NGV skend Grondwet: AfriForum gaan gesondheidsdepartemente vir wanbesteding van R5,8 miljard aankla
| |

NGV skend Grondwet: AfriForum gaan gesondheidsdepartemente vir wanbesteding van R5,8 miljard aankla

AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie ’n omvattende verslag bekendgestel oor hoekom die inwerkingstelling van nasionale gesondheidsversekering (NGV) in Suid-Afrika ongrondwetlik sal wees. Die verslag verduidelik verder waarom die impakstudie waarop NGV gegrond is, totaal ontoereikend is en die wetsontwerp dus tersyde gestel moet word. “Volgens die verslag maak Artikel 27 van die Grondwet net…

Netbal Suid-Afrika se president oneerlik
| |

Netbal Suid-Afrika se president oneerlik

AfriForum loods vandag ’n veldtog teen Cecilia Molokwane, president van Netbal Suid-Afrika (NSA), wat daarop gemik is om Molokwane te laat skors, hangende ’n ondersoek teen haar. AfriForum het klagtes ontvang dat Molokwane haarself wangedra het en rassistiese uitlatings tydens die Spar-vrouenetbalkampioenskappe in Augustus vanjaar gemaak het. AfriForum het NSA versoek om Molokwane te ondersoek,…

AfriForum-buurtwagte in Standerton en Secunda verhoog sigbaarheid voor feesseisoen
| |

AfriForum-buurtwagte in Standerton en Secunda verhoog sigbaarheid voor feesseisoen

Die AfriForum-buurtwag in Standerton het op 8 November 2019 in samewerking met die SAPD en Kasselman Veiligheidsdienste aan dié organisasie se nasionale sigbaarheidspatrollie deelgeneem. Elf patrolleerders het van 19:00 tot 04:30 nagenoeg 280 km in 20 manure afgelê. Geen ernstige voorvalle is aangemeld nie. AfriForum se Secunda-buurtwag het op 9 November 2019 in samewerking met die SAPD ook aan die…

AfriForum se haatspraak-saak teen BLF duur voort
| |

AfriForum se haatspraak-saak teen BLF duur voort

AfriForum was vandag in die gelykheidshof in Johannesburg in die burgerregteorganisasie se haatspraaksaak teen Black First Land First (BLF) en dié organisasie se leier, Andile Mngxitama. Die hofsaak is onbepaald uitgestel omdat verrigtinge nie vandag voltooi kon word nie. Die hof sal binnekort ’n hofdatum vasstel. Die saak het vandag begin met beeldmateriaal van Mngxitama…

#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Kempton Park-tak verwyder onwettige borde
| |

#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Kempton Park-tak verwyder onwettige borde

As deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog het dié organisasie se Kempton Park-tak die afgelope paar weke ’n groot aantal onwettige borde teen lamppale en verkeerstekens in die omgewing verwyder. Dié probleem word al gereelder in die area opgemerk en lede van die gemeenskap het self hand aan die ploeg geslaan om die omgewing skoon te…

AfriForum voorsien water aan Waverley-gemeenskap
| |

AfriForum voorsien water aan Waverley-gemeenskap

AfriForum se Oos-Moot-tak en -buurtwag het op 10 November 2019 water aan die inwoners van die Waverley-omgewing voorsien. Dít volg nadat inwoners twee dae lank sonder water moes klaarkom en die AfriForum-tak om hulp genader het. Die oorsprong van die probleem is nog nie vasgestel nie. Die vermoede bestaan dat die watertoevoer foutief aan die verkeerde gebied…

AfriForum se Benoni-buurtwag verhoog sigbaarheid voor feesseisoen
| |

AfriForum se Benoni-buurtwag verhoog sigbaarheid voor feesseisoen

AfriForum se Benoni-buurtwag het op 8 November 2019 aan dié burgerregteorganisasie se nasionale sigbaarheidspatrollie deelgeneem. 13 patrolleerders het van 20:00 tot 04:00 ongeveer 634 km in 45 manure afgelê. Geen ernstige voorvalle is aangemeld nie. AfriForum het op 30 Oktober 2019 ’n nasionale projek van stapel gestuur om polisiëringsigbaarheid oor die komende feesseisoen te verhoog. Misdaad sal na verwagting…

AfriForum se Piet Retief-buurtwag verhoog sigbaarheid voor feesseisoen
| |

AfriForum se Piet Retief-buurtwag verhoog sigbaarheid voor feesseisoen

AfriForum se Piet Retief-buurtwag het op 8 November 2019 in samewerking met SAPS en Piet Retief se verkeersafdeling aan dié burgerregteorganisasie se nasionale sigbaarheidspatrollie deelgeneem. Tydens die patrollie is 12 mense weens dronkbestuur in hegtenis geneem, asook een weens die besit van dagga en vyf weens alkoholgebruik op straat. AfriForum het op 30 Oktober 2019 ’n nasionale projek…

#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Witbank-tak rig verkeerstekens op
| |

#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Witbank-tak rig verkeerstekens op

AfriForum se Witbank-tak het in November verskeie stoptekens in dié stad vervang en padtekens oorgeverf as deel van dié organisasie se #OnsDorp-veldtog. Sommige verkeerstekens was weg of nie meer duidelik sigbaar nie en die Witbank-tak het ingegryp om motoriste se veiligheid te verseker. Die tak gaan ook deur die loop van die maand nóg stoptekens…

AfriForum se Kuruman-buurtwag ontvang brandbestrydingsopleiding
| |

AfriForum se Kuruman-buurtwag ontvang brandbestrydingsopleiding

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Kuruman-buurtwag het op 9 November 2019 brandbestrydingsopleiding ontvang. Altesaam tien buurtwaglede het die kursus bygewoon wat onderwerpe soos die oorsake van brande, die bestryding van strukturele brande, asook die bestryding van veld- en bosbrande behandel het. “Hierdie opleiding is belangrik om doeltreffend hulp aan die owerhede te verleen tydens brande. Ons wil graag…

End of content

End of content