herstel. Sommige gebiede is reeds vir twee weke lank sonder water. Dit is ’n skending van hulle grondwetlike reg…

Vullisterreinoudits: Mpumalanga toon ernstige munisipale verval
| | |

Vullisterreinoudits: Mpumalanga toon ernstige munisipale verval

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vanjaar 161 vullisterreine landwyd geoudit as deel van hulle nasionale projek om die toestand van vullisterreine in Suid-Afrika te bepaal. Slegs een uit die 22 vullisterreine wat in Mpumalanga geoudit is, het aan die nasionale standaarde voldoen. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis 59 van…

Vullisterreinoudit: Vrystaat
| | |

Vullisterreinoudit: Vrystaat

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vanjaar 161 vullisterreine landwyd geoudit as deel van hulle nasionale projek om die toestand van vullisterreine in Suid-Afrika te bepaal. Slegs 2 van die 27 vullisterreine wat in die Vrystaat geoudit is, het aan die nasionale standaarde voldoen. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis 59…

Brits-tak skaf herhalers aan om kommunikasie-uitdagings te oorkom
| | |

Brits-tak skaf herhalers aan om kommunikasie-uitdagings te oorkom

AfriForum se Brits-tak het onlangs besluit om twee herhalers aan te skaf om die uitdagings wat deur die topografie van die omgewing veroorsaak word op te los. Die area se bergagtige landskap, koppies, valleie en dig beboste gebiede maak dit moeilik om radioseine doeltreffend te stuur. Kommunikasie speel ’n uiters belangrike rol in die veiligheidsektor…

AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek skole in Krugersdorp
| |

AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek skole in Krugersdorp

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 4 Augustus by die Laerskool Kenmare, die Clearview-tutorsentrum en Protie Kleuter Akademie in Krugersdorp besoek afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in. “Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil…

Noord van die berg-tak se tuinspan maak Pretoria-Noord weer mooi
| |

Noord van die berg-tak se tuinspan maak Pretoria-Noord weer mooi

AfriForum se Noord van die berg-tak se tuinspan het gedurende Julie verskeie projekte aangepak en suksesvol afgehandel. Hulle het besluit om skouer aan die wiel te sit om die gemeenskap van Pretoria-Noord te verbeter. Die tuinspan maak die Pretoria-Noord-stadsaal se terrein en verskeie strate, insluitendDelia-, André- en Francoisstraat asook die hoek van Azaleaweg en Bokmakieriestraat…

Rustenburg-tak benadruk belangrikheid van skoon begraafplase en oop veld
| |

Rustenburg-tak benadruk belangrikheid van skoon begraafplase en oop veld

AfriForum se Rustenburg-tak het gedurende Julie ’n uitgebreide skoonmaakprojek aangepak. Die tak het op die ou begraafplaas in Kockstraat en die oop veld by Bobbies Rugbyklub gefokus. Die digte lantanas in die begraafplaas is gesnoei en drie 6 m3-stortbakke is met lantanatakke gevul. ‘n Vierde stortbak is gevul met rommel en tuinvullis wat op die oop…

AfriForum oudit vullisterreine in Oos-Kaap
| | |

AfriForum oudit vullisterreine in Oos-Kaap

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vanjaar 161 vullisterreine landwyd geoudit as deel van hulle nasionale projek om die toestand van vullisterreine in Suid-Afrika te bepaal. Slegs twee uit die sewe vullisterreine wat in die Oos-Kaap geoudit is, het aan die nasionale standaarde voldoen. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis 59…

Klerksdorp-tak en ander beswaarmakers stuit ontwikkeling op Palmietfontein
| | |

Klerksdorp-tak en ander beswaarmakers stuit ontwikkeling op Palmietfontein

AfriForum se Klerksdorp-tak en talle ander beswaarmakers is verlig dat toenemende druk ’n ontwikkelaar genoop het om sy aansoek om erwe op die plaas Palmietfontein 403 te ontwikkel, te onttrek. Dit volg nadat AfriForum se Klerksdorp-tak op 30 Junie namens inwoners en taklede ’n beswaarskrif by die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit ingedien het. Die beswaarskrif is…

End of content

End of content