Lesufi speel rassismeslagofferkaart
| |

Lesufi speel rassismeslagofferkaart

Panyaza Lesufi, die LUR vir onderwys in Gauteng, voer aan dat AfriForum se veldtog om hom te laat afdank – onder meer weens sy rol in die chaotiese plasingsproses van leerders in Gauteng vir die 2020-skooljaar – rassisties is. “Al kaart wat Lesufi kan speel is die rassismeslagofferkaart, aangesien die feite duidelik sigbaar is. Lesufi…

#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Delareyville-tak maak park skoon
| |

#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Delareyville-tak maak park skoon

AfriForum se Delareyville-tak het vandeesmaand die groot park tussen Protea- en Diedericksstraat skoongemaak as deel van dié organisasie se #OnsDorp-veldtog. Verskeie inwoners het oor die toestand van die park gekla en vullis is gereeld daar gestort. Die AfriForum-tak het dadelik ingespring om die park skoon te maak. Die gras is gesny, vullis is verwyder en…

AfriForum dien klagtes oor verkwiste R1,4 miljard teen KwaZulu-Natalse departement van gesondheid in
| |

AfriForum dien klagtes oor verkwiste R1,4 miljard teen KwaZulu-Natalse departement van gesondheid in

AfriForum het vandag strafregtelike klagtes in Vryheid ingedien teen dr Musa Gumede, voormalige hoof van KwaZulu-Natal se departement van gesondheid as deel van dié organisasie se nasionale veldtog teen die wetsontwerp op nasionale gesondheidsversekering (NGV). Dít volg nadat AfriForum die departement se jaarverslag bestudeer het en bevind het dat Gumede skuldig is aan oortredings ingevolge…

AfriForum Jeug in Ellisras samel kos vir DBV in
|

AfriForum Jeug in Ellisras samel kos vir DBV in

Die burgerregtewaghond AfriForum se jeugvleuel in Ellisras het op 16 November 2019 kos vir die plaaslike Dierebeskermingsvereniging (DBV) ingesamel en aan dié organisasie oorhandig om die druk wat hulle tydens die feesseisoen ervaar, te help verlig. Die jeug het ook met van die diere gestap en gehelp met sommige van die DBV se daaglikse pligte. Altesaam 77,19 kg…

AfriForum dien klagtes oor verkwiste R256 miljoen teen Oos-Kaapse departement van gesondheid in
| |

AfriForum dien klagtes oor verkwiste R256 miljoen teen Oos-Kaapse departement van gesondheid in

AfriForum het vandag strafregtelike klagtes in Port Elizabeth ingedien teen dr. T.D. Mbengashe, hoof van die Oos-Kaapse departement van gesondheid, as deel van dié organisasie se nasionale veldtog teen die wetsontwerp op nasionale gesondheidsversekering (NGV). Dít volg nadat AfriForum die departement se jaarverslag bestudeer het en bevind het dat Mbengashe skuldig is aan oortredings ingevolge…

AfriForum stig Kaap Agulhas-tak
| |

AfriForum stig Kaap Agulhas-tak

AfriForum het onlangs die Kaap Agulhas-tak in Bredasdorp gestig nadat gemeenskapslede hul behoefte na ’n tak uitgespreek het. Dié tak sal die dorpe Arniston/Waenhuiskrans, L’Agulhas, Bredasdorp, Elim, Napier en Struisbaai diens. Die takbestuur is tydens die stigting verkies en bestaan uit: Peet Louw (voorsitter), Douw Willemse (ondervoorsitter), Hennie Potgieter (gemeenskapsveiligheid), Lettie Pienaar (sekretaris), Russel Haikney…

AfriForum verwelkom oudminister se arrestasie
|

AfriForum verwelkom oudminister se arrestasie

AfriForum verwelkom die arrestasie van Bongani Bongo, ANC-parlementslid en oudminister van staatsveiligheid, vir sy beweerde betrokkenheid in ’n korrupsiesaak wat deur die Valke ondersoek word. “Dié arrestasie is ’n stap in die regte rigting. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) moet egter verantwoordelik gehou word om te keer dat ANC-kaders in die NVG hul invloed sal uitoefen…

AfriForum se Grootoog-buurtwag verhoog sigbaarheid voor feesseisoen
| |

AfriForum se Grootoog-buurtwag verhoog sigbaarheid voor feesseisoen

AfriForum se Grootoog-buurtwag in Keimoes het op 16 November 2019 in samewerking met die plaaslike SAPD aan dié burgerregteorganisasie se nasionale sigbaarheidspatrollie deelgeneem. AfriForum het op 30 Oktober 2019 ’n nasionale projek van stapel gestuur om polisiëringsigbaarheid oor die komende feesseisoen te verhoog. Misdaad sal na verwagting oor die feesseisoen toeneem; daarom wil AfriForum se buurtwagte ’n verskil in…

#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Germiston-tak begin massa-skoonmaakprojek
| |

#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Germiston-tak begin massa-skoonmaakprojek

Die AfriForum-tak in Germiston het oorlog teen die vuil toestand van die dorp verklaar en op 18 November 2019 ’n massa-skoonmaakprojek in die Lambton-omgewing geloods. Dié aksie vorm deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog, wat daarop gemik is om probleme in dorpe self op te los. Tydens die aksie het die tak die hele Webberstraat getakel….

AfriForum dien klagtes oor verkwiste R23 miljoen teen Wes-Kaap Departement van Gesondheid in
| |

AfriForum dien klagtes oor verkwiste R23 miljoen teen Wes-Kaap Departement van Gesondheid in

AfriForum het vandag strafregtelike klagtes ingedien teen Dr Beth Engelbrecht, hoof van die Wes-Kaapse departement van gesondheid as deel van dié organisasie se nasionale veldtog teen die wetsontwerp op nasionale gesondheidsversekering (NGV). Dít volg nadat AfriForum die departement se jaarverslag bestudeer het en bevind het dat Engelbrecht skuldig is aan oortredings ingevolge Artikel 86(1) van…

End of content

End of content