AfriForum lê klagtes teen EFF se sekretaris-generaal
| |

AfriForum lê klagtes teen EFF se sekretaris-generaal

AfriForum het vandag by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion klagtes van aanhitsing tot geweld gelê teen Godrich Gardee, sekretaris-generaal van die EFF. Die organisasie het die klag gelê op grond van artikel 18 van die Wet op Oproerige Byeenkomste, 17 van 1956. Dit volg op Gardee se onlangse twiet dat kleefmyne in die Loftus Versfeld-stadion –…

#OnsDorp-veldtog: AfriForum dra by tot ’n groener toekoms
| |

#OnsDorp-veldtog: AfriForum dra by tot ’n groener toekoms

Die AfriForum-tak in Coligny het onlangs 10 Vanwykshoute en 20 bosveldkatjiepierings by G. R. Setsetse Primary School geplant as deel van dié organisasie se #OnsDorp-veldtog. Volgens Sampie Steinberg, AfriForum se assistentkoördineerder vir Marico, het AfriForum vanjaar reeds meer as 2 500 bome landwyd geplant. “Deur inheemse bome te plant, bewaar ons nie net ons omgewing en…

SAPD ingelig oor hul pligte gedurende grondgrype
| |

SAPD ingelig oor hul pligte gedurende grondgrype

AfriForum het vandag ’n projek van stapel gestuur om soveel polisiestasies as moontlik in Gauteng, Limpopo en Mpumalanga te besoek en gidse te oorhandig wat die prosedure vir die polisie se hantering van grondgrype duidelik uiteensit. Grondgrype het sedert die begin van 2019 beduidend in die noordstreek toegeneem, met ongeveer 45 gevalle in Gauteng, vyf…

AfriForum se Pionier-buurtwag trek verdagte vas
| |

AfriForum se Pionier-buurtwag trek verdagte vas

AfriForum se Pionier-buurtwag in Meyerspark het op 2 November 2019 ’n verdagte aangekeer nadat ’n patrolleerder van dié buurtwag net ná 07:00 ’n verdagte gesien het wat oor mure spring. Die lid het dit aan die buurtwag gekommunikeer waarna buurtwaglede vinnig opgetree en die verdagte aangekeer het. Brinant-sekuriteit, wat ook op die buurtwag se radiokanaal is, het…

AfriForum se Robertson-buurtwag ontvang veiligheidsopleiding
| |

AfriForum se Robertson-buurtwag ontvang veiligheidsopleiding

Die AfriForum-buurtwag in Robertson het op 31 Oktober 2019 opleiding in toneelhantering ontvang. Johandré van Zyl, AfriForum se veiligheidshoof vir die suidstreek, het dié opleidingsessie aangebied. “Lede van die publiek is dikwels eerste op ’n misdaad- of ongelukstoneel. Daarom is dit belangrik dat hulle weet hoe om op te tree en die toneel te bewaar sodat die…

Parys se drinkwater verbeter, maar AfriForum steeds bekommerd
| |

Parys se drinkwater verbeter, maar AfriForum steeds bekommerd

Die drinkwatergehalte van Parys het effens verbeter nadat AfriForum ’n dringende brief gerig het aan Bruce Kannemeyer, die munisipale bestuurder van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit. AfriForum is in kontak met ’n inwoner wat gereeld watertoetse doen en met sy jongste toetse dié verbetering opgemerk het. Dit is egter nog glad nie geskik vir menslike gebruik…

#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Springs-tak loods skoonmaakaksie by Oorlogsmonument
|

#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Springs-tak loods skoonmaakaksie by Oorlogsmonument

Die AfriForum-tak in Springs het op 2 November 2019 ’n massaskoonmaakaksie by die Oorlogsmonument in dié dorp van stapel gestuur. Hierdie aksie vorm deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog. Die tak het op hierdie monument – ’n gedenkteken van die Eerste Wêreldoorlog – vir die aksie besluit omdat dit ’n steen des aanstoots vir die gemeenskap geword het….

Wenner van Entrepreneur van die Jaar-kompetisie aangewys
|

Wenner van Entrepreneur van die Jaar-kompetisie aangewys

AfriVriendelik, ’n inisiatief van AfriForum, het vanjaar met Akademia saamgewerk om die Entrepreneur van die Jaar aan te wys. Marita Bezuidenhout van Magies vol Liefde is op 31 Oktober 2019 by Mangwa Valley Lodge as die algehele wenner van vanjaar se kompetisie aangewys. Haar passie vir haar onderneming, besigheidskennis en innemende geaardheid het beslis in haar…

AfriForum rig skrywe oor kragsituasie in Govan Mbeki-munisipaliteit
| |

AfriForum rig skrywe oor kragsituasie in Govan Mbeki-munisipaliteit

AfriForum het sy regspan opdrag gegee om ’n aanmaningskrywe aan Eskom en die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit te stuur. Dit volg ’n besluit deur Eskom dat die kragreus sal voortgaan om elektrisiteit na die munisipaliteit af te sny indien dié munisipaliteit nie R50 miljoen aan Eskom betaal nie. Volgens Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir…

AfriForum se Springs-buurtwag help om onwettige myners vas te trek
| |

AfriForum se Springs-buurtwag help om onwettige myners vas te trek

Die AfriForum-buurtwag in Springs het in samewerking met dié organisasie se lugsteunvleuel en die SAPD op 31 Oktober 2019 ’n spesiale operasie gehou waartydens onwettige myners vasgetrek is. 23 arrestasies is uitgevoer en beslag is ook gelê op twee waterpompe, grawe, pikke, sae en hamers wat tydens onwettige mynbedrywighede gebruik is. AfriForum se lugsteunvleuel het tydens die…

End of content

End of content