AfriForum-voorsitter in Parys lei inspeksie van rioollekkasies saam met DWS
| |

AfriForum-voorsitter in Parys lei inspeksie van rioollekkasies saam met DWS

Die voorsitter van die AfriForum-tak in Parys het op 24 Mei ’n gemeenskapsgroep begelei om saam met die Departement van Water en Sanitasie (DWS) die rioollekkasies in die Vaalrivier te inspekteer. Die groep het lede van AfriForum, Save Ngwathe, Vrystaat Landbou en Kanana Forum ingesluit. Vier lede van die DWS het ondersoek ingestel nadat ’n…

Hartbeespoort-tak se brandspan red huis in landgoed van vlamme
| |

Hartbeespoort-tak se brandspan red huis in landgoed van vlamme

AfriForum se brandspan in Hartbeespoort het op 20 Mei om 17:20 ’n noodoproep ontvang van ’n huisbrand in die Bhubezi Village. Twee lede van die brandspan het hul onmiddellik na die toneel gehaas en die vlamme met beskikbare tuinslange begin blus. Kort daarna het AfriForum se waterkarre op die toneel aangekom. Die span het op…

Mafube-saak: Uitspraak voorbehou in saak teen premier en kie
| |

Mafube-saak: Uitspraak voorbehou in saak teen premier en kie

Die Hooggeregshof in Bloemfontein het vandag uitspraak voorbehou in AfriForum en die Mafube Besigheidsforum se saak teen die premier van die Vrystaat en 12 ander respondente. Dié organisasies het die hof genader omdat hulle van mening is dat die premier ’n vorige hofbevel minag. Dít volg nadat dieselfde hof in April 2022 beslis het dat…

Malmesbury-tak reorganiseer bestuur
| |

Malmesbury-tak reorganiseer bestuur

AfriForum se Malmesbury-tak het sy bestuur op 23 Mei gedurende ’n takvergadering gereorganiseer. Die bestuur bestaan nou uit Riaan Muller (voorsitter), Dries van Jaarsveld (ondervoorsitter), Johan Visser (sekretaris), Enrico du Toit (tesourier), Marius van Zyl (plaaslikeregeringsake), James Waugh (omgewingsake), Johan Phul  (jeug) en Christo Smit (veiligheid). “AfriForum as selfdoen-organisasie speel ’n groot rol om gemeenskappe…

Bloemfontein-tak staan sjebien aansoek teen
| |

Bloemfontein-tak staan sjebien aansoek teen

AfriForum se Bloemfontein-tak het vandag ’n brief oorhandig aan die Vrystaatse Dobbel, Drank en Toerisme Owerheid sowel as die Mangaung-metropolitaanse munisipaliteit, wat ’n aansoek van ’n sjebien teenstaan. Hierdie aansoek kan nie goedgekeur word nie aangesien dit binne 500 m vanaf die Laerskool Onze Rust in Uitsig is. Dít volg nadat dit aan die lig…

Upington-tak installeer straatligte in gemeenskap
| |

Upington-tak installeer straatligte in gemeenskap

Die AfriForum-tak in Upington het onlangs straatligte in die strate van die Dawid Kruiper-munisipaliteit opgerig omdat die huidige straatligte nie meer hul doel dien die oomblik wat die son sak nie. As gevolg van die donker strate is daar ook ’n toename in misdaad. Die tak het vier sonkragstraatligte op pale van 6 meter hoog…

AfriForum waarsku regeringsfere en howe al jare oor waterkwaliteit
| |

AfriForum waarsku regeringsfere en howe al jare oor waterkwaliteit

Die burgerregteorganisasie AfriForum is nie verbaas oor die huidige cholera-uitbreking in Gauteng en die Vrystaat nie. Dié organisasie is al etlike jare besig met verskeie hofaansoeke en strategieë oor die kwaliteit van water in die land en die gebrekkige rioolstelsel wat daartoe bydra. AfriForum het al drie verskillende hofaansoeke in Parys gedryf omdat die water…

Centurion-tak se buurtspan help gemeenskap skoonmaak
| |

Centurion-tak se buurtspan help gemeenskap skoonmaak

AfriForum se Centurion-buurtspan het op 20 Mei skouer aan die wiel gesit en op die gemeenskap se noodkreet om die omgewing op te knap, gereageer. Gemeenskapslede in Eldoraigne uitbreiding 3 het ’n skoonmaakprojek geloods en dié buurtspan het nie twee keer gedink om in te spring en te help nie. Op hierdie dag is daar…

AfriForum: Inwoners van elke provinsie moet hul stemme dik maak teen Onteieningswetsontwerp
| |

AfriForum: Inwoners van elke provinsie moet hul stemme dik maak teen Onteieningswetsontwerp

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag verdere geskrewe kommentaar ingedien teen die Onteieningswetsontwerp [B 23 – 2020]. Dít volg nadat die Gautengse Wetgewer se Portefeuljekomitee oor Infrastruktuurontwikkeling en Eiendomsbestuur ’n geleentheid vir kommentaar op die wetsontwerp geopen het. AfriForum gaan ook in Junie aan die volgende geleenthede vir mondelingse voorleggings rakende hierdie wetsontwerp deelneem: AfriForum beklemtoon…

Kimberley-tak maak Burger-monument skoon
| |

Kimberley-tak maak Burger-monument skoon

AfriForum se Kimberley-tak het op 20 Mei die Burger-monument by die Magersfontein-slagveld skoongemaak en kranse neergelê. Dié projek is saam met die Rapportryerbeweging, die Voortrekkers, Landsdiens en lede van die publiek aangepak. Dié monument is al in die verlede ook deur hierdie tak skoongemaak. Hierdie monument dien as herinnering aan diegene wat tydens die Magersfontein-veldslag…

End of content

End of content