AfriForum versoek regspan om by tradisionele leierskap-saak betrokke te raak
| | |

AfriForum versoek regspan om by tradisionele leierskap-saak betrokke te raak

Die burgerregteorganisasie AfriForum het sy regspan opdrag gegee om by die tradisionele leierskap-saak van die Barolong Boo Seleka Tradisionele Raad van Thaba ’Nchu naby Bloemfontein betrokke te raak. Dít volg nadat Ace Magashule, voormalige premier van die Vrystaat, op grond van ’n verslag van die Kommissie vir Tradisionele Leierskapdispute en -Eise besluit het om die…

Vryheid-vullisterrein vaar vrot in oudit
| |

Vryheid-vullisterrein vaar vrot in oudit

’n Oudit deur AfriForum se Vryheid-tak het bevind dat die Abaqulusi Plaaslike Munisipaliteit se vullisterrein in ’n haglike toestand is. Dié oudit vorm deel van AfriForum se jaarlikse vullisterreinouditprojek, wat die regering se dienslewering moniteer. “Volgens Artikel 9(1) van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur voldoen Vryheid se vullisterrein nie aan die nodige vereistes nie. Die…

Sosiale ingenieurswese kelder studentetradisies op die Puk
|

Sosiale ingenieurswese kelder studentetradisies op die Puk

AfriForum Jeug verneem met kommer – uit die artikel wat 16 Januarie 2020 op Netwerk24 verskyn het – dat studentetradisies op die Puk vanjaar in gedrang is. Dié artikel beweer ook dat tot 50% van eerstejaars nog nie by hul koshuise opgedaag het nie. Met die gebruik van rassekwotas op die Puk, en nie meriete…

AfriForum-tak in Heilbron oorhandig afdrukpapier aan Hoërskool Heilbron
|

AfriForum-tak in Heilbron oorhandig afdrukpapier aan Hoërskool Heilbron

Die AfriForum-tak in Heilbron het op 14 Januarie vanjaar 20 bokse afdrukpapier aan die Hoërskool Heilbron oorhandig om aangewend te word vir leerders se werkvelle en notas. Dié skenking is gemaak in reaksie op ’n omsendskrywe van die skool waarin elke huisgesin versoek word om ’n boks papier skool toe te stuur om te verseker dat…

AfriForum dien kommentaar teen grondonteiening by parlement in
| |

AfriForum dien kommentaar teen grondonteiening by parlement in

AfriForum het vandag kommentaar per hand by die parlement ingedien teen die 18de Wysigingswetsontwerp van die Grondwet (artikel 25-wysiging). Hierdie wetsontwerp beoog om artikel 25 van die Grondwet (wat oor eiendomsreg handel) te wysig sodat privaat eiendom sonder vergoeding onteien kan word. Die sluitingsdatum vir die indien van kommentaar is 31 Januarie 2020. AfriForum se kommentaar is opgestel deur…

AfriForum se Bethal-tak laat nie gras onder hulle voete groei nie
|

AfriForum se Bethal-tak laat nie gras onder hulle voete groei nie

AfriForum se Bethal-tak het gedurende die feestyd verskeie projekte aangepak. ’n Groot straatnaamprojek is die 9de Januarie afgehandel waartydens ’n komp strate se name nuut geverf is. “Die projek is aangepak om die prag van die dorp te herstel, maar ook omdat nooddienste sukkel om adresse op te spoor as die straatname so onduidelik is,”…

AfriForum monitor onderwyswetwysigingsproses om leerders en ouers se regte te beskerm
| |

AfriForum monitor onderwyswetwysigingsproses om leerders en ouers se regte te beskerm

AfriForum het, na aanleiding van die jongste mediaberigte oor beplande wysigings aan onderwyswetgewing, opnuut kommer uitgespreek oor die ingrypende aard van die voorgestelde wysigings en die onduidelikheid oor die proses wat gevolg word. Wysigings aan die bestaande Skolewet is reeds in 2017 deur die departement van basiese onderwys voorgestel. AfriForum het destyds met ’n omvattende…

AfriForum: Cele vasbeslote om wettige wapeneienaars eerder as kriminele te ontwapen
|

AfriForum: Cele vasbeslote om wettige wapeneienaars eerder as kriminele te ontwapen

Die burgerregteorganisasie AfriForum het kennis geneem van die opmerkings wat Bheki Cele, minister van polisie, op 14 Januarie 2020 in Johannesburg gemaak het. Cele het weer eens bevestig dat hy wettige vuurwapeneienaars wil ontwapen en individue wil verhoed om enige wapens te besit. Hy meen dat dit tot almal se veiligheid sal bydra. Hy het…

AfriForum se Vanderbijlpark-buurtwag keer verdagte vas
| |

AfriForum se Vanderbijlpark-buurtwag keer verdagte vas

Die AfriForum-buurtwag in Vanderbijlpark is op Dinsdag 7 Januarie 2020 ontbied om ondersoek na ’n moontlike huisbraak in te stel. Die buurtwag het ’n verdagte naby Koos de la Reystraat opgespoor en in hegtenis geneem. Die verdagte is aan die SAPD oorhandig en ’n saak van inbraak is teen die verdagte aanhangig gemaak. Terwyl die…

AfriForum gee met video aan desperate Eldorado Park-skoolgemeenskap ’n stem
| |

AfriForum gee met video aan desperate Eldorado Park-skoolgemeenskap ’n stem

AfriForum stel vandag ’n video-opname aan die media bekend van ’n gesprek waarin die Eldorado Park-gemeenskap vertel van hul frustrasies met inmenging waardeur die onderwysvakbond SADOU die skool probeer lamlê, asook die onvermoë van die Gautengse onderwysdepartement om hulle by te staan. Ná tevergeefse versoeke elke maand aan die onderwysdepartement, het die skoolgemeenskap van Eldorado…

End of content

End of content