2020-skoleplasings: AfriForum staan skole en ouers by
| |

2020-skoleplasings: AfriForum staan skole en ouers by

AfriForum beskryf die 2020-skoleplasingsproses as chaoties en ’n burokratiese kleitrappery. Die organisasie word die laaste twee weke oorval met klagtes van ouers wat steeds nie SMS-kennisgewings ontvang het met ’n aanbod vir die plasing van hul kinders in skole vir die 2020-skooljaar nie. Ouers is ongelukkig en gelyktydig gespanne oor die proses wat so lank…

AfriForum gaan Senzo Meyiwa se familie verteenwoordig
| |

AfriForum gaan Senzo Meyiwa se familie verteenwoordig

AfriForum en die familie van die ontslape sokkerspeler Senzo Meyiwa het vandag tydens ’n mediakonferensie aangekondig dat dié burgerregteorganisasie die Meyiwa-familie gaan verteenwoordig. Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, is aangestel as die Meyiwa-familie se advokaat in die moordondersoek na die dood van Senzo. Dit volg nadat die voormalige Bafana Bafana-kaptein vyf jaar…

AfriForum se Witrivier-buurtwag vind voertuig vol plofstof ná plaasaanval
| |

AfriForum se Witrivier-buurtwag vind voertuig vol plofstof ná plaasaanval

Die AfriForum-buurtwag in Witrivier het in samewerking met die SAPD, Hi-Tech Security en Netstar op 4 November 2019 omstreeks 02:00 ’n Toyota Fortuner opgespoor nadat dit tydens ’n plaasaanval gesteel is. ’n Boer, wat ook ’n buurtwaglid is, was besig om grensdrade op sy plaas na te gaan toe ’n onbekende aantal mense hom oorval en vasgebind…

AfriForum: Tshwane-metro belowe om regstelling te maak aan koopkragverbruikers
| |

AfriForum: Tshwane-metro belowe om regstelling te maak aan koopkragverbruikers

Die Tshwane-metro het op 29 Oktober 2019 tydens ’n bestuursvergadering aan AfriForum belowe dat hulle koopkragverbruikers wat vroeër vanjaar die verkeerde tarief betaal het in November sal vergoed. Dié aankondiging is gemaak nadat die Tshwane-metro ’n verhoogde tarief (wat nie deur Nersa goedgekeur is nie) van Julie tot middel-Augustus geïmplementeer het. Nadat AfriForum toegetree het, is…

#AnkerdorpPadskou-veldtog in Secunda sluit af
|

#AnkerdorpPadskou-veldtog in Secunda sluit af

Die burgerregteorganisasie AfriForum se #AnkerdorpPadskou-veldtog in Secunda het ná ’n aktiewe maand se betrokkenheid in dié dorp afgesluit. Om veiligheid te verbeter het die Secunda-buurtwag vir die bejaardes van Davieshof ’n WhatsApp- en Zello-groep gestig (waarvan die buurtwag ook deel is), asook koördineerders aangewys wat hulle tydens noodgevalle sal bystaan. Dié koördineerders sal glimbaadjies ontvang…

NGV: Gemeenskap van Springbok woon AfriForum-gemeenskapsvergadering by
| |

NGV: Gemeenskap van Springbok woon AfriForum-gemeenskapsvergadering by

Die gemeenskap van Springbok het AfriForum se gemeenskapsvergadering oor die wetsontwerp op nasionale gesondheidsversekering (NGV) op 31 Oktober 2019 bygewoon. Die burgerregteorganisasie het die gemeenskap tydens hierdie geleentheid aangemoedig om die openbare verhoor oor NGV by te woon ten einde kommentaar teen dié vernietigende wetsontwerp te gee. AfriForum het tydens hierdie gemeenskapsvergadering ook meer duidelikheid gegee…

AfriForum hou tak- en buurtwagstigtingsvergadering in Steynsrus
| | |

AfriForum hou tak- en buurtwagstigtingsvergadering in Steynsrus

AfriForum het op 30 Oktober 2019 ’n tak- en buurtwagstigtingsvergadering in Steynsrus gehou. Die gemeenskap het AfriForum genader om ’n tak te stig nadat ’n behoefte daaraan in dié dorp ontstaan het. Altesaam 35 gemeenskapslede het hierdie vergadering bygewoon, waartydens die bestuur van die tak gekies is. Dié nuutgestigte tak is reeds besig met die beplanning van…

AfriForum se Bellville-buurtwag ontvang veiligheidsopleiding
| |

AfriForum se Bellville-buurtwag ontvang veiligheidsopleiding

Die AfriForum-buurtwag in Bellville se protospanlede het op 30 Oktober 2019 opleiding in radiospraakprosedures ontvang. Johandré van Zyl, AfriForum se veiligheidshoof vir die suidstreek, het dié opleidingsessie aangebied. “Ons het ’n uitstekende radionetwerk in die buurtwag en daarom is dit vir ons belangrik om eenvormig en doeltreffend te kan kommunikeer om die gemeenskap beter te help beveilig,”…

AfriForum-buurtwagte verhoog sigbaarheid voor feesseisoen
| |

AfriForum-buurtwagte verhoog sigbaarheid voor feesseisoen

AfriForum het op 30 Oktober 2019 ’n nasionale projek geloods om buurtwagsigbaarheid te verhoog vir die komende feesseisoen. Ongeveer 140 AfriForum-buurtwagte sal in die komende maand sigbaarheid in hul gemeenskappe verhoog om misdadigers af te skrik. Met die naderende feesseisoen kan daar verwag word dat misdaad gaan toeneem. Dié hoë sigbaarheidsoptredes deur AfriForum se buurtwagte kan ’n…

AfriForum en Aramex verleen hulp tydens Boks vir ’n Boervrou-projek
|

AfriForum en Aramex verleen hulp tydens Boks vir ’n Boervrou-projek

AfriForum en Aramex het derduisende bokse na Kimberley vervoer as deel van die Boks vir ’n Boervrou-projek. Die Vrouelandbouvereniging (VLV) van Wellington het dié projek van stapel gestuur om boervroue in droogtegeteisterde gebiede by te staan. “Ons het van AfriForum se kant af aangebied om as versamelpunt in Pretoria te dien. Die reaksie en omgee…

End of content

End of content