Uitspraak voorbehou in AfriForum se appèlsaak oor Afrikaans by Unisa
| |

Uitspraak voorbehou in AfriForum se appèlsaak oor Afrikaans by Unisa

Uitspraak is vandag in die hoogste hof van appèl in Bloemfontein voorbehou in AfriForum se appèlsaak teen die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) se eentalige Engelse taalbeleid. Dít volg nadat die Noord-Gautengse hooggeregshof op 26 April 2018 uitspraak gelewer het ten gunste van die beleid wat bepaal dat Engels die primêre onderrigtaal aan dié instelling is. Henk Maree,…

| | |

AfriForum at UN Forum to alert international community of government’s violation of language rights

Delegates of the civil rights organisation AfriForum will be attending the twelfth session of the UN Forum on Minority Issues in Geneva, Switzerland for the next two days. The theme for this year’s event is “Education, Language and Human Rights of Minorities”. AfriForum intends to highlight the government’s violation of the rights of the speakers…

AfriForum by VN-forum om regeringskending van Afrikaanse taalregte in die kollig te plaas
| | |

AfriForum by VN-forum om regeringskending van Afrikaanse taalregte in die kollig te plaas

Afgevaardigdes van die burgerregteorganisasie AfriForum sal vir die volgende twee dae die twaalfde sitting van die VN se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Genève, Switserland bywoon. Vanjaar se tema is “Onderwys, taal en die menseregte van minderhede”. AfriForum beoog om die regering se skending van Afrikaanssprekendes se regte by hierdie geleentheid in die kollig te plaas….

#AnkerdorpPadskou: AfriForum bestee R71 000 aan opknappingswerk
| |

#AnkerdorpPadskou: AfriForum bestee R71 000 aan opknappingswerk

AfriForum het einde November sy Ankerdorp-projek in Bethlehem met verskeie opknappingsprojekte afgesluit. Die #AnkerdorpPadskou het in Februarie vanjaar afgeskop en verskeie selfdoenaksies is in Pretoria, Rustenburg, George, Nelspruit, Tzaneen, Krugersdorp, Secunda en Bethlehem uitgevoer. Ongeveer 1 210 sakke vullis is tydens die Ankerdorp-projek verwyder, veiligheidspatrollies van 1 714 manure is afgelê, R71 650 se opknappingswerk is gedoen en…

Malema in hof ná AfriForum hom aankla vir beweerde afvuur van skote
| |

Malema in hof ná AfriForum hom aankla vir beweerde afvuur van skote

Julius Malema, leier van die EFF, het vandag ná volgehoue druk deur AfriForum in die Oos-Londense streekhof verskyn vir die afvuur van skote. Die verhoordatum is vir 24 Februarie 2020 vasgestel. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vervolg Malema vir die afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude of openbare plek sonder genoegsame rede, asook die besit…

AfriForum ondersteun aanvalslagoffer tydens hofsaak
| |

AfriForum ondersteun aanvalslagoffer tydens hofsaak

AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid het Meisie Reyneke op 26 November 2019 in die hof in Fochville ondersteun nadat Reyneke en haar man, Lammie, in 2018 by Kolgansdam buite Fochville aangeval is terwyl hulle gekamp het. Lammie het tydens die voorval gesterf. Die egpaar het by die dam gekamp toe twee verdagtes hul tent op 13 Oktober 2018…

Adv. Gerrie Nel vervolg Tom Moyane vir aanranding
| |

Adv. Gerrie Nel vervolg Tom Moyane vir aanranding

Tom Moyane, voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het vandag vir die eerste keer in die Roodepoort-landdroshof verskyn in die privaatvervolgingsaak teen hom. Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, vervolg Moyane in hierdie saak. Die datum vir Moyane se eerste verskyning is vir 11 Desember 2019 vasgestel, op voorwaarde dat Moyane en…

AfriForum se Thabazimbi-tak reorganiseer
|

AfriForum se Thabazimbi-tak reorganiseer

AfriForum se Thabazimbi-tak het op 20 November 2019 ’n gemeenskapsvergadering gehou waartydens die tak se bestuur ook gereorganiseer is. Lede van die gemeenskap kon hul insette lewer oor die bestuurslede wat die tak sal verteenwoordig. Die volgende persone is tot die bestuur verkies: Pieter Lamprecht (voorsitter), Jan Vermaak (ondervoorsitter), Stefan Myburg (tesourier) en Wouter Maree…

AfriForum werskaf in Bethlehem tydens die #AnkerdorpPadskou-veldtog
| |

AfriForum werskaf in Bethlehem tydens die #AnkerdorpPadskou-veldtog

Die burgerregteorganisasie AfriForum se #AnkerdorpPadskou-veldtog in Bethlehem het ná drie aktiewe weke se betrokkenheid in dié dorp afgesluit. Die Bethlehem-tak het ingespring om veiligheid by die Sonskyn-dienssentrum te verbeter en instandhouding te doen. Die tak het handrelings in die badkamers van verskeie wonings op die perseel geïnstalleer vir die bejaardes se veiligheid, terwyl 18 stortkoppe…

AfriForum dien klagtes oor verkwiste R344 miljoen teen Mpumalanga Departement van Gesondheid in
| |

AfriForum dien klagtes oor verkwiste R344 miljoen teen Mpumalanga Departement van Gesondheid in

AfriForum het vandag strafregtelike klagtes ingedien teen dr Savera Mohangi, hoof van Mpumalanga se departement van gesondheid as deel van dié organisasie se nasionale veldtog teen die wetsontwerp op nasionale gesondheidsversekering (NGV). Dít volg nadat AfriForum die departement se jaarverslag bestudeer het en bevind het dat Mohangi skuldig is aan oortredings ingevolge Artikel 86(1) van…

End of content

End of content